Die versoeking van Thomas Maas. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die versoeking van Thomas Maas - Chris Karsten страница 14

Название: Die versoeking van Thomas Maas

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798181174

isbn:

СКАЧАТЬ sit ’n oomblik met die sel in sy hand, onseker oor wat hy van die gesprek moet dink. Sy bel hom twee keer, net om te sê sy gaan haar man los? Wel, dalk is dit nie heeltemal vreemd om daaroor te bel nie. Só ’n finale besluit om ’n huwelik te beëindig is ’n traumatiese gebeurtenis, word soms gelykgestel daaraan om iemand aan die dood af te staan. Maar hierdie is nie ’n gewone huwelik nie, dit lyk na een wat sonder liefde op mammonse fondamente gebou is – al het hy nog net één party se gekleurde woord daarvoor. Dalk verskil Fred heftig van haar siening, dalk reken Fred sy hart loop bruisend oor van liefde vir sy vrou, dat hy enigiets sal doen om haar te behou, dat hy selfs van sy rykdom afstand sal doen, dat hy dalk selfs bereid is om haar stalkneg by Rojas Equestrian Centre te word net om haar te behou. Twee kante van dieselfde munt.

      Thomas gaan deur al sy selfoonboodskappe, blaai dan lusteloos deur die verslae, lees transkripsies, kom traag op hoogte van die wroegings van Maandag se pasiënte. Sy gedagtes dwaal na Rolf en sy pille en verwarrings, na Antonie se sporadiese opstandigheid wat nou telkens heftiger begin uitbars, na Donna se swaar emosionele las, na mevrou Gericke wat vergeefs veg om haar tienerseun van ’n vroeë dwelmhel te red, na Patty en Florie, aan wie niemand eintlik dink nie omdat hulle so geluidloos en gelykmatig saam met die stroom dryf, die een gelukkig met haar klarinet, die ander een met haar perde.

      Patty. Volgende Woensdagaand is dit háár aand.

      Hy maak sy lêers toe, sit sy rekenaar af. In die slaapkamer is Donna al in die bed.

      “Het jy mevrou Gericke gekry?” vra sy.

      “Dit was nie sy nie, iemand anders met ’n nood.”

      Hy bespreek nie graag spesifieke pasiënte met Donna of enigiemand anders nie. Dit is vertroulike inligting. Maar mevrou Gericke is so ’n hartseer geval dat hy dit genoem en gehoop het dat Donna dalk, as ’n ma, ’n paar insigte met hom kan deel. Hy vind dit nie nodig om te noem dat Amalia Rojas by hom hulp kom soek vir haar huweliksprobleme nie.

      Sy sit haar lig af en hy syne. Sy draai op haar sy, haar rug na hom. Hy sit sy arm om haar warm, geilerige lyf, bedag waar sy palm tot rus kom; sy het besliste intieme voorkeure en afkere – oor waar jy mag vat en nie vat nie.

      Donna se weergawe

      ’n Gelukkige gesin | Maandag 2 November

      Patty het haar eie kom en gaan. Met haar Vespa (danksy Oupa Rolf). Een van die min lede van die soms onpeilbare tienerspesie wat lae onderhoud verg. Vir Donna en Thomas is dit ’n groot troos. Soggens skool toe. Smiddae huiswerk, musieklesse, repetisies saam met die kamerorkes. Geen gewone tienergiere nie. Volwasse al op sewentien, skram nie weg van huislike pligte en verantwoordelikhede nie, met kosmaak, met Florie. En veral met Antonie het sy daardie spesiale, unieke band wat alle tweelinge deel.

      Patty wys min, maar Donna kan dit aanvoel, hoe die gevolge van Antonie se ongeluk ook aan Patty se gemoed ’n letsel gelaat het. Soms sien sy iets in Patty se oë, ’n refleksie van die seer in haar kind se hart.

      Maandagoggend, soos die meeste oggende, is sy en Patty saam in die kombuis, die res nog met hulle opstaanroetines besig. Sy maak koffie en smeer toebroodjies vir skool, Patty braai spek en bak eiers, rooster brood en skink die vrugtesap.

      Maar die roetine is relatief nuut. Vroeër het elkeen soggens sommer so staan-staan iets gegryp om te eet en dan holderstebolder laat spaander om betyds te wees, Patty op haar Vespa skool toe, Antonie en Florie saam met Donna in die Kombi, Thomas in sy Opel werk toe.

      En wanneer sy terugkom, is sy skielik alleen, ietwat verdwaas te midde van die stille chaos wat hulle agtergelaat het. Dan skakel sy die TV aan vir die oggendnuus, trek ’n stoel by die tafel uit, en eet haar muesli en jogurt, teug aan haar tee en dink aan haar dag wat voorlê. Toe een aand, ’n paar maande gelede, roep Thomas hulle almal bymekaar vir ’n gesinskoukus.

      “Kyk, van môreoggend af is daar ’n nuwe reël in hierdie huis. Ons spat nie meer soggens uitmekaar soos ’n spul werfhoenders nie. Ons staan almal ’n halfuur vroeër op sodat ons tyd het om saam ’n ordentlike brekfis te sit en eet. Dis die belangrikste maaltyd van die dag, nie iets wat jy vinnig afskeep met ’n paar happe Coco Pops of ’n smoothie nie.”

      “Maar, Pappa,” sê Florie, “ek hou van Coco Pops.”

      “G’n maars nie, dis die reël.”

      “Wie gaan eerste opstaan om ontbyt te maak?” wil Donna weet, met ’n alsiende derde oog.

      “Ek sal,” bied Thomas aan.

      “En ek sal kom help,” sê Patty.

      “En ek soek bacon en eiers en toast,” sê Antonie.

      “Coco Pops vir my,” sê Florie.

      Donna kom tot Thomas se redding. “Dis nie ’n hotel nie. Julle eet wat op die tafel is.”

      Sedertdien moes hy al meermale die sweep gaan klap om almal vroeër uit die bed te kry. Maar wanneer ’n goeie roetine eers gevestig raak, weet Donna, kan dit ’n wonderlike ding wees. Tot sover gaan dit goed. Wat kan beter wees as om ’n dag te begin met almal saam om die tafel, al is dit net vir vyftien minute? En om die dag saans op dieselfde manier af te sluit?

      “So,” sê Donna in die kombuis, “is jy reg vir vandag se vraestel?”

      Patty is klaar in haar skoolklere. “Hoop so, ek het hard geleer.”

      “Ek’s seker als sal goed gaan. En vir Woensdagaand?”

      “Daarvoor het ek ook hard geoefen. Gaan Oupa saam?”

      “Dink jy hy sal by die huis bly? Ek vat hom vanoggend eers na die ortopeed oor sy ou knie, hoop nie dit stuur af op ’n knievervanging nie.”

      Sy dek die tafel en hulle is vir ’n oomblik in stilte doenig.

      “Antonie is nie lekker nie,” sê Patty dan.

      “Ek kom so agter. Hy wil nie eintlik praat nie, klink weer baie kwaad. Het hy iets vir jou gesê, oor iets wat hom kon ontstel het?”

      “Muisneste. Dis wat ek dink.”

      “En jy?” vra Donna. “Niemand spesiaal in jou lewe nie?”

      “Nee, Mams! Ek het skaars tyd vir myself.” En verskuif, soos gewoonlik, dié onderwerp beslis uit hulle gesprek uit. “Ek dink Florie geniet die perdry baie. Een van die dae staan hier ’n perd ook in ons garage!”

      “Ja, Pa sal die garage moet groter maak vir elkeen se ryding. My Kombi, sy Opel, Antonie se rolstoel, jou Vespa, Florie se perd.”

      “Waaroor lag julle twee so lekker?” vra Thomas met die inkom. “En kyk, alles is omtrent klaar, niks vir my om te doen nie.”

      “Jy kan daai ander twee gaan aanjaag.” Almal weet hoe Florie soggens kan draal, asof sy in haar slaap loop.

      Buite staan Thomas vir hulle en wag, die Kombi uit die motorhuis getrek. Patty en Florie gee hom sy druk en soen. Antonie druk nie, hy en sy pa stamp vuis. Patty kry eerste koers. Florie spring voor by die Kombi in.

      Sy en Thomas staan en kyk hoe Antonie uit sy rolstoel op sy sitplek insukkel, uitleun om die stoel op te vou en aan die klampe van die eenvoudige hystoestel vas te СКАЧАТЬ