Ikarus. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ikarus - Deon Meyer страница 12

Название: Ikarus

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798169783

isbn:

СКАЧАТЬ Bennie?”

      “Ek weet nie mooi wat gebeur het nie, maar die probleem is, as daar ’n klag kom, gaan hulle vir Benna skors. And you and I know that’s not going to be good for him. Ek sal try regmaak by die bar, maar asseblief, jy moet vir hom try sober kry. En sober hóú. Major Mbali dink hy’s saam met my op ’n case. Ek kan vir hom cover tot môreoggend, ma’ kyk lat hy betyds by die kantoor is.”

      Alexa staan hulpeloos en verslae in die middel van die vertrek. “Ek weet nie of ek kan nie …”

      Cupido kan sien sy is baie verward. Dan onthou hy: Sy is ook ’n alkoholis.

      “Gee vir hom koffie …”

      “Koffie help nie, Vaughn.”

      “Jy sal iets moet try. Bel sy AA sponsor. Ek kan regtig nie bly nie, ons het hierdie helse case gevang, ek moet gaan werk. Moenie dat hy sy foon antwoord nie, no matter who calls. As daar groot moeilikheid is, bel vir my.”

      Sy bly net verwese staan.

      “Gaan jy okay wees?” vra hy.

      “Ek weet nie.”

      * * *

      Cupido ry na die Fireman’s Arms en vra om met die bestuurder te praat. Hy sê vir die man: “He’s a great detective and a good man. He hasn’t had a drink in almost two years, but one of his colleagues shot himself today, so please man, give the guy a break.”

      “He assaulted one of my customers.”

      “I get that, and on behalf of the police, I apologise. But please. You could ruin the man’s career …”

      “Okay. But I don’t want him back.”

      “I promise, thank you very much,” sê hy voor hy verlig in die donker uitdraf.

      Hy klim in die kar, sit die sirene en die blou lig aan. Dan jaag hy Bellville toe om te gaan lees wat John Cloete vir hom gestuur het.

      * * *

      Dit neem ’n halfuur voor Alexa Barnard die moed het om vir Dok Barkhuizen te bel.

      Sy trek eers Bennie se skoene uit en help hom om gemaklik op die bank te lê. Hy kyk na haar, ’n surrealistiese oomblik waarin hy haar glad nie herken nie, en dan laat hy sy kop terugval en maak hy sy oë toe.

      “Ag Here, Bennie,” sê sy en gaan sit in die gemakstoel langs die bank sodat sy ’n wakende oog kan hou. Sy dink: Sy is die swak een, sy is die drink-risiko, Bennie was so sterk. Waarom het sy dit nie sien kom nie? Hy was die afgelope tyd dalk stil, maar nie soveel meer as gewoonlik nie, hy was nog nooit ’n vreeslike prater nie. En ná alles wat hy deur is, en die werk wat hy doen … Daar was net geen teken nie.

      Sy moet Dok Barkhuizen bel, Bennie se borg by Alkoholiste Anoniem, die seningrige, eksentrieke mediese dokter met lang grys hare in ’n poniestert. Soms dra hy ’n oorring. Hy het ’n dik bril, wilde wenkbroue en ’n ondeunde gesig. Maar sy is lugtig vir hom, want hy is streng met Bennie, en hy hou nie van haar nie, ook nie van hulle verhouding nie. Hy het al dikwels vir Bennie gesê dis ’n resep vir moeilikheid, twee alkoholiste bymekaar, en die een ’n emosionele, wispelturige, middeljarige sangeres. En Dok is reg, want kyk hoe hulpeloos is sy nou. Sy moet sterk wees, soos Bennie was toe sý geglip het.

      Al waaraan sy nou kan dink, is om ook te drink.

      Sy staan eindelik op, soek versigtig na Griessel se foon, haal dit uit en soek Dok se nommer. Sy sien dit is die laaste een onder sy iPhone se Favourites. Sy is eerste. Dan Carla en Fritz, en ’n paar kollegas.

      Sy is Bennie se nommereen-favourite. Sy het dit nooit geweet nie. Sy wil weer huil, maar sy veg daarteen, en sy bel.

      “Bennie?” antwoord Dok Barkhuizen. “Dié tyd van die aand is nooit goeie nuus nie.”

      “Dis Alexa,” sê sy, die snik in haar stem, ondanks haar beste poging.

      “O, magtig,” sê hy.

      “Dokter, Bennie het …” Sy huil.

      “Hoeveel,” vra Barkhuizen kalm.

      “Baie.”

      “Daar is nie veel wat ek vanaand vir hom kan doen nie, maar dit klink vir my jy het hulp nodig.”

      “Ja.”

      En dan, tot haar eindelose verligting: “Waar is jy? Ek kom dadelik.”

      * * *

      Vaughn Cupido klik op die eerste skakel in kaptein John Cloete se e-pos. Dis ’n nuusberig op Netwerk24 se webwerf:

      App help jou om kat in die donker te knyp

      STELLENBOSCH – “Haal die stres uit stout wees” is die leuse én belofte van ’n nuwe slimfoon-app en webwerf wat Suid-Afrikaners gaan help om die kat in die donker te knyp – en daarmee weg te kom.

      Vryers wat ’n rotsvaste alibi nodig het vir ’n wegbreek-naweek met ’n skelmpie, of net ’n waterdigte verskoning soek vir ’n vinnige vuurwarm uur, kan voortaan op Alibi.co.za staatmaak om hulle te help lieg. Maar natuurlik teen ’n prys.

      Met lidmaatskap van R62.50 per maand sal voornemende verneukers toegang kry tot ’n hele spyskaart van oneerlike opsies: ’n SMS wat jou “na ’n vergadering ontbied”, gaan jou byvoorbeeld R25 uit die sak jaag, ’n telefoonoproep van jou “kantoor” is R125, terwyl kamma-registrasiedokumente en ’n fiktiewe hotelrekening vir die naweek se “werkskonferensie” tot R1 800 kan kos.

      “Kliënte kan self besluit hoe volledig hulle alibi moet wees,” het die stigter en besturende direkteur van Alibi.co.za, mnr. Ernst Richter, gister tydens ’n mediakonferensie in die Eikestad gesê. “Ons taak is om dit geloofwaardig en betyds te lewer.”

      “Slaan my met ’n snotsnoek,” prewel Vaughn Cupido, en hy dink dis geen wonder Cloete sê dié ding gaan ontplof nie. Hy lees verder.

      Op ’n vraag of dit nie huweliksontrouheid gaan aanmoedig nie, het Richter gesê webwerwe soos AshleyMadison.com en Maritalaffair.co.za skep reeds die geleentheid vir Suid-Afrikaners om verhoudings buite die huwelik te hê. “Statistieke toon dat honderde duisende reeds by dié webwerwe geregistreer het. Alibi.co.za wil hulle net uit die moeilikheid en die egskeidingshof probeer hou.”

      Dit was juis die plaaslike sukses van AshleyMadison wat aan hom die idee gegee het vir sy nuwe maatskappy. Soortgelyke alibi-dienste bestaan reeds etlike jare in die buiteland, maar Suid-Afrika was tot nou toe agter daarmee. “Jy het plaaslike kennis nodig om ’n suksesvolle alibi vir kliënte te bou. Boonop is dit weens die wisselkoers baie duur vir Suid-Afrikaners om oorsese alibi-dienste te gebruik. Ons pryse maak dit nou vir Jan en alleman moontlik om hul liefdeslewe stresloos en bekostigbaar te kan uitleef.

      “Ons nooi mense uit om soveel moontlik inligting te verskaf wanneer hulle op die webwerf of deur die slimfoon-app registreer, sodat ’n alibi die maksimum geloofwaardigheid kan dra. As jy byvoorbeeld aandui dat jy ’n bestuurspos in die bankwese beklee, verseker ons gesofistikeerde stelsels dat jy nooit ’n kamma-oproep van die kantoor buite werksure sal ontvang nie.”

      Richter СКАЧАТЬ