Infanta. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Infanta - Deon Meyer страница 22

Название: Infanta

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798169509

isbn:

СКАЧАТЬ sal iets moet doen. Want vanoggend, toe sy in die donker kombuis die bottel Vicks vir haar kind se bors gaan soek het, kon sy die bewegings deur die venster sien. Sy was ’n toeskouer van die verskriklike dans op die sypaadjie, en sy het Davids se gesig in die straatlig se dampkring herken. En een ding weet sy: Die man met die kort assegaai was nie ’n poliesman nie. Want sy ken die polisie, sy kan hulle op ’n myl uitken, al genoeg van hulle op haar drumpel gehad. Vanoggend weer, toe hulle kom vra het of sy iets gesien het en sy dit kopskuddend ontken het.

      Sy soek na die telefoonnommer van die Argus op die voorblad en skakel dit. Dan vra sy vir die verslaggewer wie se naam by die berig staan.

      “It wasn’t the police who killed Enver Davids,” sê sy, sonder om haarself te identifiseer.

      “Who am I speaking to?”

      “It does not matter.”

      “And how do you know this, madam?”

      Dit is ’n vraag wat sy verwag het. Maar sy gaan nie sê nie, want hulle sal haar kry, hulle sal haar kan opspoor as sy te veel inligting gee. “You can say I have first-hand knowledge.”

      “Are you saying you were involved in this killing, madam?”

      “All I want to say is that it wasn’t the police. Definitely not.”

      “Are you a member of Pagad?”

      “No, I’m not. It wasn’t a group. It was just one person.”

      “Are you that person?”

      “I am going to put down the phone now.”

      “Wait, please. How can I believe you, madam? How do I know you’re not a crank?”

      Sy dink vir ’n oomblik na. Dan sê sy: “It was a spear that killed him. An assegai. You can go and check that.”

      En dan sit sy die telefoon neer.

      Dit is hoe die Artemis-ding begin het.

      * * *

      Joubert en sy Engelse vrou kom kuier vir hom in die aand. En al wat hy kan sien, is hoe hulle aan mekaar vat, die groot senior superintendent en die rooikop vrou met die sagte oë. Vier jaar getroud en hulle vat nog aan mekaar soos ’n wittebroodspaartjie.

      Joubert vertel hom van die aantygings, dat die Eenheid beskuldig word van Davids se dood. Margaret Joubert gee vir hom tydskrifte. Hulle praat oor alles behalwe sy probleempie en dan groet hulle en Joubert druk ’n groot hand op sy skouer en sê: “Vasbyt, Bennie.” As hulle weg is, wonder hy wanneer laas hy en Anna aan mekaar gevat het. Só.

      Hy kan nie onthou nie.

      Fok, wanneer laas het hulle seks gehad? Wanneer laas wóú hy? Soms, in die semi-dronkenskap van sy dag, sou iets hom prikkel om aan die moontlikheid te dink, maar teen die tyd dat hy by die huis kom, het die drank lankal die lood in sy potlood gesmelt.

      En Anna? Sou sy die behoefte hê? Sy drink nie. Sy was geesdriftig, in die dae voor hy ernstig begin suip het. Altyd reg as hy reg is, soms twee keer per week, haar fyn vingers om sy ereksie en dan hul ritueel, hul spel, wat spontaan begin en nooit opgehou het nie. “Waar kry jy dié ding, Bennie?”

      “Uitverkoping by Checkers, toe vat ek vier.”

      Of: “Dis ’n bewysstuk, so moenie merke los nie – dit moet môre teruggaan.”

      Of: “By ’n Jood geruil vir nege duim boerewors. Moenie skrik nie, hy’s kaalkop.” Elke keer sou hy iets anders uitdink en selfs wanneer hy minder spitsvondig of meer platvloers was, het sy gelag. Elke keer. Hul seks was altyd plesierig, vrolik, tot haar orgasme haar met erns oorweldig en agterna sal hulle in stilte aan mekaar vashou en sy sal sê: “Ek is lief vir jou, Bennie.”

      Weggedrink, stelselmatig, soos alles.

      Daar is verlange in hom en dit vul hom met emosie. Waar is die dae, Here, kan hulle dit ooit weer terugkry? As hy die drank los, sal dit ooit weer dieselfde wees? En dan wonder hy: Wat doen sy as die begeerte haar oorval? Wat het sy die afgelope twee, drie jaar gedoen? Haarself gehelp? Of is daar …

      Paniek. Sê nou maar daar is iemand. Jissis, hy sal hom fokken skiet, niemand vat aan sý Anna nie.

      Hy kyk na sy hande, beklemde vuiste, wit kneukels. Stadig, stadig, die dokter het gesê hy sal emosionele spronge maak, hy sal angstig raak … Hy moet stadig.

      Hy maak sy hande oop, trek die tydskrifte nader.

      Car. Margaret Joubert het vir hom manstydskrifte gekoop, maar karre is nie sy ding nie. Popular Mechanics ook nie. Daar is ’n skets van ’n futuristiese vliegtuig op die voorblad. New York to London in 30 minutes? sê die prikkel.

      “Who cares,” sê hy.

      Sy ding is drank, maar jy kry nie tydskrifte daarvoor nie.

      Hy sit die lig af. Dit gaan ’n lang nag wees.

      * * *

      Die vrou by die internetkafee in Langstraat het oorringe teen die lengte van haar oorskulp af, een deur haar oogbank en daar sit ’n blink ding teen haar neusvleuel. Tobela dink sy sou mooier gewees het daarsonder.

      “Ek weet glad nie hoe om dié goed te gebruik nie,” sê hy.

      “Dis twintig rand per uur,” sê sy, asof dit hom al klaar diskwalifiseer.

      “Ek het iemand nodig om vir my te leer,” sê hy geduldig, vars ná die middagslapie.

      “Wat wil jy doen?”

      “Ek hoor jy kan koerante lees. En sien wat hulle verlede jaar ook geskryf het.”

      “Argiewe. Hulle noem dit internetargiewe.”

      “Aaaaa …” sê hy. “Sal jy my wys?”

      “Ons gee nie eintlik opleiding nie.”

      “Ek sal betaal.”

      Hy sien hoe die sinapse vuur agter die vaalgroen oë: Die potensiaal om goed geld te maak uit ’n dom swarte, maar die moontlikheid dat dit harde, frustrerende werk kan wees.

      “R200 per uur, maar jy sal moet wag tot my skof klaar is.”

      “Vyftig,” sê hy. “En ek sal wag.”

      Dit betrap haar vir ’n oomblik onkant, maar sy herstel goed. “Honderd, vat dit of los dit.”

      “Honderd en jy koop die koffie.”

      Sy steek haar hand uit en glimlag. “Dis ’n deal. My naam is Simone.”

      Hy sien daar is ’n blink ding op haar tong ook.

      * * *

      Viljoen. Hy was nie lank nie, skaars ’n halwe kop langer as sy. Hy was nie danig mooi nie en het ’n koperband om sy pols gedra, en ’n dun goue kettinkie om sy nek waaroor sy nooit mal was nie. Dis nie dat hy arm was nie – hy het net СКАЧАТЬ