Christine le Roux Omnibus 6. Christine le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Christine le Roux Omnibus 6 - Christine le Roux страница 12

Название: Christine le Roux Omnibus 6

Автор: Christine le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780798166119

isbn:

СКАЧАТЬ hy doen so hinderlik is, sal hy ophou.” Sy wys na die druppende kraan. “Hy het nie gereageer nie.”

      “Hy? Is die kraan manlik?”

      Sy gee ’n laggie. “Natuurlik.”

      Hy besluit wyslik om dit vir eers te ignoreer. “Hoe het jy en die vloer so vol water geraak?”

      “Ek het die kraan losgedraai, toe spuit die water oor alles.”

      Hy knik stadig. “Is water ook manlik?”

      “Onsydig, sou ek sê.” Sy kou aan haar onderlip. “Maar nie altyd nie. ’n Waterval is onteenseglik vroulik.”

      Hy weet hy beweeg op gevaarlike terrein, maar hy kan dit nie help nie. “Hoekom?” vra hy.

      “Dis tog voor die hand liggend. ’n Waterval is grasieus, dit gly oor die klippe.”

      Hy maak sy oë ’n oomblik toe, kyk dan die kraan ferm in die oog. “Die kraan drup omdat die wasser gedaan is.”

      “En ek hét ’n nuwe een!” sê sy gelukkig.

      “Dan het ons nie ’n probleem nie.” Hy trek sy baadjie uit en hang dit aan die haak agter die deur. “As jy die vloer met ou handdoeke kan droogmaak, kan ek nader kom. Waar sluit jy die water af?”

      Sy is besig om ou handdoeke uit die wasgoedmandjie te haal en kyk hom fronsend aan. “Ek weet nie. Is dit nodig?”

      “Dis winter,” sê hy. “In die middel van die somer sal ek miskien nie omgee om onder ’n spuitende fontein te werk nie, maar nou sou ek graag droog bly.” Hy buk af, vat ’n deurweekte handdoek by haar en wring dit in die bad uit voor hy dit teruggee en sy voortgaan.

      Hy loop deur die woonstel, kyk in die gang en by die voordeur in elke kas, maar dis ’n ou woonstel, dinge is nie waar hy verwag dit sal wees nie.

      “Wie sal weet waar die afsluitkraan is?” vra hy toe hy terug is in die badkamer.

      Sy kyk op. “Die opsigter.”

      “Kan jy hom bel en vra?”

      Sy gooi die laaste nat handdoek in die bad, vee haar hare uit haar gesig met die agterkant van haar hand en loop voor hom uit na die woonkamer. Sy lig die gehoorstuk, skakel ’n nommer en lig haar stem tot ’n gesellige toon toe iemand antwoord.

      “Oom Jasper,” sê sy. “Ek het ’n messelaar hier by my wat ook ’n loodgieter kan wees en hy sê ons moet die water toedraai voor hy die wasser kan vervang.”

      “Argitek,” prewel Theo en gaan sit solank, want hy kan sien dit gaan ’n lang gesprek wees.

      Sy luister met groot konsentrasie, knik kort-kort en begin dan gesels. “En Jonty?” vra sy. “Het hy toe die werk gekry?”

      Theo wonder hoeveel kinders oom Jasper het, want sy het nou al die geboorte van iemand se kind, die eksamenuitslae van ’n ander een en die werksmoontlikhede van ’n derde bespreek. Hy is net van plan om vir hulle te gaan koffie maak toe sy die gesprek afsluit, die voordeur oopmaak en in die gang af verdwyn. Hy bly gelate sit, sien ’n elektriese verwarmer en skakel dit aan.

      “Kry jy koud?” vra sy toe sy terugkom. “Ja, seker. Ek is so warm gesukkel met hom.”

      “Oom Jasper of die kraan?” Hy hou sy hand in die lug. “Nee, ek wil nie weet nie.”

      “Hy is toe,” sê sy triomfantlik. “En oom Jasper sê as jy hulp nodig het, moet ons net laat weet.”

      Hy staan op, loop na die badkamer en draai die knop af. “Het jy ’n skroefsleutel?”

      Sy kyk af oor haar jurk wat al begin droog word.

      “Dis nie ’n deel van jou lyf of ’n kledingstuk nie,” sê hy. “En dis onteenseglik manlik, maar moenie my vra waarom ek so seker is nie. Het jy een?”

      Sy lyk bekommerd. “Ek weet nie. In ’n laai in die kombuis is gereedskap.”

      Hy loop soontoe, krap rond tussen naelvyltjies, eetstokkies, yskasmagnete, inkopiestrokies, twee botteltjies hard geworde naelpolitoer en ’n hand vol plastiekeetgerei. Daar is nie ’n skroefsleutel nie, wel ’n tang waarmee hy regkom.

      Sy staan belangstellend by terwyl hy die wasser vervang en slaan haar hande opgetoë saam toe hy klaar is en hulle staan en kyk hoe die kraan droëbek oor die wasbak hang.

      “Hy lek nie meer nie,” sê sy.

      Hy gooi die ou wasser in die snippermandjie en haal sy baadjie van die haak af. “Nee.”

      “Ek sal vir ons gaan koffie maak,” sê sy. “Jy kan by die verwarmer gaan sit.”

      “Dankie,” sê hy en kyk na sy hande wat inderdaad rooi is van die koue, maar hy sit skaars, toe roep sy benoud uit die kombuis: “Daar is niks water in die krane nie!”

      Hy knyp sy oë vir ’n sekonde toe, staan op en loop in die gang uit om die watertoevoer weer oop te draai.

      Hoofstuk 6

      Hulle sit albei met hulle hande om die warm koffiebekers en staar na die rooi gloeiende elemente van die verwarmer.

      “Dis baie lekker,” sê Theo. “Dankie.”

      “Eintlik moet mens nou eet,” sê sy. “Dis al etenstyd, nie koffietyd nie.”

      “Miskien.” Sy gesig vertrek by die gedagte aan die vorige aand se pyniging.

      “Het jy ’n maagseer?” vra sy simpatiek.

      “Nie normaalweg nie, nee, maar gisteraand moes ek ’n vreeslike kerriebrousel eet. My gestel sidder nog.”

      “Siestog,” sê sy. “Jenny?”

      Hy vererg hom nie meer nie. “Ja.”

      “Seker die kos verbrand en toe kerrie bygegooi.”

      “Presies.”

      Sy drink haar koffie in stilte. “Het jy al iets omtrent die kuiltjies gedoen?” vra sy belangstellend.

      Hy kan nie help nie, hy lag. “Nee, maar ek het die moontlikhede ondersoek. Ek dink nie sjampanje sal werk nie; só diep is die kuiltjies ook nie.”

      “Jy kan haar naeltjie probeer,” merk sy peinsend op.

      Hy kyk kwaad na haar. “Ek wil nie haar naeltjie probeer nie! Moenie so uitgesproke wees nie.”

      “Ek wou net help,” sê sy.

      “Behalwe dat ek nie hulp nodig het nie.”

      “Dis waar,” erken sy.

      Hy tel vinnig tot tien. “Luister, om terug te kom na die appel. Dis regtig te kosbaar. Jy kan dit nie sommer vir my gee nie.”

      Sy kantel haar kop weer skuins. Die СКАЧАТЬ