Wanneer passie blom. Madelie Human
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wanneer passie blom - Madelie Human страница 6

Название: Wanneer passie blom

Автор: Madelie Human

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624067986

isbn:

СКАЧАТЬ een, is die boodskap wat haar oë vir Janie sein. Soos gewoonlik gryp Thea in wanneer sy sien haar heethoof van ’n vriendin maak al weer droog, besef Janie. Sy haal diep asem en sit effens agtertoe op haar stoel.

      “Noem my gerus Ryno. Ons hoef seker nie so formeel te wees nie?” Hy kyk van die een na die ander.

      “Sekerlik. Ek is Thea en sy is . . .” Die kruiperige Thea kyk afwagtend na haar. Ai, hoekom was sy nie meer soos Thea nie? Maar kruip voor hom sal sy beslis nie.

      Janie sluk lang slukke. “Hy weet ek’s Janie,” gee sy sonder enige grasie toe. Sy kyk nie na Ryno nie, staar eerder verlangend na haar oom Gert se foto teen die muur waar hy trots met ’n trofee staan wat hy jare gelede by die een of ander blomskou verower het. Ai, hoekom moes hy boedel oorgee en hulle aan die genade van hierdie vent oorlaat?

      “Wel, Janie en Thea, ek is jammer, maar julle sal ’n ander heenkome moet vind. Die blomwinkeltjie kan nie langer hier op die plaas bedryf word nie. Ek kan verstaan dat jou oom julle wou help, maar ek wil die winkel sowel as die kweekhuis langsaan, waar jou orgideë nou is, vir my eie versameling gebruik.” Sy verdoemende woorde klink asof hulle van onder water na haar kom.

      “Agge nee!” glip dit onwillekeurig by Janie se mond uit. Sy val byna van die stoel se puntjie af van pure ontsteltenis. Sy het geweet dat dit ’n moontlikheid is, maar dis nietemin vir haar ’n skok. Sy het tog gehoop dat hulle kan aanbly en dat sy die kweekhuis waar haar orgideeplante is ook van hom sal kan huur.

      “Ek sê mos ek is jammer . . .”

      “Jammer? Jy skop ons uit sonder enige waarskuwing en al wat jy kan sê, is jy’s jammer?”

      “Janieeee . . .” paai Thea. “Kan jy ons dalk ’n kennis­tydperk toelaat sodat ons ’n ander plek kan soek?”

      “Ja, maar dit kan nie ’n onbepaalde tyd wees nie,” antwoord Ryno Thea se vraag met sy oë steeds stip op Janie. “ Ek moet my versameling orgideë so spoedig moontlik hierheen verskuif.”

      “Hoe lank?” vra Janie.

      “Gewoonlik kry mens ’n maand kennis. As julle wil, kan ek dit skriftelik . . .”

      “Drie maande,” val sy hom in die rede en weier om weg te kyk voor sy vernoude blik.

      Hy bly lank stil, kyk net na haar. “Oukei. Drie maande beginnende vandag,” gee hy onverwags toe. “Ek sal laat Ria vir julle die dokument per e-pos aanstuur.”

      “Dankie,” antwoord Thea wat altyd goeie maniere openbaar.

      Wel, Janie voel nie dankbaar teenoor hom nie en gaan nie anders voorgee nie. Waar de josie gaan hulle ’n bekostigbare winkel en ’n kweekhuis te huur kry? Sy staan net stram op en loop neus in die lug by die deur uit.

      “Hy’t ons sowaar uitgeskop!” begin sy die oomblik toe hulle buite die gebou is.

      “Dis seker sy goeie reg. Ek dink drie maande kennis is billik,” antwoord Thea bedaard.

      “Hy wou ons net een maand gee. As ek nie aangedring het nie, sou ons vandag nog moes begin rondval om ’n plek te kry. Buitendien, een maand of drie maande gaan geen verskil maak aan die feit dat ons nie ’n ander plek kan bekostig nie.”

      “Ons sal buitendien dadelik moet begin soek, Jaan. Jy weet daar is heelwat winkels beskikbaar in die winkelsentrums hier rond, maar teen pryse wat ons nie naastenby kan bekostig nie.”

      “Weet ek dit nie! En waar de hel gaan ek met my orgideë heen?”

      “Waarheen moet hy met syne gaan terwyl joune nog hier is? Die nuwe eienaar van sy ou plaas sal sy blomme sekerlik ook nie vir altyd dáár laat bly nie.”

      “Wel, dis sy probleem,” hou Janie haar ongevoelig. “Ai, maar dit was so gerieflik hier, reg langs die stoor, al die kliënte van die plaas wat by ons ook inval . . . Wat gaan ons doen?”

      Janie voel hoe haar moed al laer sak en verwens weer ’n keer vir Ryno Bruwer. The Daisy Chain se dae van voorspoed is getel.

      3

      “Verdomde Kupido,” brom Janie terwyl sy die dose met die gewraakte pers en groen orgideë, waarvoor sy nou vir ’n derde keer terug blommestoor toe moes loop, in The Daisy Chain se werkkamer neersit. “Jy’t my nou ’n klomp moeilikheid op die hals gehaal met die verkeerde mansmens wat jy so onnodig op my pad gestuur het.”

      “Kupido? Waarvan praat jy, Janie? Dis mos nog lank nie Valentynsdag nie.” Janie ruk soos sy skrik toe Thea agter die rak vol blomvase uitkom. Sy het nie besef iemand kan haar hoor nie. As Thea van haar skrywery aan Kupido moet uitvind, sal sy die einde daarvan nooit hoor nie.

      “Sommer niks.” Janie haal die kartonhouer se deksel af en snak na asem. Bo-op in die boks is die heel mooiste orgidee wat sy nog ooit gesien het. “Dis sowaar ’n Pana­mint!” Sy lig die blom byna eerbiedig uit die doos en hou dit versigtig vas aan die buisie voedingstof waarin orgideë vervoer word.

      “ ’n Panamint? Maar dit was mos nie deel van ons bestelling nie. Ons kan sulke duur blomme g’n bekostig nie.” Thea staan nader en bekyk die rare blomspesie met groot oë.

      Janie loer in die boks in en lig die verpakkingsmate­riaal op. “Dit lyk my die res is wel ons bestelling. Dis net . . . wag, hier is ’n kaartjie by . . .” Stadig lig sy die kaartjie en snak vir ’n tweede maal na haar asem.

      “ ’n Klein blykie om te sê hoe jammer ek is oor die feit dat julle nou moet trek, veral oor jy ’n ander tuiste vir jou orgideë sal moet soek, Janie. Wil jy my versameling seldsame orgideë sien? Ek kom haal jou Vrydagaand om seweuur, dan gaan wys ek jou. Miskien kan ons sommer iewers iets eet ook. Ria het my beduie waar jy bly. Ryno,” lees sy prewelend.

      “Verwaande mansmens. Hy’t sowaar gedink ek sou vir sy oeroue slenter val. Hy’s nie eens oorspronklik nie.” Verontwaardiging laat Janie byna verstik. “Wil jy dalk my wonderlike versameling seldsame blomme sien?” koggel sy met ’n singerige stem.

      “Slenter? Jy weet goed daardie enkele blom kos ’n fortuintjie. Dis nou ás mens dit ooit in die hande kan kry. Hoekom is dit by ons bestelling? Wat sê die kaartjie nog?” ryg Thea die vrae uit en loer oor Janie se skouer na die kaartjie. “Uiteet? Oe la laaaa . . .! Dit klink my alte veel na ’n date.”

      “Is dit sy manier van om verskoning vra? Hoe kan ’n simpel blom en ’n bord kos nou vergoed vir die feit dat ons die winkel gaan verloor en ek sak en pak met al my orgideë moet trek?”

      “Ag, nee wat, man. Jy’s al weer onnodig agterdogtig. Alle mans is nie soos jou pa nie. Die man het die volste reg om te besluit hy wil ons nie hier op sy plaas laat voortgaan nie. Ons het mos geweet ons is op geleende tyd hier. Gaan jy na sy versameling kyk?”

      “Natuurlik nie. Hy kan met sy seldsame orgideë en al in sy seldsame peetjie in vlieg.”

      “Janie, Janie, Janie . . . dis geen wonder jou liefdeslewe is slegs ’n vae herinnering uit jou studentedae nie. Jy laat wonderlike geleenthede soos dié deur jou vingers glip. Jy’s kastig baie seker watter soort man jy wil hê, maar vermy mansmense soos die pes. Jy druk jou kop in die sand soos ’n volstruis en dink as jy maak of jy iets nie sien nie, sal dit weggaan. Soos jy aangaan, is Ryno ’n bylmoordenaar of iets en vir my lyk hy baie skaflik. Sag op die oog ook en heeltemal redelik. Hy het ons СКАЧАТЬ