Dubbelspel. Wilna Adriaanse
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dubbelspel - Wilna Adriaanse страница 21

Название: Dubbelspel

Автор: Wilna Adriaanse

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780624068044

isbn:

СКАЧАТЬ voel.

      “Kom hou my geselskap,” roep sy toe sy aan die ander kant haar kop uit die water lig. “Ek sal nie byt nie.”

      “Ek moet ry. Daar is nog ’n paar mense wat ek moet gaan sien.”

      Sy klim uit die swembad en stap nader. Hy sukkel om nie na haar lyf te kyk nie.

      “My broer is besig om shit te stir.” Sy staan voor hom en skud haar hare agtertoe. Van die druppels spat op hom en hy verbeel hom hy hoor ’n sisgeluid.

      “Dan moet jy met hom praat, want hy is nie opgewasse vir Barkov en kie nie.”

      “Hy luister nie na my nie.”

      Die druppels blink op haar vel. Hy gaan haal nog ’n bottel water uit die yskas, en sluk dit ook weg.

      “Gabi, ek gaan nie in jou huwelik inmeng nie, maar jy moet dalk jou man ook waarsku om hom nie in dinge te begewe waarvoor hy nie opgewasse is nie.”

      “Ek gee nie regtig om wat hy doen nie.”

      “Hoe dit ook al sy … hy gaan moeilikheid optel, en dit gaan julle almal affekteer.”

      Sy gaan lê met haar klam lyf uitgestrek op een van die banke, en Nick wil byna hardop lag toe hy skielik aan sy ma dink. Hy kan nie besluit wat vir haar die ergste sou wees nie, die kaal vrou in die sitkamer, of die nat lyf op die meubels. Sy sal trots wees dat hy op ag-en-dertig en in sulke omstandighede steeds haar vermaninge onthou.

      “Sien jy iemand anders?”

      Hy sug en skud sy kop. “Ons gaan nie nou weer daai gesprek hê nie.”

      “Kyk na my, en sê jy dink nooit oor die moontlikheid van ons twee nie.”

      Hy kyk na haar kaal lyf en voel hoe sy vingerpunte tintel. “Enige man sal na jou kyk, en droom.”

      “Jy hoef nie te droom nie.”

      “Ek werk vir jou pa.”

      “Jy gebruik my pa as verskoning, maar jy weet so goed soos ek hy sal my op ’n silver platter vir jou gee.”

      “Hy hou van my omdat ek my werk doen. Werk en plesier was nog nooit goeie maats nie.”

      Sy glimlag. “Dis so ’n cliché.”

      “Wat wil jy hê moet ek vir jou sê?”

      “Dat jy ons twee ’n kans sal gee.”

      “Moenie jou lewe so kompliseer nie. Probeer dinge met Ken uitwerk.”

      “En as ek vir Ken los?”

      Hy skud sy kop. “Moenie dit doen nie.”

      “Jy weet ek kan nie help wie ek is nie. Dis nie asof ek gekies het om ’n Allegretti te wees nie.” Haar oë blink.

      “Ek weet, maar dis nie noodwendig ’n vonnis nie. Kry iets om met jou lewe te doen. Hou jou besig. Geen mens kan so ledig wees nie.”

      “Moet ek ook in ’n nail bar gaan werk?”

      “So ’n dag se eerlike werk kan jou dalk goed doen.”

      Sy lag hardop. “Jy weet ek sal nooit moed opgee nie.”

      Hy stap hysbak toe. ’n Man kan ook net soveel verduur. Terwyl hy wag dat die hysbak se deure toegaan, sien hy hoe sy opstaan en haar uitstrek voor sy haar rok oor haar kop gooi. Sy glimlag vir hom toe sy sien hy kyk na haar.

      “Kry ’n job!” roep hy voor die deure toegaan. Hy sit ’n oomblik lank sy voorkop teen die spieël binne die hyser. Hy kan gevaar en spanning hanteer, maar hy haat marteling.

      Hoofstuk 10

      Vrydagoggend sewe-uur sluit Nick die woonstel se voordeur en stap in die rigting van Seepunt. Hy is ’n rukkie te vroeg vir die bus en val agter in die kort ry wat reeds wag.

      Toe die bus kom, klim hy op en gaan sit heel agter. Hy kyk na die ander mense wat opklim. Skoolkinders, jong mense wat soos studente lyk, werkendes. Twee bejaarde vroue, met hulle handsakke styf onder hulle arms geknyp. ’n Netjiese man met ’n pet en ’n kierie.

      Die bus ry stadig en hy bekyk die omgewing. Hy hou nie van die kolossale nuwe stadion in Groenpunt nie en wonder hoe die stadsvaders ooit daarvoor kon ja sê. Hulle ry verby die Galgeheuwel-verkeersentrum. Volgens oorlewering was dit die plek waar die misdadigers in die vroeë Kaapse tyd vir hulle oortredinge gehang is. Dis vreemd dat niemand deur die jare die plek se naam verander het nie. Dalk is dié plek se geskiedenis so donker dat niemand kans sien om aan die naam te torring nie. In Somersetweg flank moderne winkels die straat.

      Hy klim in die middestad by die stasie af en stap in die rigting van die Goue Akker, waar hy ’n taxi neem. Hy het nooit omgegee om in Londen van openbare vervoer gebruik te maak nie, maar sedert hy terug in Suid-Afrika is, wil hy ’n stuurwiel in die hand hê. Die Range Rover het egter ’n opsporingstelsel in en hy wil nie onnodige kanse vat nie. Net nadat hy vir die Allegretti’s begin werk het, het hy ’n keer of wat iemand op sy spoor gewaar. Daarna het dit stil geword. Sedert hy in die Kaap aangekom het, het hy nog niemand gewaar nie, maar Paul is vreesbevange dat hulle betrap sal word en daarom moet hy altyd dubbel seker maak wanneer hulle twee ontmoet.

      “Ek gee nie om of jy seker is niemand verdink ons nie. Jy gaan nie ’n hero probeer wees as my kop op die spel is nie,” was sy opdrag.

      Hulle ry met die N1 noordelike voorstede toe. Nou en dan kyk Nick om, maar nie een voertuig trek sy aandag nie. Hy klim by ’n winkelsentrum in Durbanville af, betaal die taxibestuurder en stap die blok na die restaurant. Paul wag reeds by ’n tafeltjie agter in die hoek, ’n koppie koffie voor hom.

      “Was jy versigtig?”

      “Ja.”

      “Is jou selfoon af?”

      “Ja, ontspan.”

      Paul sit merkbaar verlig agteroor, maar frons steeds. “Ek hoop jy is hier om vir my te sê my job is klaar.”

      Nick bestel ook ’n koppie koffie. Skud sy kop. “Wil jy werklik so ’n opwindende lewe verruil vir een agter ’n lessenaar in ’n vaal kantoor?”

      “Jy vergeet ek hou van vaal. Ek vrek oor eentonig. Kleur is totaal overrated.”

      Nick glimlag. “Sorry, jy gaan nog vir ’n rukkie moet vasbyt. As jy moeg raak, dink net aan jou kleinkinders. Jy gaan hulle held wees as hulle hoor wat jy in jou lewe gedoen het. Jy kan hulle tog nie net vertel jy het jou lewe lank syfers heen en weer geskuif nie.”

      “Kleinkinders.” Paul skud sy kop. “Waarom sal ek ook nog tot die oorbevolking van die planeet wil bydra?”

      Die kelnerin kom vra of hulle gaan eet. Nick bestel die boere-ontbyt. Paul kies die vrugte, jogurt en muffin met heuning.

      Nick sit agteroor toe die meisie wegstap. “Jy het in ons laaste gesprek gesê jy het min of meer nou die klub se prentjie uitgewerk. Laat ek hoor.”

      Paul СКАЧАТЬ