Dubbelspel. Wilna Adriaanse
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dubbelspel - Wilna Adriaanse страница 22

Название: Dubbelspel

Автор: Wilna Adriaanse

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780624068044

isbn:

СКАЧАТЬ weet jy het dit gesê, maar dit help my niks. Sonder bewyse is my hande vasgebind. Hoe doen hulle dit?”

      “Eerstens deurgeld. Die klub se kapasiteit is seshonderd. As jy egter na die inkomste uit die toegangsgeld gaan kyk, moet daar gemiddeld elke aand van die week tussen aghonderd en ’n duisend mense deur die deure gaan. En Vrydae en Saterdae nader aan tweeduisend.”

      “Dis seker nie onmoontlik dat daar meer mense toegelaat word nie?”

      “Nee, maar volgens die klub se lisensie, brandweer- en gesondheidsertifikaat is die plek net goedgekeur vir seshonderd. Dis moontlik dat hulle meer kan toelaat, maar dis nie moontlik om dit elke aand te doen nie. Die kanse dat hulle hul lisensie gaan verloor, raak net te groot.”

      Die kelnerin bring hulle kos en albei vat eers ’n hap of twee voor Nick verder praat.

      “Hoeveel kán hulle nou op dié manier plaas?”

      “Dis ’n baie eenvoudige som. Toegangsgeld is R200 per persoon. Maal dit met seshonderd mense. Dit gee vir jou R120 000 per aand. Maal met vyf aande per week en gemiddeld vier weke per maand. Dit bring ons by ongeveer R2,4 miljoen per maand. Om twee- of driehonderdduisend daar in te glip, is ook nie rocket science nie. Dan kyk ons na ’n moontlike R3,6 miljoen wat per jaar versteek kan word. Not bad. En dan praat ons nog nie eens van die drank- en kosverkope nie.”

      “Wil jy vir my sê die ouditeure tel dit nie op nie?”

      “Is jy dom of hou jy nou net so? Dink jy ek weet nie wat om met die boeke te doen nie?”

      Albei vat eers weer ’n paar happe.

      “Jy sê hulle kan ook geld deur die kroeë versteek?”

      “Weet jy hoeveel shots is daar in ’n drankbottel?” vra Paul.

      Nick skud sy kop. “Ek behoort seker te weet, want ek het al in my lewe ’n paar leeggemaak.”

      “Dit maak nie saak nie, maar kom ons sê jy het min of meer vier bottels tequila vir die aand. Dan kan jou boeke nie wys jy het twee keer meer shots verkoop nie.” Paul sit terug en vee sy mond af. “Soos ek sê, dit klink na kleingeld, maar as ’n mens dit aan die einde van die jaar bymekaar gaan tel, sal jy verbaas wees. En onthou, hulle het die klub spesifiek vir dié doel gekoop, so alle syfers is van die begin af gelaai.”

      “En jy hou nog noukeurig boek van alles?”

      “Ja, maar ek wil jou net sê, as julle hierdie bal laat val en ek moet op die ou end in die hof gaan staan en dalk landuit vlug, en vir die res van my lewe in ’n godverlate dorpie onder ’n ander naam gaan bly, kom ek eerste vir jou. And I’m not joking. Julle moet seker maak julle het ’n waterdigte saak. Ek vlug nêrens heen met ’n pruik op my kop en ’n vals snor op my bolip nie.”

      “Ek sien Allegretti het ’n paar nuwe karre gekoop. Waar kom die geld vandaan?”

      “Dis hoe hulle die geld verskuif. Hy het ’n paar polo-perde ook gekoop, ’n huis in Val de Vie buite die Paarl waar sy perde versorg word, ’n motorboot, en dan het hy sy aandeleportefeulje vergroot. Heel konserwatief, en hy sorg dat die bedrag nie ooreenstem met enige bedrag wat via ’n ander roete ingekom het nie. Die truuk is hierdie integrasie. Sodra dit gedoen is, is dit moeiliker om die geld te volg, maar nie onmoontlik nie. Daar is dikwels krummels wat ’n mens kan volg. Is jy bewus daarvan dat hy die laaste paar maande honderde duisende op die dobbeltafels verloor het?”

      Nick knik. “Jy het my oor die foon gesê.”

      “Dis ’n maklike manier om die geld te versteek, maar as jy nie versigtig is nie, byt daai gogga jou en voor jy jou kom kry, kan jy nie wegbly nie.”

      “Dan is dit waarom hy op die oomblik so edgy is. Hy weet hy sal daai geld moet terugkry voor die ou man dit uitvind. Dinge begin skielik meer sin maak.”

      “Soos ek sê, dis nie rocket science nie.”

      “Gewaar jy soms cops by die klub?”

      “Hulle kom maak redelik gereeld ’n draai, maar dis nie asof hulle hul kom voorstel nie. Die gesigte wissel ook.”

      “En jy is seker dis cops?”

      “Ek het jou al gesê ’n mens kan julle op ’n myl uitken. Dink jy nie jy moet jou gaan voorstel en ’n bietjie notas uitruil nie? Sal dit nie dinge aansienlik vergemaklik nie?”

      Nick skud sy kop. “In geen omstandighede nie. Hier was al te veel leaks, en ek vertrou op die oomblik niemand nie.”

      “Êrens moet jy nog iemand ken wat jy kan vertrou.”

      “Ons het nie nou tyd om die skape en die bokke te probeer skei nie. Aanvaar maar eers alle cops is dirty, of ten minste shades of dirty.”

      Paul kyk op sy horlosie. “Ek moet gaan.”

      “Ek ry sommer saam met jou terug stad toe.”

      “Jy maak seker ’n grap.”

      Nick staan ook op en gooi ’n paar note op die tafel neer. “Hier is nie taxi’s nie.”

      “Maar hier loop busse stad toe.”

      “Bliksem, Paul … Weet jy hoe lank gaan dit my vat?”

      “Jou tyd versus my nek – not even a contest. Sien jou later.”

      Nick stap tot op die hoek by Standard Bank. Toe daar ’n minibus-taxi stop, vra hy waarheen hulle ry.

      “Bellville station.”

      Hy klim in. Sy kanse is seker beter om daar ’n taxi in die hande te kry, anders sal hy die trein stad toe vat. Hy vloek onderlangs.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RdeRXhpZgAATU0AKgAAAAgACAESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAbgEbAAUAAAABAAAA dgEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAfgEyAAIAAAAUAAAAnQE7AAIAAAAJAAAAsYdpAAQAAAAB AAAAvAAAAOgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIw MTQ6MDQ6MDEgMDY6NTM6MDUAbWljaGVsbGUAAAAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGQKAD AAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAAAAEABgAAARoABQAAAAEAAAE2ARsABQAAAAEAAAE+ASgA AwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAFGAgIABAAAAAEAABYQAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/t AAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSAAAAAAf/bAIQADAgICA СКАЧАТЬ