Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 7

СКАЧАТЬ dieselfde woord nie meer as een keer te gebruik nie.a)“… hierdie amazing tradisionele houtfiguur …”b)“… hierdie amazing ‘shoppie’ …”c)“Sy het ook reeds hierdie amazing leerbank bestel …”7.Om krities te lees, moet die leser verstaan wat die skrywer/verteller sê en hoekom hy dit sê. Watter boodskap wil die skrywer aan die leser oordra? Stem jy daarmee saam? Motiveer jou standpunt/mening.8.Is die titel van die teks gepas? Motiveer jou antwoord.9.In die teks word die woord “amazing” heelwat gebruik. Wat sê dit van die karakter wat dit gebruik?10.Die titel van die skets is “Daardie Livingstone-gevoel”.a)Wie was Livingstone?b)Waarna verwys die “gevoel” in die titel?c)Sluit die eerste sin aan by die titel?11.Wat is die algemene trant van hierdie skets?12.In die skets is daar baie Engelse woorde. Is dit slengtaal, swak of aanvaarbare taalgebruik?13.Hoe voel die skrywer oor die onderwerp? Kies een van die moontlikhede en motiveer waarom jy dit gekies het.a)Hy skryf graag oor die mense wat in die Woodhill-omgewing woon.b)Hy toon simpatie met die mense se wanbegrip van Afrika.c)Hy beklemtoon sekere mense se kunsmatige waardes.d)Hy beskryf die Woodhill-mense se reis en ervarings in Afrika.14.Kan jy met een van die karakters en hul sienings en waardes identifiseer? Motiveer jou antwoord.15.“As jy daar op die Chobe se stoep met ’n gin en tonic in die hand sit, sê hy, weet jy jy is in die ware Afrika – Livingstone se Afrika.” Wat is ironies omtrent hierdie stelling? Onthou dat ironie ’n stylmiddel is wat skrywers en digters gebruik wanneer hulle ter wille van effek die teenoorgestelde sê van dit wat bedoel word.16.Is daar stereotipering in die skets? Verduidelik.Oefen dialoog17.Skryf die laaste drie paragrawe in dialoogvorm. Begin so:
Ina-Mari sê: “Ek gaan nie saam … ”Malan sê: “Ons gaan in Desember … ”Malan sê: “Ek … ”

      Lees, waardeer en verstaan ’n volksverhaal

      In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is verskeie kortverhale en volksverhale opgeneem, maar weet jy wat die verskil tussen ’n kortverhaal en ’n volksverhaal is? Kyk saam met ’n maat na die volgende tabel.

KortverhaalVolksverhaal
Dit sluit in moderne kortverhale soos satires, reisverhale, sketse, ensovoorts.Dit sluit in sprokies, mites, legendes, fabels, belewenisse en sages.
Het ontstaan as skriftelike literatuur.Het ontstaan as mondelinge literatuur wat van geslag tot geslag oorvertel is.
Kortverhale het ’n verskeidenheid doelstellings en temas.Die doel van volksverhale is om die gehoor te vermaak en om ’n lewensles te leer.
Kortverhale wissel van kort tot lank, die intrige en spanningslyn is duidelik, innerlike en uiterlike handelinge kom voor.Dit is baie kort, daar is min intrige (patroon van gebeure) en dit maak hoofsaaklik van dialoog en handeling gebruik.
Die karakters is gewoonlik mense en daar is gewoonlik een hoofkarakter en newekarakters.Karakters is sprokiesfigure, diere, dinge uit die natuur.
Dit kan in die verlede of teenwoordige tyd geskryf word.Dit word gewoonlik in die verlede tyd vertel.
Karakters het name wat hulle ook soms karakteriseer.Karakters het nie eiename nie en staan bloot bekend as byvoorbeeld “die vrou”, “die jakkals”, ensovoorts.
Herhaling kan gebruik word ter wille van beklemtoning.Frases, woorde, liedjies word herhaal om belangrike dele uit te lig.

      Groepbegeleide lees

      Beurtlees die verhaal “Melina sing ’n noot” in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek. Beantwoord die volgende vrae in julle groepe.

       •Dink julle die verhaal is ’n tipiese kortverhaal of ’n volksverhaal?

       •Wie is die hoofkarakter in die verhaal?

       •Wat was die hoofkarakter se droom?

       •Word daar van herhaling in die verhaal gebruik gemaak? Gee voorbeelde.

       •Wil hierdie verhaal vir die leser ’n les leer? Hoekom sê julle so?

       •Was hierdie verhaal vir julle humoristies (snaaks)? Hoekom sê julle so?

       •Het Melina se droom waar geword? Verduidelik.

melina-sing-n-noot.jpg

      Skryf jou eie storie

      Jy het die verhaal “Melina sing ’n noot” gelees en daaroor gesels. Skryf nou vir huiswerk jou eie kort storie oor ’n fiktiewe karakter en gebeure. Jou verhaal moet ongeveer drie (3) bladsye (± 20 paragrawe) lank wees. Jou onderwyser kan dalk besluit om dit formeel te assesseer.

module_01.jpg

      (Kwartaal 1: Week 3 en 4)

      Almal hou van die taal van musiek

      Wat gaan jy leer?

      Almal hou van musiek, maar nie almal hou van dieselfde soort musiek nie. Hierdie module begin met ’n luisterbegripsoefening oor musiek en ’n mondelinge aanbieding oor jou gunstelingliedjie of -musikant en jy maak ’n dagboekinskrywing. Jy doen weer ’n luisteroefening en berei ’n teks voor vir hardoplees. Jy skryf twee briewe: ’n uitnodigingsbrief en ’n brief van waardering.

      Jy gaan lees van liedjies en musikante. Jy doen ook ’n leesbegrips­oefening om leesbegripstrategieë in te oefen. Ons almal ken ’n vuvuzela – lees ’n uittreksel uit ’n jeugroman Vuvuzela om letterkunde beter te verstaan. Dan is dit weer tyd om ’n gedig te lees en vir die inskerping van verskeie taalstrukture. Jy moet ’n spotprent en ’n paar advertensies ontleed om jou kyk- en taalbegrip te bevorder. Jy sluit die module af met selfstandige lees – geniet die verhaal “Die goue kitaar”.

Aktiwiteit 1: Luister na ’n voorlesing
In hierdie aktiwiteit gaan jy
•Luister en praat•aandagtig luister na ’n leesteks•notas maak•vrae beantwoord.

      Jou onderwyser gaan ’n teks oor musiek aan jou voorlees. Onthou jy die stappe van die luisterproses? Lees die stappe hieronder.

      Luisterproses

       •Jou onderwyser gaan eers die teks lees. Jy moet net luister.

       •Dan gaan jou onderwyser die vrae saam met jou lees en verduidelik.

       •Jy gaan weer na die leesstuk luister. Jy mag dan notas afneem.

       •Jy gaan dan die vrae in jou werkboek beantwoord.

Indiane.psd
Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.
1.Die storie oor die geskiedenis van musiek begin met die woorde “Waar het musiek begin?” Watter twee moontlikhede noem die skrywer waar musiek kon begin het? (2)
2.Wat word in Afrika tradisioneel geglo is die ontstaan van musiek? (1)
3.Noem drie soorte tradisionele danse van die Amerikaanse Indiane. (3)
4.Wat is ’n “argeologiese vonds”? (1)
5.Wanneer is iets “antiek”? (1)
6.Waarop СКАЧАТЬ