Ettie Bierman Keur 8. Ettie Bierman
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ettie Bierman Keur 8 - Ettie Bierman страница 14

Название: Ettie Bierman Keur 8

Автор: Ettie Bierman

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624056768

isbn:

СКАЧАТЬ se kinderkamer is nóg weelderiger as hare en net waar Rothea kyk, is speelgoed. ’n Rooi driewiel staan voor Albie se bed, saam met ’n speelperdjie, nog ’n nuwe teddiebeer en ontelbare karretjies, busse, kruiwaens, sandemmertjies en grafies en alles wat ’n kleuter se hart kan begeer. Die muurpapier en gordyne is opsigtelik nuut, met ’n dieremotief, en veiligheidsdiefwering is aangebring voor die vensters wat na die balkon lei. Ook nuut en ’n helderblou geverf. Tussen twee ingeboude kaste loop ’n deur uit na ’n donkerblou en groen badkamer, wat Rothea aanneem sy met Albie sal deel.

      Albie is amper te moeg om op sy voete te staan, maar tipies seun is hy koppig – nie bereid om in die bed gesit te word en te gaan slaap sonder om hom te laat geld nie.

      “Stolie,” eis hy. En Hanna mag dit nie vertel nie. Die storie moet van Rothea kom.

      “Rooikappie?” bied sy aan.

      “Van die bere. Pappa beer en mamma beer en baba beer en Sneeuwitjie.”

      “Gouelokkies,” help Rothea hom reg.

      “Sneeuwitjie,” dring hy huilerig aan. Hanna kan hom nie troos en in die bed sit nie. Hy is eers tevrede toe Rothea kom en hy ken die verskil tussen Gouelokkies en Sneeuwitjie, wat beteken hy wil albei stories hoor.

      Hanna is nie seergemaak omdat sy opsy geskuif word nie, slegs bewonderend teenoor Rothea.

      “Fräulein is so goed vir hom ... Amper soos sy eie, regte mamma.”

      Rothea voel die branderigheid van trane teen haar ooglede. Dis die eerste vriendelike woord wat sy gekry het sedert sy op die plaas aangekom het. Sy wonder hoe Barbara sou reageer het as sy vanaand hier was. Sou sy ook bereid gewees het om die minste te wees, om geïgnoreer en saam met Albie na haar kamer gestuur te word, met ’n koue ontvangs en ’n gevoel dat sy onwelkom is? Nee, besef sy. Ernst sou hier gewees het as ’n buffer tussen Barbara en sy familie. Ernst, met sy warmte en mensliewendheid, sou vir die ongasvryheid vergoed het.

      Rothea begin met die verhaal van Jan en die boontjierank, tot Albie rustig is en sy oë onwillig toeval.

      “Sal ek nog ’n rukkie by hom bly, ingeval hy wakker word?” fluister sy vir Hanna.

      Hanna skud haar kop. “Hy slaap vas, Fräulein.”

      Albie het warm melk, beskuitjies en kaas gehad, maar Rothea twyfel of die Richters hulle vir aandete oor haar gaan ontferm. Sy sit rustig by Albie, toe sy ’n klop aan haar kamerdeur hoor.

      “Herr Richter, wat kom verneem of u gereed is, Fräulein,” sê Hanna. “Gaan eet, ek sal na die kleine omsien.”

      Rothea het Dieter verwag. Maar ’n vreemde jong man staan in die gang voor haar kamerdeur.

      “Onthou jy toe jy sestien was, Rothea Beukes, en die fortuinvertelster gesê het jy gaan ’n lang, donker vreemdeling ontmoet wat ’n belangrike rol in jou toekoms gaan speel?”

      Rothea lag. “Al wat sy gesê het, was van ’n blou brief wat ek gaan kry. Maar sy was kleurblind. Dit was ’n pienk kaartjie die volgende dag onder my motor se reënveër.” Rothea aarsel. “Is jy broer Carl?”

      Hy skud sy kop. “Net Carl. Dit sou ’n ramp gewees het as jy my suster was, want ek het nie gedink dis moontlik nie.”

      Rothea begryp nie mooi nie. “Ekskuus?”

      Carl bekyk haar waarderend. “Ek dag identiese tweelinge is identies.”

      “Hulle is.”

      “Hulle is nie,” stry hy. “Ernst het ná die tyd vir ons ’n troufoto gestuur en ek het met hom saamgestem Barbara is die antwoord op enige man se drome. Ek het nie gedink dis moontlik dat haar identiese tweelingsuster selfs nog mooier as sy kan wees nie.”

      Rothea se moraal was laag en Carl se bewondering is balsem vir haar wonde.

      “Jy vlei my, maar dankie vir die goeie medisyne.”

      “Teen Moeder en Dieter?”

      Carl is korter en blasser van vel, maar toe hy sy een wenkbrou vraend lig, lyk hy skielik net soos sy oudste broer. Hy is nie so aantreklik soos Dieter nie, maar gawer, dink Rothea. Sy hou van hom en is dankbaar dat hier iemand soos hy is. In ’n kil en ontoegeeflike huishouding is Carl Richter tot dusver die enigste een wat haar soos ’n mens behandel, eerder as soos ’n meulsteen wat teen wil en dank verduur moet word.

      “Moet jou nie aan hulle twee steur nie,” vervolg Carl. “Moeder is bevooroordeeld en my ouboet het nog nooit ’n oog vir ’n mooi meisie gehad nie. Of anders het hy met opset gejok.”

      “Gejok? Hoekom?”

      “Om ’n voorsprong bo my te hê en my af te skrik. Jy lyk gewis nie soos Dieter jou beskryf het nie.”

      Moenie, probeer Rothea haarself keer, want sy weet dis soek na seerkry. Wat maak dit in elk geval saak? Sy besef dis goeie raad, maar haar hart wil nie na haar verstand luister nie.

      “Hoe het Dieter my beskryf?”

      “Ek met my groot mond ...” skerm Carl. “Kom, ons moet gaan eet. Moeder wag.”

      “Ek gee nie om as jou broer vir almal vertel ek lyk soos ’n voëlverskrikker nie. Is dit wat hy gesê het?” hou Rothea vol.

      “Dieter het nie bedoel om jou te beledig nie en nee, hy het ook nie gesê jy is lelik nie,” verdedig Carl sy broer. Hy draai sy kop skeef om weer na Rothea se bates te kyk. “Gelukkig verskil ons smaak. Ek reken jy is allesbehalwe vaal, maer en moederlik. Dieter kort ’n bril.”

      Rothea kyk na hom sonder om te antwoord. Ja, sy wou mos vra, wetende wat die antwoord gaan wees ...

      Carl hou sy hande op, palms na Rothea se kant toe gedraai. “Moenie vir mý kwaad wees nie. Dis nie ek wat so gesê het nie, dis Dieter wat so blind is. En ek sê mos, ek stem nie saam met sy beskrywing nie. Hoe kan ’n rooikop-Delila met sulke kurwes vaal en maer wees? En moederlik? Jý?” Hy grinnik breed. “Nee, Rothea Beukes. Jy is die soort aster wat ’n ou saamneem op ’n seiljagvaart wat langer as ’n dag gaan duur. Of ’n naweek Kyalami toe. By gebrek aan sulke opwindende vermaak, sal ons met ’n aand saam aan tafel begin?”

      “Ek is nie eintlik honger nie.”

      “Jy is alreeds nie baie gewild nie en as jy Moeder en Dieter onnodig laat wag en die aandete verniet vertraag, glo ek nie dit sal tot jou gewildheid bydra nie,” raai Carl haar aan.

      Rothea kyk na sy formele donker pak klere, dan na haar verkreukelde rok en stowwerige sandale.

      “Ek moet seker beter klere aantrek ...”

      “My ma sal nie omgee nie en Dieter sal nie oplet nie. Hy het Ilse op sy brein en geen ander meisie se kleredrag sal tot hom deurdring nie.”

      Rothea staan botstil. “Ilse?” vra sy, asof sy nog nooit die naam gehoor het nie.

      “Kom!” Carl rem haar aan die arm die gang af. “Netnou kla ek ook jy is te maer, as jy nie wil eet nie ...”

      Rothea is bang Dieter of sy ma hoor as sy Carl verder uitvra. Sy stap stilswyend langs СКАЧАТЬ