Schalkie van Wyk Keur 6. Schalkie van Wyk
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Schalkie van Wyk Keur 6 - Schalkie van Wyk страница 28

Название: Schalkie van Wyk Keur 6

Автор: Schalkie van Wyk

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624050247

isbn:

СКАЧАТЬ het nie verander nie, dink Amalia terwyl sy saam met Meraai die trap opklim na tant Henriëtte se privaat sitkamer. Eenmaal was sy ’n welkome gas in Kaiserburg … eenmaal, toe sy skugtere jongmeisiedrome oor Kurt Falkenstein gedroom het. Kurt … Haar liefde vir hom het die grense van ruimte en tyd oorskry, daarom kon sy nooit weer ’n ander man liefkry nie. Selfs die wete dat hy met Henriëtte sou trou, kon niks aan haar gevoel vir hom verander nie. En nou is hy dood. Miskien troos dit tog ’n bietjie dat sy haar jeugliefde ongeskonde in haar binneste kon vertroetel, want Kurt is nooit getroud nie. Dit troos om te droom oor die moontlikheid dat hy haar tog sou liefgekry het as hy nie so jonk gesterf het nie.

      “Ons moet maar stadig loop, Amalia,” waarsku Meraai. “Die diensmeisie het nou wel gesê Henriëtte het gevra dat ons na haar privaat sitkamer toe kom, maar ek ken haar: sy sal heel waarskynlik eers ’n mooier rok wil aantrek.”

      “Ná al daardie konfyttertjies wat jy geëet het, is dit beter vir jou gesondheid om stadig te loop, Meraai,” terg Amalia haar.

      “Kos is gesond,” sê Meraai beslis. “Moenie dat die slim dokters jou vertel vet maak mense siek nie. Kyk nou maar na my: ek was nog nooit in ’n hospitaal nie en kry ek verkoue, eet ek my gesond. Maar aan die ander kant: Henriëtte raak net lastig as ek olik is, daarom sorg ek dat ek nie siek word nie.”

      Hulle stap saam in die breë gang af en Meraai dril voor ’n toe deur tot stilstand, loer oor haar skouer na Amalia en sê met ’n onnutsige knipoog: “Sy speel weer die rol van die koningin van Kaiserburg. Kom ons sit haar ’n slaggie op haar plek.”

      “Hoe meen jy nou, Meraai?” vra Amalia bekommerd.

      “Jy sal sien,” antwoord sy geheimsinnig, klop aan die deur, maak dit oop en stap binne.

      Henriëtte is heelwat skraler as in haar jeug, maar sy is nog steeds ’n mooi vrou, dink Amalia en kyk na Henriëtte wat op ’n vergulde stoel met donkerrooi stoffering sit.

      “Laat ek jou voorstel, Henriëtte,” sê Meraai formeel. “Professor doktor Amalia Lottering, ontmoet mevrou Falkenstein.”

      “Meraai!” sê Amalia betigtigend. “Ek het Henriëtte reeds in my jeug ontmoet.”

      “Professor?” Henriëtte lyk beïndruk. “Ek onthou jou pa het graag met sy slim dogter gespog wanneer hy ons op Overberg besoek het, Amalia, maar ná sy dood het ek nooit weer iets van jou gehoor nie.”

      “Ek het ’n lektrise in sielkunde geword en my doktorsgraad verwerf, maar ek het so pas afgetree. Hallo, Henriëtte,” groet Amalia met ’n innemende glimlag en skud Henriëtte se hand.

      “Welkom in Kaiserburg, Amalia. Ek was skoon opgewonde toe ek hoor jy is verpleegster Wolmarans se peetmoeder. Ek het nie juis intieme vriendinne gehad toe ek nog ’n dogter was nie, maar ek onthou dat jy soms saam met jou pa my ouers besoek het.”

      “Gewoonlik om my aan jou speelgoed te verwonder,” glimlag Amalia en neem op ’n stoel skuins oorkant Henriëtte plaas. “En later jou rokke. Jy was altyd soos ’n prinses geklee.”

      “My ouers het die geld gehad,” sê Henriëtte merkbaar gevlei. Sy tik senuweeagtig met haar vingers van haar regterhand op die armleuning van haar stoel. “’n Vrou van jou stand … Ek het gewonder: wil jy nie hier in Kaiserburg kom kuier nie? Hanna is nie meer so jonk nie en ek twyfel of sy daarin sal slaag om jou kuiertjie in Blumenstrauss baie aangenaam te maak.”

      “Jy skinder nou, Henriëtte,” sê Meraai kwaai. “Daar skort niks met Hanna se hande of verstand nie.”

      “Jy sal nie verstaan nie, Meraai,” sê Henriëtte, en sy lig haar ken hooghartig. “Professor Lottering is gewoond aan intellektuele geselskap en al die gerief wat geld kan koop.” Sy kyk na Amalia. “Ek verneem jy het skatryk geërf na jou pa se dood, Amalia.”

      “Ek was ’n enigste kind en kleinkind, daarom het ek heelwat geërf. Maar ek geniet my vakansie in Blumenstrauss, Henriëtte. Tant Hanna gaan uit haar pad uit om my verblyf so aangenaam moontlik te maak. Ek sal haar onnodig beledig as ek nou hierheen kom,” sê Amalia beslis.

      Meraai snuif ergerlik deur haar stomp neusie. “Party mense vat nie hulle rykdom kop toe nie. Hulle ken hulle maniere,” sê sy vies.

      Henriëtte ignoreer haar en frons. “Moenie my verkeerd verstaan nie, Amalia. Ek het niks teen Hanna nie, maar ek is bewus van Friedrich se teenwoordigheid in Blumenstrauss. Ek het sestien jaar lank probeer om hom ’n ordentlike opvoeding te gee, maar een maal ’n optelkind, altyd ’n optelkind. Pla sy buffelagtige houding jou nie?”

      “Inteendeel, ek en Friedrich kom goed oor die weg. Hy is toevallig my ginekoloog. Ek kan nie anders as om met die grootste lof van hom te praat nie,” antwoord Amalia gelykmatig.

      “’n Verkleurmannetjie, dis wat hy is,” sê Henriëtte misnoeg. “Maar ek vertrou hom nie. Hy het met my skoonmoeder gekonkel en gesorg dat hy Blumenstrauss inpalm. Ek waarsku jou, Amalia, hy is heel waarskynlik agter jou geld aan.”

      “Ek waardeer jou waarskuwing, maar Gretha is reeds my erfgenaam,” lig Amalia haar met ’n ongesteurde glimlaggie in.

      Henriëtte sit meer regop, ’n gierige gloed in haar donker oë. “Gretha? Verpleegster Wolmarans?” vra sy verras.

      “Ja, Henriëtte. Gretha het haar moeder verloor toe sy nog baie jonk was. Ek en wyle Annelie het mekaar gedurende ons studentejare leer ken en boesemvriendinne geword. Dis waarom sy my gevra het om Gretha se peetmoeder te wees. Ná Annelie se dood het ek al hoe meer die rol van Gretha se ma begin speel, daarom is sy vir my soos ’n eie dogter.”

      Meraai snuif aangedaan. “Haai, dat ek jou nou so verkeerd kon opsom, Amalia. Reken, ek dag jy is ’n geleerde vrou met ’n woordeboek waar jou hart moet wees, maar nou moet ek hoor jy het ’n sagte moederhart, nes ’n gewone mens … te wonderlik!”

      “Stil, Meraai,” beveel Henriëtte onthuts, draai na Amalia toe en vervolg gretig: “As ek net al die dinge vooraf geweet het, Amalia … ek kwel my al jare lank oor Dieter se toekomstige vrou, maar ’n meisie uit ’n goeie stand; ’n meisie wat nie net ’n gewone arbeider is nie …”

      “As jy na Gretha verwys, Henriëtte: die meisie het ’n aardige sommetjie geld van haar ouma aan moederskant geërf. En dan is daar hulle familiejuwele. Gretha is beslis nie ’n kerkmuis nie,” val Amalia haar in die rede met ’n tikkie ergernis in haar stemtoon.

      “Maar …” Henriëtte staar haar ontsteld aan. “Nou kan ek begryp waarom dokter Steenkamp so gretig was om aan jou peetdogter verloof te raak, Amalia. Hy is nog besig om te betaal vir sy praktyk wat hy by ou dokter Lategan oorgeneem het. Hy hoop natuurlik om met Gretha te trou sodat sý vir sy praktyk kan betaal.”

      “As die kinders mekaar liefhet …” sê Amalia onverskillig.

      “Liefde is nie ter sprake nie. Ek sê jou mos: die doktertjie soek net ’n ryk vrou. Jy sal daadwerklik moet optree om ’n einde aan hulle verlowing te maak, Amalia. Ek glo Dieter is die aangewese bruidegom vir Gretha,” sê Henriëtte vasbeslote.

      Amalia onderdruk met moetie ’n glimlag. “Ek het hierheen gekom met die doel om Gretha se verlowing met haar te bespreek. Sal dit vir haar geleë wees om nou met my te praat?”

      “Vanselfsprekend, Amalia. Maar wil jy nie eers saam met my tee drink nie? Ek vergeet my rol as gasvrou …”

      “Die СКАЧАТЬ