Koeke en terte. Susan Coetzer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koeke en terte - Susan Coetzer страница 8

Название: Koeke en terte

Автор: Susan Coetzer

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796321404

isbn:

СКАЧАТЬ alt=""/>4

      Skoukoeke

      Skoukoeke dien gewoonlik in die komitees van vroueorganisasies soos die VLU of die (ou) Dames Dinamiek en die ACVV. Hulle is dikwels die statige voorsitters of ondervoorsitters van hierdie instansies. Hulle is trotse, hardwerkende vroue met goeie en standvastige waardes. Hulle voel die gemaklikste met ’n netjiese salonkapsel, los klere met groot blommotiewe daarop en praktiese loopskoene.

      Hulle koördineer alles om die maksimum hoeveelheid werk in die minimum hoeveelheid tyd gedoen te kry, sonder om te sweet, eelte te kry of hulle kapsels te verinneweer.

      Hierdie dames is deur die bank raakvatters wat skrik vir niks. Hulle neem graag leiding en inisiatief om ander vroue te bemagtig en te verryk. Hulle is die organiseerders en koördineerders van vele damesoggende, skoubyeenkomste en fondsinsamelingsprojekte. Hulle het ’n voorliefde vir vergaderings hou en notules opstel. Hulle neem die voortou om die meer passiewe koeke en terte te intimideer om ’n kaartjie vir elke betrokke geselligheid te koop. Hulle maak ook graag van die geleentheid gebruik om hulle eie meesterkoeke en vlytige handewerk daar ten toon te stel.

      Skoukoeke se grootste vrees is ledigheid of om stil te sit. Jy kry hierdie vroue nie sommer oorreed om ’n naweekretreat by te woon waar hulle niks mag doen behalwe om stil te wees en diep te rus nie. Wanneer hulle wel so ’n naweek bywoon, is hulle frustrasie met die niksdoen duidelik sigbaar. Hulle is die vroue wat dan sommer ongevraagd begin skottelgoed was, tafeldek en kaste regpak. En natuurlik is hulle selfone en breiwerk iewers in ’n handsak ingesmokkel om besig te bly.

      “Los, jy is hier om te rus,” vermaan ek hulle.

      “Nee, jong, ek kan nie so sit en niks doen nie.”

      “Jy doen nie niks nie. Jy herlaai jou innerlike battery. Dis goed om al jou gedagtes oor jou lewe by die huis af te skakel.”

      “Seker, ja. Maar dan moet my hande darem besig bly. Dis aardig om so ledig te wees. Ek is gewoond aan organiseer en doen en praat.”

      “Jy kan dit alles ná die naweek weer gaan doen.”

      En dan begin sy my maar weer help met die een of ander taak. Sy kan net nie gaan sit en bloot diep asemhaal nie.

      Skoukoeke is uitblinkers in huisvlyt – hulle bak en brou, hekel en brei, maak hulle eie klere, blatjang en konfyt en lê selfs hulle eie appelkose en vye in. Hulle slaan my (en baie ander vroue) se asem weg met hulle flatervrye wenkoeke en fyngeborduurde dooprokkies. Ek kan glad nie by hulle kers vashou nie.

      My ouma Susan Coetzer (aan my pa se kant) was so ’n vlytige, dinamiese, diep gelowige boervrou. Haar ryswafels en biltong was voortreflik; so ook haar ingelegde groenvye en fyn hekelwerk. Sy het nooit met minder as ’n goue medalje in elke kategorie by ’n landbouskou weggestap nie. En ook nooit net een oomblik rustig gesit en gesels nie. Sy was altyd besig om iets te bak of te brei of te reël – van bidure tot die opveiling van stoetbeeste.

      Skoukoeke, soos my ouma Susan, kry dikwels die bynaam “Hoofmeisie”. Hulle het dryfkrag. Hulle is gebore leiers en perfeksionisties ingestel op die fynste besonderhede. Hulle strewe altyd daarna om kop en skouers in hulle gemeenskap uit te blink. Hulle is ingestel op prestasie en stal ook graag hulle sertifikate en medaljes vir hulle wenkoeke en terte uit.

      Ek het groot waardering vir vroue wat in soveel komitees dien en so vlytig met hulle talente woeker, al intimideer hulle my ietwat met al die wenkoeke en wenterte wat hulle 24/7 uitstal. Hierdie dinamiese vroue se tyd en energie word oorwegend in dinge buite hulleself belê. Hulle voel hulle as vroue is waardevoller en kry meer erkenning wanneer hulle hulleself voortdurend dryf en iets konkreets in die hand het om aan ander te wys. Hierdie vroue is nie tevrede met die beskeie titel van ma en huisvrou nie, en hulle wys graag hulle talente vir die hele gemeenskap.

      Ongelukkig het hierdie formidabele skoukoeke met al die selfopgelegde druk selde ’n vry oomblik (of hand) vir haar gesin tussen al die vergaderings, funksies en spoggebak waarvoor sy ma staan. Haar man en kinders word gereeld oor naweke warm gehou met ’n bordjie oorskietkos in die louoond, die skoothond en ’n spoggerige hekelkombersie oor die knieë voor die TV.

      Ek self was baie jare lank prestasie-georiënteerd. Om ’n wenperd te wees het beteken ek het groter waarde in die oë van die wêreld. My prestasies het my onseker self verseker ek is wel goed genoeg om liefgehê te word.

      Deesdae voel en dink ek anders. Ek is goed genoeg. Net soos ek is. Punt.

      Ek ontgin steeds my gawes en talente met passie en oorgawe, maar ek besef ek is net so waardevol vir die Here – sonder al die wentrofeë op my boekrak. My eerste prioriteit is om – ook te midde van my druk program – genoeg tyd opsy te sit vir my verhouding met die Here, my familie en ’n paar hartsvriende.

      Bemoediging en wenke vir Skoukoeke

      Daar word gesê: Stilte is die taal wat God praat, en alle ander tale is bloot ’n swak vertaling hiervan.

      Breek daarom gereeld weg van die skoue van die wêreld en kom tot stilstand. Wees dapper en bespreek vir jou ’n alleennaweek weg – net jy, op jou eie. Los alle pliglysies by die huis. Skakel jou selfoon af en sit rustig by die Here. Haal net asem. Neem voorraadopname van wat jy die afgelope ses maande met jou tyd gedoen het. Het jy jou tyd oorwegend in allerlei doendinge belê? Is daar balans in jou lewe? Vra die Here om jou te help om die balans en die prioriteite in jou lewe te herstel.

      Vra jou af wat jou so dryf om gedurig te wil presteer of besig te bly. Is dit dalk om ander te beïndruk? Dalk om meer waardevol en meer menswaardig te voel? Is jy miskien op soek na ander se erkenning, ’n behoefte wat gewoonlik spruit uit ’n gevoel van minderwaardigheid en ongeborgenheid in jouself? Wie is jy wanneer jy gestroop word van alle titels en prestasies? Hoe voel dit?

      Ek self het lank my sekuriteit in dinge buite myself gesoek, eerder as in eienskappe in myself. Eers toe ek gestroop is van alles aan die buitekant wat my identiteit omlyn het – soos my huwelik en sakeonderneming – kon ek my waarde werklik in God se genade en liefde vind. Dit was bevrydend om te weet: Ek is goed genoeg, sonder enige versierings of prestasies, net soos ek is. Warts and all.

      Stel jou oop om te hoor waar jy as gedrewe Skoukoek dalk aanpassings moet maak en afskaal. Maak seker jy vind jou blywende identiteit en sekuriteit altyd eerstens in God se blywende liefde en aanvaarding, eerder as by die skoue wat kom en gaan.

      Liefde word immers só gespel: T-Y-D. Maak tyd vir jou verhouding met God, met jouself en met jou naastes.

      Slypskool vir Skoukoeke

      Dink nou mooi na oor hierdie vrae en skryf jou antwoorde in jou joernaal neer.

      •Is jy ’n Skoukoek? Motiveer jou antwoord.

      •Het jy sommige van die eienskappe van ’n Skoukoek?

      •Wat is jou sterkpunte?

      •Wat is jou swakhede?

      •Wat is jou natuurlike talente?

      •Wat is jou geestelike gawes, geïnspireer deur die Gees van die Here?

      •Wat is jou drome?

      •Wat is jou passies?

      •Hoe lyk die nuwe jy waarin jy wil verander?

      •Watter СКАЧАТЬ