Uit die beek 2018. Barend Vos
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die beek 2018 - Barend Vos страница 19

Название: Uit die beek 2018

Автор: Barend Vos

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия: Uit die Beek

isbn: 9780796320346

isbn:

СКАЧАТЬ ontevredenheid nie. Hoe skoorvoetend is ons berou nie; dikwels ontbreek dit heeltemal. Wat ’n verleentheid om dit hier te moet sê …

      Maar die vreemdste is dit: Sedert Christus is daar die nouste moontlike verband tussen straf en vergifnis. Hy het eersgenoemde gedra, onskuldig. Hiermee het Hy laasgenoemde verwerf, en dit verstommend genoeg uitgedeel aan dié wat gestraf moes gewees het.

      ____________________

      Here, ek kyk op na U. Skuldig, tot die dood toe verleë. Maar … dankie vir Jesus.

      Maandag 12 MAART 2018 Lees Psalm 107:1-3

      Refrein

      “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” (v. 1).

      Hierdie refrein oor God se eindelose liefde was goed in Ou Israel bekend – gaan lees maar Psalm 100, Psalm 118 en veral ook Psalm 136. Uit volle bors klink dit in al hierdie liedere op. Soos ’n goed geoefende hallelujakoor.

      God se goedheid word besing, want Hy het Hom in die geskiedenis laat geld. Deurlopend is dít die tema: Hy het Hom by menslike leed ingelaat en ’n beslissende verskil gemaak; Hy het op die regte tyd ingegryp en die kwaad omgekeer; Hy het sy kinders beskerm, vir tyd en ewigheid. Waarlik, aan sy liefde is daar geen einde nie!

      In hierdie psalm is dit die bevrydes wat aangesê word om dié refrein te herhaal. Hulle wat eens verdwaal was en wat weer deur die goeie Herder bymekaargemaak en na die trop teruggebring is, word opgeroep om saam te sing: Aan sy liefde is daar geen einde nie!

      Dit sal nie sleg wees as hierdie refrein ’n nuwe asem kry nie, ook in óns tyd. Natuurlik is God se liefde eindeloos, maar gaan sê dit nou vir ontevrede mense, ook kerkmense? Wie het al probeer om gelowiges te leer om ’n enkele sinnetjie lofprysing of dankbetuiging in hul gebede op te neem? Want waar sal daar plek wees tussen die eindelose vrae en versoeke?

      Watter Christen ken jy wie se eerste gebedsin só lui: Here, ek prys u Naam? En wanneer laas het jy ’n gebed gebid sonder ’n “gee my”-refrein, ’n “asseblief tog”-koortjie?

      ____________________

      Ek loof U, Here, want U is goed, aan u liefde is daar geen einde nie. Halleluja!

      Dinsdag 13 MAART 2018 Lees Psalm 107:17-22

      Kindwees

      Party het dwaas opgetree … (v. 17).

      Daar is min twyfel daaroor dat gelowiges wat hulle deur die eeue tot God gewend het om hulle asseblief te help, dikwels die argitekte van hul eie ondergang was. Dat hul ellende nie sommer aan die duiwel, die noodlot, slegte geluk, toeval – of wat ook al; kies jy maar jou verontskuldiging – toegeskryf kan word nie. Dat die skuldige se gesig geraam is in die spieël waarin jy jou kommerplooie tel.

      Hulle weet dit. Dit is daarom dat hulle verwonder staan voor ’n God wat optree, wat ingryp, wat hulle bevry. Wat hulle van hulleself red. Daarom word sy “genade, onbeskryflik groot” so graag besing. Sluit die frase “nie uit verdienste nie, maar uit genade” menige gebed af. Waarlik: Aan sy liefde is daar geen einde nie!

      Hierdie uittreksel uit die psalm help ons om ’n bepaalde aspek van die eindelose Goddelike liefde beter te verstaan: dit ruim op. Ja, dat God soos ’n vader, ’n moeder, die kinders se gemors agter hulle optel. Die foute wat hulle gemaak het, regstel.

      Die minste wat hulle dus kan doen, is om dankie te sê. En dan nie met ’n argeloosheid wat goedkoop woorde voortbring nie. Tog nie met ’n kinderagtige “ek sal nooit ooit weer nie”, maar met die soort berou wat dankbaarheidsdade tot gevolg het.

      Laat daar tog by ons ’n dieper besef groei oor wat dit God gekos het om in te gryp. ’n Dankbare wete wat uitgroei in woorde soos: Hier is ek, u geredde kind. Wys my waar ek genesing kan bring, soos ek genees is.

      ____________________

      Stuur my, Here, na waar my ingryping ’n verskil kan maak. Hou my bewerige hand vas, skoei my onwillige voete.

      Woensdag 14 MAART 2018 Lees Efesiërs 2:1-3

      Ons

      So het ons trouens vroeër ook almal gelewe (v. 3).

      Paulus is toe nie een van daardie vingerwysende predikers wat net “julle! julle! julle!” nie; hy wys ook na homself, en sê “ons”.

      Dit is sekerlik soos dit hoort wanneer daar van “oortredings en sondes” (v. 1) sprake is. Wie reken dat hulle mag buk om die eerste klip op te tel, moet liefs begin koes vir die regspraak van ’n hoër gesag.

      Daarom is dit vreemd dat gelowiges, van alle mense, so graag oordeel en veroordeel. Maklike menings oor al wat leef en beef het én nie huiwer om dit uit te spreek nie. Hulle gooi lankal nie meer klippe nie, hulle klim sommer kaalvuis in en slaan hard. Hiervoor gebruik hulle frases soos: Die Bybel sê …; die Here sê mos …; die Heilige Gees het vir my gesê …

      Maar Paulus vereenselwig hom met die skuld aan ’n lewenswyse wat oorheers is deur sondige begeertes en die gevolglike ellendige dade. Mea culpa! sug hy dit uit. Ook ék het hieraan skuld.

      Op hierdie manier wys hy aan sy lesers waarom hy goed weet hoe hul sondige lewe lyk: Hy was self daar, hy kan eerstehands daarvan getuig. Met hierdie empatiese erkenning kan hy begin om hulle op ’n oplossing voor te berei, een wat klaarblyklik vir hom ook gewerk het.

      Hoe anders as die hedendaagse heiliges tree Paulus nie op nie! Sonder oordeel of veroordeling, sonder vroomheid of versie. Net maar met eensgesinde broederskap. En met die oog stip op uitkoms gerig.

      ____________________

      Here, help my ook om te onthou hoe ver U my gaan haal het, hoe diep U my moes uithaal.

      Donderdag 15 MAART 2018 Lees Efesiërs 2:4-10

      Maar God …

      Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God (v. 8).

      Julle sondes het julle ingehaal, sê Paulus vir die gemeente in Efese. Dit was by ons ook só, erken hy, en vervolg: “Maar God is ryk in barmhartigheid …” (v. 4).

      Maar God …

      Dit is waarskynlik die kortste opsomming van die Christusevangelie. Ná alles wat verkeerd geloop het, ná elke oortreding van God se wil, ná die laaste moedelose sug oor sonde se heerskappy, kom daar hierdie oorstelpte uitroep: Maar God …!

      Ja, dit is Hý wat ’n stokkie steek voor elke bose opmars of menslike moedswilligheid. Hy voorkom groter ellende, Hy herstel die skade. Hy doen die genadige ingryping, Hy bring die lewegewende redding. Uiteindelik is dit dan ook Hy wat die droogmakers óórmaak. Wat dié wat deur sonde doodgemaak is, weer ’n nuwe lewensasem gee. ’n Ewigheidsasem.

      Dit alles, sê Paulus, is slegs ’n illustrasie van die verbluffende genade wat God aan die onverdienstelikes bewys. Dit behoort hulle verleë te maak, stillerig. Beskeie. Hulle kon toe niks tot hul eie redding bydra nie. Die nuwe asem is ’n blote guns, die nuwe hoop ’n geskenk wat sonder voorwaardes uitgedeel is.

      Gebruik СКАЧАТЬ