Название: Ek kies steeds die kerk
Автор: Neels Jackson
Издательство: Ingram
Жанр: Религия: прочее
isbn: 9780796318091
isbn:
Sy praat by baie kerke van verskillende denominasies oor dié tema. Vanjaar het sy reeds by sowat honderd kerke gepraat. Twee naweke gelede het sy van die Donderdag tot die Maandag sewe optredes gehad. Aan sulke optredes verleen sy hoë prioriteit, al geskied dit bo en behalwe haar akademiese werk by Unisa.
Die goed waaroor sy praat, suig sy nie uit haar duim nie, sê Landman. Dit is ervarings van mense wat sy in die praktyk teenkom. En sy sien hoe mense wat na haar luister, ontdooi omdat sy oor hul ervarings praat.
Baie van die ervarings waarmee sy te doen kry, kom uit die geselsgeskiedenisprojek wat sy vir Unisa se Instituut vir Teologie en Religie doen. Dit behels dat sy met mense van verskeie kerke gaan gesels en hul stories dan opteken.
Daar is talle stories van lyding maar deur dit op te teken, help sy mense om dit met hul eie godsdienstigheid te integreer. Dis ongelooflik bemagtigend vir mense wat nie dink hulle het ’n storie wat iets werd is nie, as hulle sien hoe hulle eie verhale opgeteken is, sê Landman.
En dis veral vroue wat dink hul eie stories is nie belangrik nie.
Haar tweede bron is die terapie wat sy doen as deel van die doktorsgraad in pastorale terapie (haar tweede doktorsgraad) waarmee sy besig is. By die Kalafong-hospitaal, waar sy deel van haar praktiese werk doen, is dit stories van verlies wat sy teenkom.
Die soort van ervarings wat daar uitkom, is dat ’n vrou Sondag haar dogter begrawe wat dood is weens vigs, terwyl hulle nie geweet het sy het die siekte nie. Maandag word die vrou se man doodgeskiet in taxigeweld en Dinsdag word sy self verkrag.
In die terapie wat Landman in die wit gemeenskap doen, kom daar talle verhale van vroue se lyding in huwelike na vore.
Sy haal statistiek aan uit navorsing in Australië as aanduiding van hoe dit ook in Suid-Afrika gaan. In tussen 70% en 90% van voorhuwelikse verhoudings in die middelklas is daar reeds sprake van verbale geweld. In 30% van sulke verhoudings is daar fisieke geweld.
Sy het self gewerk met twintig gevalle van vroue wat in psigiatriese klinieke opgeneem is ná verbale geweld deur hul mans. Dit is oor dié soort goed wat sy in kerk ná kerk praat, soos onlangs in die NG gemeente Bloemfontein-Noord. Dis in dié verband dat sy vir mense voorbeelde noem van goed wat gebeur. Soos dat ’n professionele vrou by die huis kom en deur haar man as ’n “dom doos” uitgeskel word.
As sy só iets aanhaal, is dit juis om vir mense te sê dís die soort taal wat nie in verhoudings gebruik moet word nie. Daar is talle sulke voorbeelde. Sommige is baie erger, sê Landman. “Wil die kerk nie daarvan weet nie?”
In Bloemfontein-Noord het sy haar boodskap oor verhoudings en die seer en gesond daarvan aan die hand van tien verhoudings in die Bybel gebring. Die gemeente het dit goed ontvang. Die dominee het gesê dié goed gebeur, sê Landman.
Sy dink ’n oomblik na as ’n mens haar vra oor die styl waarin sy praat en skryf.
“Ek probeer miskien woorde vat waar hulle nog nie was nie, maar dis héélmaakwoorde. Dis nie dat jy stir en jy los dit daar nie.” Haar boodskap is: “Hierdie is die woorde wat onder ons leef wat mekaar seermaak, maar daar is ander waarmee ons met mekaar kan praat.”
Ja, sê sy, sy het ook ’n pad geloop. Die bydraes wat sy deesdae vir Beeld se rubriek “Godsdiens Aktueel” skryf, lyk anders as dié wat sy geskryf het toe sy meer as vyf jaar gelede daarmee begin het.
Maar dit lyk vir haar daar is waarskynlik ’n gaping tussen haar en die samelewing. Sy besef nie altyd dat haar woorde mense ontstel nie. Sy doen dit nie met opset nie, maar omdat mense gewoond is aan kanseltaal … Sy val haarself in die rede. “Jy weet mense gooi kansels uit, maar hulle het nog nie kanseltaal uitgegegooi nie.”
Dit bring haar by ’n belangrike ding wat sy probeer doen: om ’n nuwe godsdienstige taal te kweek. Sy probeer doelbewus tradisionele godsdienstige taal ondermyn. Nie om die kerk te ondermyn of om mense se godsdienstige ervarings te ondermyn nie. Die godsdienstige tale wat die kerk het, Calvinisme en piëtisme, laat die kerk nie toe om oor sekere goed te praat nie. Dit laat die kerk toe om te praat oor goed soos die oersonde, egbreuk, die siel, sonde, noem sy op.
“Maar dit laat ons nie toe om te sê ek kry seer as iemand my ’n dom doos noem nie.” Dit laat nie gesprekke oor vroulike ervarings toe nie. Dit laat ook net een soort gesprek oor seks toe: moet en moenie. Dit laat ’n mens nie toe om oor seks te praat as kommunikasie nie. “Ek wil hê ons moet ’n godsdienstige taal hê waarin ons daaroor kan praat.”
Nee, sê sy, dit was nie die regte woordkeuse om te praat van “verpligte” seks voor die huwelik nie, dat dit ingestel moet word nie – nog ’n uitspraak waarmee sy die laaste tyd in omstredenheid gedompel is. Maar dit was in elk geval bloot bedoel as debatspunt en nie as ’n waarheidsuitspraak nie.
Die agtergrond was haar ervaring van vroue wat mislei is oor seksualiteit voor hulle getroud is. Wat wel verpligtend moet wees, is om seksualiteit voor die huwelik uit te sorteer, soos jy jou geldsake voor die huwelik uitsorteer. Hóé weet sy nie, maar dit moet gedoen word.
Daar is hartseer in haar stem as sy sê: “Ek sien nie baie gelukkige huwelike nie.” Daarom dat sy ’n nuwe godsdienstige taal wil sien groei sodat mense daaroor kan praat.
En kan heel word.
(Uit Beeld, 5 September 2000.)
DIE GROOT SOEKTOG NA DIE HISTORIESE JESUS
In akademiese kringe bestaan die afgelope anderhalf eeu ’n soektog na die “historiese Jesus.” Miskien omdat die resultate soms so omstrede en skokkend is, het kerke dit tot dusver grootliks geïgnoreer. Tog meen sommige teoloë die kerke behoort ernstige aandag daaraan te gee.
Die soektog na die historiese Jesus het in die 18de eeu begin toe die Duitser Hermann Reimarus tot die insig gekom het dat die vier Evangelies, met hul onderlinge teenstrydighede en verskille, nie historiese dokumente in die moderne sin van die woord was nie.
Dié tekste, wat dekades ná die kruisiging ontstaan het, moet eerder gelees word as verhale wat mense van die jong groeiende kerk van bepaalde geloofstandpunte wou oortuig. Die prentjie van Jesus wat daarin geteken word, is dus ’n geloofsprentjie en nié ’n akkurate historiese beeld nie.
Dié insig het daartoe gelei dat ’n onderskeid getref is tussen die “historiese Jesus” en die “verkondigde Christus.” Daar word ook onderskei tussen die “verkondiger” (Jesus wat tydens sy lewe as mens ’n boodskap oor die naderende koninkryk van God gebring het), en die “verkondigde” (dié Jesus wat deur die kerk as Verlosser verkondig is); of tussen die Jesus vóór Pase (en die kruisiging) en die Jesus ná Pase.
Terwyl die Bybel vol is van die verkondigde Christus, het die soektog begin om die historiese Jesus te probeer peil. Die navorsing het tot verskillende profiele van Jesus gelei, soos dat Hy ’n politieke revolusionêr, ’n morele leraar of ’n apokaliptiese prediker was. Dit het ook gelei tot groot botsings met die kerk en party teoloë is uit hul leerstoele gesit.
Sowat ’n eeu gelede het daar ’n wending gekom met die oortuiging dat daar eintlik te min historiese bronne is om hoegenaamd die historiese Jesus te agterhaal. Albert Schweitzer het gesê navorsers wat profiele van Jesus opstel, is eintlik net besig met profiele van hulself.
Rudolf Bultmann, die reus onder die 20ste-eeuse Nuwe-Testamentici, СКАЧАТЬ