Ek kies steeds die kerk. Neels Jackson
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ek kies steeds die kerk - Neels Jackson страница 6

Название: Ek kies steeds die kerk

Автор: Neels Jackson

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796318091

isbn:

СКАЧАТЬ

      Hy plaas die proses teen die agtergrond van die breë literêre verwysingsraamwerk wat hy oor ’n leeftyd van 75 jaar opgebou het.

      “Jy weet, ons dweep met die Griekse poësie en ons dweep met die Latynse poësie, maar ons vergeet van die Hebreeuse poësie. Dawid was ’n digter.”

      Om die Joodse poësie van Dawid in sy eie taal om te dig, was ’n vreugde, al was dit soms moeilik. Die eindproduk moes aan streng dissiplines voldoen. Dit moes byvoorbeeld getrou bly aan die oorspronklike teks. “Jy kan nie soos ’n Middeleeuse monnik wat iets oorskryf, jou eie ding gaan bydoen nie,” lag Cloete.

      Verder moet die eindproduk goeie, digterlike Afrikaans wees. Die moeilikste was die musikale eise. ’n Teks moet ook singbaar wees. Die woord-toon-verhoudings moet reg wees.

      “Maar ek het gehou van die dissipline.” Cloete gesels uitvoerig oor die Joodse poësie waarmee hy gewerk het, oor die eienaardighede daarvan; die parallelismes, herhalings en eiesoortige metafore en aspekte soos klankspel wat verlore gaan as iets in ’n ander taal omgesit word.

      Soos telkens in die gesprek gebruik die digter ’n beeld om dié verlies te beskryf: “As jy ’n vertaalde teks lees, is dit so goed asof jy deur ’n sakdoek soen.” Tussen die lag deur voeg hy vinnig by: “Maar ek wil darem sê jy kan partykeer lekker soen deur ’n sakdoek.”

      Die ander beeld wat hy gebruik, is dat dit is soos om jou voete te was terwyl jy sokkies aanhet.

      Maar winste is ook moontlik met die verwerking van ander skrywers se tekste. “Ja, daar is van Shakespeare gesê dat hy gesteel het van digters voor hom, maar die baadjie wat hy gesteel het, pas hom beter as die ou van wie hy dit gesteel het.”

      Maar Cloete het nie net op vertaalde weergawes van die psalms staatgemaak nie. Op universiteit het hy self Hebreeus I gedoen. Hy wou immers predikant word totdat polio hom in sy eerste jaar platgetrek het.

      Sy hande en arms beduie as hy oor die psalms praat. Dit beduie die drie sirkels waarmee Psalm 121 werk, die parabole wat ’n mens in Psalm 8 kry. Psalm 90, die psalm van Moses, is “die Everest van die psalms.” Hy dink ’n oomblik oor die beeld, speel met “die Olimpus van die psalms” en besluit dan op “die Sion van die psalms, as ek dan nou ’n berg moet kies.”

      “Psalm 90 is die biografie van elke mens op aarde. Dis wat met elkeen van ons gebeur. Nee, die Joodse psalms is gedigte deur en deur.” Maar, antwoord hy op ’n vraag, die psalms is ook nie deurgaans goeie poësie nie. Daar is party wat “’n bietjie vervelig” is, “bietjie ondigterlik.” Hy vertel van ’n psalm waar die tien plae ter sprake kom. “Daar is nie poësie in die tien plae nie.”

      Maar dit is hoe dit gaan met enige oeuvre. “Die hele Van Wyk Louw is nie goed nie. Die hele Opperman is nie goed nie. Mozart kan ook maar sáág, hoor. En Bach ook. Daarom kan jy sê: ‘Ag, Bach!’ of jy kan sê: ‘Music has its charms, except when it’s Brahms!’ Ek is lief vir Brahms, maar g’n kunstenaar … Van Gogh is nie altyd goed nie, Rembrandt ook nie.”

      Hy trek dit verder deur. “Alle Mercedes-Benze is nie goed nie. Daar is mense wat ’n Mercedes-Benz koop en dis ’n flaw.”

      Maar die avontuur het ook ’n geestelike kant gehad, “want ek het gevind dit dek ons totale menslikheid.” Daar is sonde, daar is heiligheid, daar is berou en daar is opstand, daar is pleidooie en daar is bakleiery met God in die psalms. (Cloete val homself in die rede om te vertel hoe hy by die Klaagmuur in Jerusalem gesien het hoe hamer ’n Jood met sy vuiste teen die muur terwyl hy met God baklei. Dan hervat hy sy lysie.) Die psalms het deemoed en hoogmoed; daar is twee psalms wat psalms van depressiwiteit is.

      En dan is daar ook die vloekpsalms, dié psalms waarin die vyand verwens en vervloek word en wat dikwels vandag in kerke as problematies ervaar word. Soos Psalm 137, wat afsluit met: “Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen ’n klip verbrysel.”

      In sulke gevalle het hy met die toestemming van die Psalmkommissie maar versag. “’n Mens sal iets sê soos ‘mag dit dan ook sy nageslag tref.’ ”

      Een oggend, vertel Cloete, sit hy met só ’n vloekpsalm en hy vorder nie. “Jy moet getrou bly aan wat hier staan en ek kom nie reg nie, en ek loop hier uit en gaan posbus toe en kry ’n aanslag van die inkomstebelasting waarin hulle sê hulle het my dokumente nagegaan van die afgelope vyf jaar en ek weet nie hoeveel duisende rande moet ek betaal nie … Ek het teruggekom en toe die son sak, was daai vloekpsalm klaar. Tóé begryp ek jy kan heilig verontwaardig raak.”

      Opperman was reg, sê Cloete, oor hoe ’n digter homself moet inleef in allerlei wêrelde. Hy haal aan: “Sewe selwe in myself gesluit.” ’n Digter moet sewe selwe hê. Jy moet as digter jouself kan verplaas. Jy moet onder ’n ander vel kan inklim. Hy verwys na sy gedig “Kleurloos” in die bundel Jukstaposisie, waarin hy dit het oor mense wat net een lewe in een liggaam leef, terwyl daar baie liggame is waarin ’n mens kan woon.

      Self lewe hy “in drie verdiepings.” Hy lees graag oor die geologie, “want ek wil weet wat onder my aangaan.” En hy stel belang in die astrofisika – “nie dat ek altyd grondvat nie, maar ek verstaan darem waaroor hulle praat” – omdat hy wil weet wat bokant hom aangaan.

      Dis soos Psalm 8 “wat gaan van die visse in die water onder ons voete, tot in die verste sterre; dis ’n psalm wat alles dek waarvan ons weet …”

      Hy vertel hoe hy te werk gegaan het. Op een bandjie het hy die teks van die psalm opgeneem, op nog een die wysie. Dan het hy oor en oor in die motor daarna geluister as hulle byvoorbeeld afry Onrus toe. “Op dié manier leef jy met die ding in jou en ná ’n tyd kom dit maklik.” In Onrus het hy dikwels in vriende se strandhuis gewerk aan die psalms, en as hy vashaak, gaan visvang.

      “Ek het een oggend gesien,” en hy val homself laggend in die rede om te wys hoe ’n gek beeld hy nou gebruik, “hier kom Moses op Poseidon se rug aangery. Toe het ek Psalm 90 gekry.”

      En terwyl die kommissies wat sy werk moes nagaan en goedkeur hom soms vies gemaak het, is hy baie dankbaar vir die steun wat hy ook van dié mense gehad het. Hy noem prof. Herrie van Rooy as Ou Testamentikus, dr. Daleen Kruger as musikoloog, dr. Heilna du Plooy as literator. Daar was proff. Cas Vos, Riempies Prinsloo, Attie Barnard en Gerrit Olivier, almal lede van die kommissies wat met die psalms werk.

      Noudat hy klaar is, is hy tevrede met sy werk, maar in Churchill se woorde sê hy: “I am unhappy without a war.”

      Op sy leeftyd is daar baie mense wat Maandag bank toe gaan en kyk hoeveel geld hulle het, sê Cloete. Die res van die week weet hulle nie wat om te doen nie. Só kan hy nie leef nie. Daarom is hy jammer dat dit verby is. Hy sal nou maar ’n ander avontuur soek.

      (Uit Beeld, 15 April 2000.)

      CHRISTINA VRA MINDER BEPERKENDE GODSDIENSTAAL

      (Christina Landman)

squiggle.jpg

      Toe Beeld Saterdag op sy voorblad lei met ’n berig onder die opskrif “Teoloog skok met d-woord,” het daar ’n lamheid oor haar gesak, sê prof. Christina Landman van Unisa. Word al haar werk dan nou só van die tafel gevee? het sy gewonder. Ek het met haar gesels oor haar werk en oor taalgebruik.

      Sowat twee jaar gelede het prof. Christina Landman ’n skuif in haar teologie gemaak van ’n teologie van bevryding na een van heling. Haar feministiese teologie was byvoorbeeld СКАЧАТЬ