Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux страница 14

Название: Kan ek maar aan jou selluliet vat?

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Здоровье

Серия:

isbn: 9780624050773

isbn:

СКАЧАТЬ – waar dit vandaan kom, weet niemand nie – is inderdaad deur navorsing verkeerd bewys. Volgens die Kinsey-instituut in Amerika (genoem na die beroemde seksnavorser Alfred Kinsey en sy span, wat baanbrekerswerk in die 1940’s en 50’s gedoen het), dink meer as 50% van mans elke dag aan seks, meer as 40% ’n paar keer per week of per maand, en 4% een keer per maand of minder.

      Die plaaslike Health24-meningspeiling van 2009 het getoon die meeste mans (65,8%) dink elke dag aan seks terwyl die grootste groep vroue (41,8%) elke week daaraan dink.

      Dis ook bevind 91% van mans het seksuele fantasieë, gewoonlik oor seks met hul eie maat of met ’n vorige maat. Trouens, navorsing in 2004 het getoon mans se seksuele fantasieë draai dikwels om die plesier en bevrediging van hul eie maat.

      (En jy’t gedink hy sit en bespiegel in sy kop oor die buurvrou?)

      11. Wat steek dan nou hier kop uit?

      Só werk ’n ereksie

      I wonder why men get serious at all. They have this delicate, long thing hanging outside their bodies which goes up and down by its own will. If I were a man I would always be laughing at myself.

      – Yoko Ono

      Die boodskap kom reguit van sy brein af en skiet deur na die senuwees in sy pelvis: Jy hou van wat jy sien, sê sy brein, maak jou gereed vir genot. Sonder hierdie breinboodskap, en testosteroon, sal daar nie ’n ereksie wees nie.

      Daar is twee soorte.

      1. ’n Refleks-ereksie gebeur onwillekeurig wanneer die penis aangeraak of gestimuleer word. Senuwees in die onderste gedeelte van sy rugmurg is betrokke. Dit gebeur ook wanneer ’n man slaap, drie tot vyf keer per nag. Daar word bespiegel ’n vol blaas kan die oorsaak wees. Hy kan selfs ejakuleer, die sogenaamde “wet dream” of nagtelike ejakulasie, wat veral vanaf puberteit algemeen gebeur vanweë verhoogde hormoonvlakke – met die bekommernis dat sy ma dit gaan agterkom aan sy nagklere. Hy self kom dit eers agter wanneer hy wakker word. (Jy kan ook nagtelik ejakuleer wanneer onwillekeurige vaginale lubrikasie in jou slaap plaasvind.)

      2. Die sogenaamde psigogeniese ereksie is ’n reaksie op erotiese of emosionele stimulasie en vind plaas in die limbiese stelsel.

      Salpeteroksied word afgeskei (pure perd), wat die gladdespiere in die drie sponsagtige penisbuise of -kamers (met erektiele weefsel) laat ontspan sodat die buise oopgaan. Die eerste twee buise is die corpora cavernosa en die derde een die corpus spongiosum. Die corpora cavernosa lê weerskante van die corpus spongiosum met die uretra in die middel. Wanneer die buise oopgaan, vloei bloed onder druk in deur die slagare wat na die penis lei. Terselfdertyd maak die are waardeur bloed uitvloei toe vanweë die druk van die bloedgevulde buise, en keer die bloed vas. Meer bloed vloei die penis binne as wat dit verlaat totdat daar ’n balans is tussen bloed wat inkom en bloed wat uitgaan. Hierdie ekwilibrium hou sy ereksie konstant.

      Die bloed maak die penis nie net styf nie, maar ook langer en dikker.

      Daar het jy dit: ’n ereksie.

      Die omgekeerde gebeur wanneer die penis verslap. (’n Vrou se ereksie werk dieselfde. Jy kry dit net op ’n ander plek – in die klitoris en rondom die opening van die vagina.)

      Maar dinge kan verkeerd loop …

      1. Erektiele disfunksie

      Indien die slagare in sy penis nie behoorlik oopmaak om bloed in te laat nie is dit moeilik of onmoontlik om ’n ereksie te kry. Erektiele disfunksie (ED, vroeër impotensie genoem) beteken hy kan nie ’n ereksie kry of lank genoeg behou om die seksdaad deur te voer nie.

      Partykeer sukkel hy net nou en dan om ’n ereksie te kry, of die ereksie is nie ferm genoeg nie – ’n sogenaamde “lui” ereksie. Maar as ’n man oor ’n sekere tydperk nie ’n ereksie kan kry nie, is daar fout.

      Die redes kan veelvuldig wees, maar dis gewoonlik sielkundige faktore, die man se ingesteldheid teenoor seks of dalk skuldgevoelens. (“Jy gaan hare op jou handpalms kry! En dan gaan jy blind word!”)

      Ander oorsake is mediese toestande, soos kardiovaskulêre probleme, bloeddruk en bloeddruk-medikasie, verhoogde cholesterol of diabetes, te min testosteroon (bekend as hipogonadisme), of dis ’n newe-effek van ander medisyne, soos antidepressante. Dwelms soos kokaïen en heroïen speel ook ’n rol. So ook alkohol, hoewel ’n matige hoeveelheid ’n seksopkikker is. (It provokes the desire, but it takes away the performance. – Shakespeare.)

      En nikotien vernou die are in die liggaam, ook in die penis, sodat bloed nie so maklik kan invloei nie – dis bewys ED kom 85% meer voor by rokers as by nie-rokers.

      Stres, angstoestande en oorgewig eis ook hul tol. Of doodgewone moegheid. Sit daarby die vrees vir mislukking in die bed (performance anxiety).

      En miskien moet hy nie so baie fietsry nie! ’n Studie (2002) onder polisiemanne op fietse het ’n verband bevind tussen die aantal ure in die saal en ED …

      ED tref sowat een uit tien mans, die een of ander tyd in hul lewe. Hoe ouer, hoe meer. Dit raak die helfte van mans bo 40.

      Die International Index of Erectile Function (IIEF) is ’n vraelys, ingestel in 1997, wat algemeen gebruik word om die graad van ED vas te stel. Die man beantwoord bloot vrae oor sy seksuele ervaring die afgelope vier weke. Dis ontwerp om die volgende vyf erektiele “domeine” op ’n skaal van 1 tot 5 (erge disfunksie tot geen disfunksie nie) te bepaal: a. erektiele funksie, b. orgasmiese funksie, c. seksuele begeerte, d. satisfaksie tydens seks, en e. algemene satisfaksie.

      Verskillende behandelings is beskikbaar – van testosteroon-aanvullings tot pille soos Viagra, Levitra of Cialis. Die ekstra testosteroon sal hom lus maak, maar die genoemde drie pille werk in op die bloedvate en sal ’n ereksie aanbring, maar hom nie noodwendig lus maak nie. (Hoekom dan in die eerste plek die pil sluk, man?)

      Sy dokter sal kan voorskryf wat die beste is. Onthou, ED kan ’n aanduiding van hartprobleme wees. Dit moet liefs nie geïgnoreer word nie.

      Die baanbreker van behandeling in pilvorm was ’n Britse fisioloog, Giles Brindley. Hy’t ’n klomp uroloë op ’n kongres in Las Vegas (reeds in 1983) byna agteroor laat val deur homself op die verhoog direk in sy penis in te spuit met fentolamien. Hy’t oombliklik ’n ereksie gekry. Dié middel dien as ’n verslapper van die gladdespiere in die bloedvate van die penis, wat die weg baan vir meer bloed omdat die bloedvate dan ontspan. Dit gee ’n ereksie wat ’n paar uur sal hou. (Gladdespiere speel ’n kardinale rol in enige ereksie.)

      Voor dr. Brindley se manewales is gedink die oorsaak van ED is bloot sielkundig, in ’n man se kop. Hierna was ’n inspuiting met ’n baie dun naald direk in die penis (kan jy dink?!), deur die man self toegedien, ’n algemene oplossing vir ED.

      Totdat navorsers in 1998 by middels soos Viagra uitgekom het …

      2. Premature ejakulasie

      Dit kan ’n man baie ontoereikend en … onmanlik laat voel. Julle het nog nie begin nie, dan’s hy al klaar en jy voel afgeskeep.

      Hoe gou is te gou?

      Die eenvoudige antwoord: Dit is te gou as dit inmeng met ’n bevredigende sekslewe vir júlle. Volgens die Amerikaanse Urologiese Vereniging tref dit 27-34% van mans. Navorsers (2005) reken as dit minder as een en ’n halwe minuut duur voor hy ejakuleer, kan dit as premature ejakulasie beskou word. Dit hang natuurlik af of hierdie СКАЧАТЬ