Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux страница 15

Название: Kan ek maar aan jou selluliet vat?

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Здоровье

Серия:

isbn: 9780624050773

isbn:

СКАЧАТЬ of geestelike probleme soos stres, depressie, ’n swak selfbeeld, kwaad vir jou maat, wat ook al. Te min serotonien kan ook ’n rol speel. Of doodgewone hiperkatoolsgeit, hy kan sy lus net nie hou nie.

      (Gewaande) kure is volop. Gaan maar liewer dokter toe om seker te maak wat gaan aan …

      3. Vertraagde ejakulasie

      Dis die ontwykende orgasme, wat eweneens op mediese probleme kan dui: Hy kom net nie klaar nie, hy karring en karring. Terwyl die deursneeman in ’n paar minute ejakuleer, sukkel hy terwyl daardie minute verbytik. Jy verloor later moed.

      Soos hulle in Namakwaland se wêreld sê: “Ek. Kry. Nou. Klaar.”

      4. Priapisme

      Dit het niks met urine te doen nie!

      Die benaming kom van die Griekse god Priapus, wat rondgeloop het met ’n enorme, permanente ereksie … hoewel hulle ook sê hy was impotent, lelik en ’n vuilbek. (Hy was onder meer die bewaarder van manlike genitalieë, so ’n man moet seker nie te sleg van hom praat nie …)

      Priapisme is skaars, maar ongemaklik is nie die woord nie. En pynlik: Sy ereksie wil nie sak nie. (Dit kan met jou klitoris ook gebeur. Dan word dit klitorisme of klitorale priapisme genoem, nou ja.)

      Die oorsaak van priapisme is nie duidelik nie. Dit het vermoedelik te doen met bloedvloei- of chemiese probleme in die liggaam, of neurologiese of rugmurgtoestande en sekere antidepressante. Of dit kan die gevolg wees van middels wat in die penis gespuit word om ED te behandel, of in die pornografie-bedryf wanneer ’n man homself inspuit om langer te kan uithou ter wille van die kamera.

      Komplikasies kan bloedstolling in die penis wees, skade aan die are, selfs gangreen. ’n Totale bôlsup …

      Priapisme word gewoonlik gediagnoseer as die ereksie ná vier uur nog nie gesak het nie. (’n Man gaan nie vier uur wag voor hy dokter toe jaag nie.) En hoe gaan hy dit vir sy vriende verduidelik?

      “Julle sal my nie glo nie, maar ek is in die hospitaal opgeneem met ’n ereksie.”

      5. Anorgasme

      Kan nie ’n orgasme kry nie.

      Mans kan ’n probleem hiermee hê, maar nie sommer nie. Een stukkie statistiek sê een tot tien miljoen mans in die wêreld sukkel daarmee. Hulle bereik ’n orgasme tydens masturbasie, maar nie tydens seks nie.

      Maar dis eerder ’n vroue-probleem. (Na bewering het een van die grootste seksgodinne van alle tye, ondanks drie mans en vele minnaars, nooit ’n orgasme in haar lewe gehad nie. Marilyn Monroe. Sy’t glo dié stukkie nuus met ’n vriendin gedeel.)

      Volgens die Health24-meningspeiling van 2009 is net 1,85% van SA vroue anorgasmies. In Amerika is dit 10%. Kinsey het ook aangekondig dat 10% van alle getroude vroue nog nooit ’n orgasme gehad het nie. Maar dié twee syfers is problematies omdat die verskil so groot is.

      Plaaslik net 1,85%? Wat is in Suid-Afrika se water of het iemand iewers verkeerd getel? (There are three kinds of lies: lies, damned lies and statistics – toegeskryf aan Benjamin Disraeli deur Mark Twain. Statistics are like bikinis. What they reveal is suggestive, but what they conceal is vital. – Aaron Levenstein.)

      So, ’n rekenmeester, ’n makelaar en ’n statistikus gaan ’n bok jag. Die rekenmeester skiet 10 meter te naby. Die makelaar skiet 10 meter te ver. Die statistikus roep uit: “Ons het hom!”

      Of miskien jok respondente bloot omdat hulle nie anorgasmies wil wees nie.

      Baie vroue wat nié anorgasmies is nie kry in elk geval net 50-70% van die tyd ’n orgasme. En vroue met kinders trek aan die kortste ent: In ’n Britse studie (2010) is bevind vroue sonder kinders kry die meeste orgasmes (41%), teenoor net 12% van vroue met een kind. (Minder seks om mee te begin of net te moeg?)

      Daar is drie soorte anorgasme:

      1. Primêre orgasmiese disfunksie – die vrou het nog nooit op enige manier ’n orgasme gehad nie.

      2. Situasiegebonde (situational) orgasmiese disfunksie – die vrou het al ’n orgasme gehad deur byvoorbeeld masturbasie of stimulasie deur haar maat, maar nie tydens seks nie. In een studie (1996) is bevind vroue se kans om “byna altyd” of “altyd” ’n orgasme te kry is beter wanneer hulle enkellopend is as in ’n verhouding.

      3. Sekondêre orgasmiese disfunksie – het gereeld ’n orgasme gehad, maar toe droog dit skielik op.

      Weer eens is die oorsaak dieselfde fisieke of sielkundige probleme. In 90% van gevalle is dit blykbaar sielkundig. Weer eens performance anxiety, verhoudingsprobleme met jou maat, of jou siening van seks, hoe jy grootgemaak is.

      (“Siesa, moenie daar vat nie!”)

      As dit vir jou ’n probleem is, tel die telefoon op: “Hallo, kan ek ’n afspraak by dr. Woelmuis kry? Nee, dis privaat …”

      6. Vaginismus

      Nóg ’n groot probleem vir sommige vroue (en hul mans, natuurlik, veral hul mans). Navorsingsresultate verskil hemelsbreed: Van 5% tot 47% van vroue sukkel glo hiermee.

      Wêreldwyd het dermiljoene mense iewers elke sekonde van die dag heerlike, begeerlike seks – en hulle het geen benul hoe júlle voel nie …

      Dis wanneer die spiere in die vagina in só ’n mate (onwillekeurig) saamtrek of in ’n spasma gaan dat penetrasie pynlik of heeltemal onmoontlik is. Dis juis die vrees vir pyn wat dit pynlik maak. Die gevolg is geen seks nie, soms jare lank.

      Daar is vier grade van vaginismus, van nie so erg nie tot baie erg. Maar dis behandelbaar, emosioneel en ook fisiek, deesdae nogal met ’n soort Botox (botulientoksien).

      ◊◊◊

      Soos jy sou agtergekom het, het die woord “antidepressant” al ’n paar keer hier voorgekom. Dit saai in die algemeen amok in jul sekslewe.

      Sogenaamde SSRI’s (selective serotonin reuptake inhibitors) vat jou libido én jou orgasme weg. Dit kan mans ook laat sukkel. SSRI’s word onder meer ook voorgeskryf vir angstoestande, persoonlikheidsteurnisse, slaaploosheid. Ook vir premature ejakulasie, want SSRI’s vertraag die proses.

      Weer eens: ’n Afspraak met jou dokter, hoe gouer hoe beter.

      Mite 12: Grootte maak nie saak nie

      Ja, en ja-nee …

      As hy dit nog nie vir jou gesê het nie, mag jy dit nou maar weet: Daar is een ding wat ’n man die een of ander tyd in sy adolessensie gedoen het. Hy het sy skoolliniaal uitgehaal en sy penis gemeet. Êrens tussen klein en groot het ’n man al gewonder of syne nie te klein is nie. Dit kan lei tot ’n gróót onsekerheid. (Die één ding wat jy nooit moet doen wanneer jy ’n man se penis die eerste keer sien nie: Moenie lag nie.)

      ’n Man se perspektief op sy penis is gewoonlik van bo af (voëlperspektief?), wat dit kleiner kan laat lyk as wat dit werklik is, te meer as sy maag êrens in die pad is.

      In 2002 het Hollandse uroloë vroue gevra hoe belangrik is die grootte van hul maat se penis. Vir 20% was die lengte “belangrik” en vir net 1% “baie belangrik”. Vir 55% was lengte “onbelangrik” en vir 22% “totaal onbelangrik”. Vir 21% was dikte “belangrik” СКАЧАТЬ