Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux страница 9

Название: Kan ek maar aan jou selluliet vat?

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Здоровье

Серия:

isbn: 9780624050773

isbn:

СКАЧАТЬ reken julle soen en lek en vry voor seks juis om die ander een se ware reuk verby al die moderne parfuums en lekkerruikgoed te bepaal. Só ruik julle mekaar uit om meer oor die ander persoon se feromone (immuunstelsel) te wete te kom. Praat van persoonlik: Die tong (smaak) en neus (reuk) is fisiek immers baie na aan mekaar tydens die liefdespel van fellatio (L. fellare = suig) en cunnilingus (L. cunnus = vulva, lingere = lek).

      Daarteenoor is daar wetenskaplikes wat reken as julle bloot genoeg tyd saam deurbring, sal julle wel mekaar se ware reuk kry, parfuum of nie.

      Wanneer julle soen, speel die brein saam: Oksitosien (binding) verhoog en kortisoon of kortisol (streshormoon) verlaag. Dis wat Amerikaanse navorsers (2007) verwag het om te vind toe hulle studente enersyds laat soen en andersyds laat handjies vashou het terwyl hulle net gesels. Toe werk dit nie heeltemal so nie, maar dit het wel die belangrikheid van voorspel vir vroue bevestig …

      Hulle het bevind oksitosien styg by die mans, maar verlaag by die vroue. Hul afleiding was dat vroue meer as net ’n soen nodig het om emosioneel te bind of gereed te wees vir seks. Vroue het ’n veilige en meer romantiese atmosfeer nodig as die kliniese laboratorium waar die toetse gedoen is.

      Kortisoon het wel by die mans én vroue verlaag. Soen verlig dus inderdaad stres vir almal. Dit verlaag ook cholesterol!

      ’n Mens kon hulle gesê het mans het in die eerste plek nie ’n soen nodig om gereed te wees nie. ’n Passievolle soen is vir ’n man ’n middel tot ’n doel, anders sou hy jou mos maar net gesoengroet het, dan nie? (A kiss is the upper persuasion for a lower invasion. – Anoniem.) Terwyl jy ingestel is op die emosionele binding om seker te maak hy hardloop nie weg ná die seks en kom nooit weer terug om die kinders te help grootmaak nie.

      Daar’s testosteroon in ’n man se speeksel, en die antropoloog Helen Fisher glo die man probeer dit oordra om die vrou ontvankliker vir seks te maak.

      Daarom hou mans van diep, nat soene.

      Wanneer mense soen, kantel die meeste hul koppe na regs, nes die minnaars maak in Rodin se klassieke beeldhouwerk Die Soen.

      Dit het niks met regshandig of linkshandig te doen nie, volgens ’n Duitse sielkundige. Hy’t mense wat op openbare pleine soen, dopgehou en agtergekom meer as die helfte van die soeners draai hul koppe na regs. Tot 80% doen dit, het ander navorsers bevind. (Soen-navorsing het selfs ’n naam: filematologie.)

      Vermoedelik het dit te doen met laterale breinfunksies soos spraak en ruimtelike waarneming, wat vasgelê word in die baarmoeder. Sowat 80% van ma’s wat borsvoed, links- óf regshandig, hou hul baba in hul linkerarm vas, wat beteken die baba moet sy kop regs draai om haar bors by te kom. Die Duitse sielkundige vermoed dis hoekom julle jul koppe na regs draai wanneer julle soen – om gekoester en veilig te voel.

      Wat beteken as julle na links soen, is jul verhouding dalk nie so warm en liefdevol nie, het ander navorsers afgelei.

      Toe sê Ierse navorsers (2006) dit werk glad nie so nie. Hulle het bevind 77% van mense kantel ook hul koppe na regs wanneer hulle ’n pop soen, en byna ewe veel mense (80%) in Belfast het ook hul koppe na regs gedraai wanneer hulle mekaar soen. Die gevolgtrekking: Om jou kop na regs te kantel wanneer jy soen, is ’n motoriese voorkeur, nie ’n emosionele een nie.

      Solank een van julle nou nie regs mik en die ander een links nie. Dan gaan julle beslis koppe stamp …

      ◊◊◊

      Vroue, 92% van hulle, onthou die eerste keer toe hulle hul eie skoene gekoop het baie beter as hul eerste soen, volgens Britse navorsing (2009), en 96% sê hulle is spyt oor daardie paar skoene wat hulle weggegooi het.

      En Britse mans (2008) onthou hul eerste motor beter as hul eerste soen – 25% van hulle het die motor ’n naam gegee, en meer as ’n derde het seks op die agtersitplek gehad.

      Baie motories.

      7. Soos sjokolade vir verliefdes

      Die sjokolade-effek of PEA-teorie

      After about 20 years of marriage I’m finally starting to scratch the surface of that one (what women want). And I think the answer lies somewhere between conversation and chocolate.

      – Mel Gibson

      Soene, blomme en sjokolade.

      Dis asof mans nog altyd instinktief geweet het dis die sjokolade wat jou hart gaan sag maak. Die soene en blomme is romanties, maar dis die sjokolade wat julle nader aan mekaar gaan bring. Dis verleidelik.

      Antieke kulture het sjokolade (die kakaoboontjie) as ’n seksstimulant beskou.

      Die neuro-oordragstof in jou brein wat hierby betrokke is, is fenieletielamien, een van dopamien se baie “helpers” en ook bekend as die liefdesdwelm, nes oksitosien die liefdeshormoon is. En dis dieselfde bestanddeel waaraan sjokolade ryk is, wat aanleiding gegee het tot die sogenaamde Chocolate Theory of Love, kortweg die PEA-teorie (phenylethylamine).

      Dié teorie het in die tagtigs ontstaan toe ’n Amerikaanse sielkundige, Michael Liebowitz, ’n boek gepubliseer het genaamd The Chemistry of Love. Hy het in ’n onderhoud daaroor met The New York Times terloops opgemerk dat sjokolade baie fenieletielamien bevat, en dat mense dalk sjokolade eet om romanties te voel. (Hulle gryp immers na sjokolade wanneer hulle hartseer voel of afgesê word.) Die NYT-artikel hieroor is die wêreld ingestuur en die teorie het – enigsins oordrewe – ontstaan.

      Die teorie is getoets, maar die bevinding was nie juis dramaties nie. Blykbaar “verdamp” die fenieletielamien as ’t ware voor dit jou brein bereik.

      Sjokolade dien wel as trooskos. Amerikaanse neuroloë het bevind (1996) sjokolade bevat bestanddele soos anandamied, ’n neuro-oordragstof in die brein, wat dieselfde uitwerking het as dagga, maar daar’s te min daarvan om jou “hoog” te maak.

      Wetenskaplikes weet wel fenieletielamien laat die dopamienvlak in jou brein styg, en dopamien, weet ons ook, laat jou plesierig voel. Dit laat jou bloeddruk en bloedsuiker ook vir ’n rukkie styg en verminder stres. Tydens orgasme bereik die fenieletielamien-afskeiding ook ’n vrolike hoogtepunt, hoewel dit ’n oninspirerende, kleurlose vloeistof by kamertemperatuur is, wat ’n bietjie na vis ruik en jou vel kan irriteer. Fenieletielamien is boonop die voorloper van dopamien, adrenalien en noradrenalien.

      Depressielyers en mense met aandaggebreksindroom (AGS) het min daarvan, terwyl die natuurlike vlak hoog is by skisofrenie.

      Dis teenwoordig in wyn, bier en sekere soorte kaas, veral parmesaan. En dit word afgeskei tydens adrenaliensport soos ’n witwatervaart of op ’n wiprit, wat ook die dopamien laat vloei. As julle dus saam rekspring of rotsklim, kan die fenieletielamien julle minder bang en heelwat nader aan mekaar laat voel … van opwinding. Trouens, enige aktiwiteit wat julle saam laat lag of bang maak (’n rillerfliek), wat jul liggame fisiologies opgekikker laat voel, gaan julle nader aan mekaar bring.

      Twee Kanadese sielkundiges, Donald Dutton en Arthur Aron, het dié effek reeds in 1974 op ’n hoë, smal, wankelrige hangbrug met lae handrelings bokant die Capilano-canyon in Vancouver getoets, die sogenaamde Capilano Suspension Bridge Experiment. Mans tussen 18 en 35, wat sonder vrouegeselskap en niksvermoedend oor die brug geloop het, is halfpad deur ’n aanvallige vrou voorgekeer met die verskoning dat sy navorsing oor mooi plekke doen. Elke man moes ’n paar vrae beantwoord en die aanvallige vrou het haar telefoonnommer vir hulle gegee “ingeval julle later vrae het”.

      Die hele storie is herhaal СКАЧАТЬ