Название: BreinBliksem
Автор: Fanie Viljoen
Издательство: Ingram
Жанр: Учебная литература
isbn: 9780624078180
isbn:
Dis Dinsdag. Ek en Kerbs en Sky is in Mimosa Mall. Kerbs het net saamgekom om vir die girls se tiete te kyk. Bloem het mooi girls. En die mooi girls het mooier tiete. Kerbs het nogal ’n oog vir sulke dinge en is nie skaam om sy waardering uit te spreek nie.
“Jy gaan nog in ’n asblik of ’n ding vasloop as jy so rondkyk,” sê Sky vir Kerbs.
“Ja, of iewers oor ’n railing moer,” sê ek.
Sky lag. Hy weet ook enige iets is moontlik met Kerbs.
“Elke sport het sy beserings,” grinnik Kerbs net.
Ons loop ’n ruk op die mall se grondvlak rond en vat dan die roltrap eerste vloer toe, verby Exclusive Books, reguit Musica toe.
Ons stap in by Musica met sy industrial look. Daar is dadelik iemand by ons, ’n swart girl.
“Can I help you with anything?”
“Ja, ’n blow job,” haak Kerbs af. Sy loop vinnig weg, lekker die moer in.
“Fok, Kerbs, vir wat sê jy sulke goed?” vra ek.
Kerbs trek sy skouers op. “Wat weet sy in elk geval van Green Day?”
Ek sien hoe hou sy ons dop. Ek het al gewoond geraak daaraan. Plekke soos hierdie het mos maar hulle spy-poppies. Come to think of it, daar is eintlik oral mense wat jou dophou – party sonder dat jy van hulle weet. Soos in ’n movie theatre. Jy dink jy sit daar in die donker en niemand sien jou nie, maar jy is verkeerd, my bru. Hulle kan jou selfs in die donker dophou. Kyk maar as jy weer daar sit. Iewers brand daar ’n rooi liggie doer teen die dak. Dis ’n kamera, en hy check hoe vreet jy jou popcorn en suip jy jou Coke. Elke, elke move wat jy maak …
Sky kry die Green Day-CD waarvoor ons gekom het. Dis hulle nuwe een – American Idiot.
“Gaan jy eers luister?”
“Of course. Die goed is te blerrie duur om net te koop. Het jy gecheck, Burns? Toe die rand so swak was ’n paar jaar terug, toe skiet CD’s se pryse moer toe. En toe die rand sterker word, toe bly die pryse daar bo. Êrens is ’n fokker wat al ons geld pocket. Hulle dink die mense weet nie.”
“Shit, Sky, jy moet die goed van die internet download, man. Much cheaper,” sê ek en blaai deur ’n klomp Pink Floyd-CD’s. (Classic stuff.)
“Nee, hel, ek soek die originals.” Sky stap na die toonbank. “Can I listen to this?” Hy gee die CD vir die laaitie agter die toonbank. Dié trek die sellotape op die kante af. (Can you fucking believe it – die winkel keer diefstal met sellotape?)
Sky sit die headphones op sy kop. Ek dink aan miljoene kriewelende kopluise, ander mense se vuil olie-ore en die goed wat dalk al ’n lewe van hul eie gekry het op daardie headphones. Gross!
Kerbs kom nader geloop. “Ek wag buite,” sê hy. “Moet nou nie ’n jaar vat nie.”
Sky druk die volumeknoppie op die toonbank tot op die max. Ek weet hoekom. Die kak rapmusiek wat hulle in die winkel speel, is so oorverdowend dat jy skaars die musiek in die headphones kan hoor.
Sky druk die next track-knop.
Hy luister ’n ruk. Toe haal hy die headphones af.
“Ons moenie meer gaan nie,” sê hy.
“Wat? Waarvan praat jy?”
“BreinBliksem. Ons moet wegbly daar.” Hy lyk bang.
“Hoekom?” vra ek versigtig. En toe ek dit sê, weet ek ek moes liewer my bek gehou het.
“Ek het bloed gesien. Nou die aand in die Mystic. Jy weet, toe …”
“Ja …”
“Bloed, Burns. Daar gaan kak kom as ons gaan.”
“Fok, Sky, hoekom vertel jy dit vir my? Ek haat dit as jy kom met hierdie goed.”
Hy sit die headphones weer op. Kies die volgende track. Maar hy kyk nog na my. Met daardie blou oë van hom wat goed kan sien voor dit gebeur. Sy Sky Eyes.
En hy lyk bekommerd. Fokken bekommerd.
By die winkel se ingang gaan ’n alarm skielik af. Ek en Sky swaai al twee om. Ons weet dis Kerbs.
“Bloed, Burns,” sê Sky in my droom daardie aand. Ons dryf in ’n boot op die water. Ek kan nie die land sien nie. Somehow weet ek dis daar iewers, maar ek kan dit nie sien nie. Ver weg hoor ek musiek speel. Ek dink dis “Night falls like a grand piano” van Wonderboom.
“Bloed, Burns,” sê Sky weer. Hy lig sy hande op, sy palms na bo. Hy hou sy hande na my toe uit. Sy vel span wit en dan begin bloed stadig deursyfer na die oppervlak. Die bloed maak ’n boggelrug op sy handpalm. Hy draai sy hand om. Die bloed drup in die boot.
Drup, drup, drup.
Die rooi strepe loop teen die perspex-binnekant van die boot af.
“Wat doen jy?” vra ek.
“Ek toor,” sê Sky.
“Wat toor jy?”
“Ek toor met jou kop.”
Ek weet nie wat hy bedoel nie. Op ’n manier maak dit dalk sin. Nee, dit beteken niks. Sky kan nie toor nie. Ek wil hom vra wat hy bedoel, maar iets keer my. Dalk sy oë wat nou swart geword het. Soos black holes waaruit jy moet wegbly.
“Waar’s Kerbs?” vra ek.
“Hy raak van haar ontslae. Maak seker hulle kry haar nie.”
“Wie?”
“Jy weet.”
Sky wys met ’n bloederige vinger na die water. ’n Druppel bloed gly teen sy vinger af, hang ’n ruk aan die punt en drup dan in die nagdonker water.
En die water word helder.
Ek sien Kerbs se gesig opkyk uit die water.
Hy lag vir my.
Dan lyk dit of hy iets vir my sê. Ek hou my oor nader aan die water om te hoor. Sy hande skiet uit na my toe, kry my aan die kop beet en ruk my uit die boot.
Die water is doodskoud. Kerbs se vingers druk teen my slape. Sy bene vou oor myne. Ek probeer skop om boontoe te gaan. Dit help nie. Kerbs is almagtig sterk. My asem raak op. Ek probeer loskom uit Kerbs se greep. Ek dink ek hoor hom lag. Dis ’n weird geluid, amper soos ’n hond wat doodgery word. Ons sink dieper. My hart raak stil …
En ek weet iewers is daar СКАЧАТЬ