Название: BreinBliksem
Автор: Fanie Viljoen
Издательство: Ingram
Жанр: Учебная литература
isbn: 9780624078180
isbn:
Sien: Fokkol van die huis af – daar is te veel plante. Tensy hy uitgekom het. Kerbs was reg, ek moes nie vir hom gekyk het nie, ek moes maar gekyk het of daar nie iemand aankom nie.
Fast forward tot waar ons laas was.
Ek besef dis een van daai soapie-oomblikke waar die stilte ’n lifetime aanhou en een van die akteurs net sy koppie skuins draai en dit tyd raak vir ’n ad break.
Waar’s my ad break?
Oukei, time to decide.
Hy weet nie – ride the wave.
“Ek was net ’n rukkie uit. Ek het nie gedink Pa sou mind nie.”
“Jy en Kerbs?”
Dêmmit, weet hy?
Ek gooi weer ’n soapie response. “Kerbs?” Toets die water.
“Ek het sy kar hoor backfire.”
Nooit, bru, waar leer grootmense hierdie goed? Hy speel kat & muis met my. Wil hy hê ek moet met die hele sak stolen goods vorendag kom?
“Sit die lig aan dat ek jou kan sien.”
Pros & cons, dink ek dadelik. Con: hy kan dalk sien as ek lieg. Pro: ek kan sien as hy nie regtig weet nie.
Die lig is helder – soos die oordeelsdag.
Ons knip al twee ons oë tot hulle gewoond is aan die lig.
Ek sien die glas whiskey wat ek vroeër die aand vir hom geskink het. Hy het dit nie gedrink nie. Hy moes geweet het iets is verkeerd toe ek uit my eie vir hom ’n dop bring.
Hy sit met ’n amper vol glas drank in die hand. (Dié tyd van die nag?) Hy is duidelik gesuip. Sy hemp is oopgeknoop en gekreukel.
Hy het nie ’n broek aan nie.
Ek hardloop kamer toe.
Sluit die deur! Sluit die bliksemse deur!
Eendag gaan ek hom nog doodmoer, besluit ek.
Ek weet hy staan anderkant die deur.
En die stemme in my kop kom fast & furious.
Daar was eenkeer ’n man wat met ’n moerse spoed oor ’n stopstraat gery het. ’n Spietkop jaag hom in en keer hom so ’n paar blokke verder voor. (Toe het hy al ’n hele paar stopstrate geskip.)
“Hei, wat de hel dink jy doen jy?” skree die spietkop op die ou. “Daar was ’n stopteken daar agter! Hoekom het jy nie ge-fokken-stop nie?”
Die ou kyk die spietkop net so aan en toe sê hy: “Ek glo nie alles wat ek lees nie.”
He, he, he :-)
En jy moet ook nie.
Dink jy genuine my pa het daar gesit sonder ’n broek? Dis nie waaroor hierdie storie gaan nie. Los dit maar vir die koerante. (Ek weet in any case nie hoekom kinders toelaat dat sulke goed met hulle gebeur nie. Hulle weet obviously nie waarvoor daar skerp messe is nie.)
Sorry ek het vir jou gelieg oor die broek-ding. Ek het sort of net ’n excuse gesoek om uit die sitkamer te kom en ek wou nie hê jy moes dink ek’s ’n jackass nie. My pa hou sy broek nou al vir jare aan. Ek dink hy het hom nog net twee keer in sy lewe uitgetrek. Die eerste keer toe hy vir Kelly, my suster, gemaak het, en die tweede keer toe hy my gemaak het.
He, he, he.
Verder moet hy homself maar gelukkig hou – my ma laat hom nie naby haar toe met daai dêng nie. Hulle slaap in aparte kamers. Die dreigemente van ’n pending divorce hang die afgelope paar maande in die lug, maar hulle bly vir eers saam “ter wille van die kinders”.
Hei, ek moet jou vertel van ons fandamilie. Maar kom ons doen dit in styl – soos in die movies. Het jy al gesien hoe begin party van hulle? Terwyl die credits rol, beweeg die kamera so oor ’n kamer (kom ons sê dis boetie se kamer). Jy sien eers ’n paar foto’s op die spieëlkas, dan dink jy: Oe, kyk net daar, hulle is die perfekte familie. Colgate smiles en alles. Dan gly die kamera oor die muur en jy dink: Oe, kyk net daar, hy het ’n múúr, hy’s darem gelukkig om nie in ’n squatter camp te bly soos miljoene swart Suid-Afrikaners nie. Dan gly die kamera na iets wat oor die bed se kopstuk hang, sê maar dis ’n girl se pantie, dan dink jy daar in jou vuil stoel in die donker fliek: O, boetie naai al rond. Of hy dra vroue-onderklere.
You get the picture?
Oukei, hier is myne:
By die deur: plakkate van Britney Spears en Christina Aguilera. (Het jy daai leuen gespot? Wat?! Het jy dan niks geleer uit die stopstraat-storie nie?)
Sorry, ek begin weer (take two).
By die deur: plakkate van die White Stripes en Placebo.
Op die lessenaar (lees: alternatiewe, gebruikersvriendelike pakplek waar jy alles denkbaar kan neermoer):
•’n leë pizzaboks
•leë CD covers
•los CD’s (meestal pirate copies – weet jy wat kos original CD’s?)
•oorsese tydskrifte (meeste gesteel – weet jy wat kos oorsese tydskrifte?)
•’n leë vistenk (want toe vrek die visse), wat toe ’n slanghok geword het (en toe vrek die slang).
Nou move die kamera na my bed toe. Dis deurmekaar soos gewoonlik. Onder die bed lê die volgende assorted goodies:
•’n Pap rugbybal. (Daar was ’n tyd toe my pa nog hoop gehad het vir my. Die rugbybal is die proof, maar ek het besluit my pa se gat, ek hol nie agter kak aan nie.)
•Vuil onderbroeke en suur kouse, want ons bediende glo nie aan skoonmaak onder enigiets nie.
•O hel, daar’s die biologieboek waaroor Amoeba so gebitch het.
En dan is daar my prized possessions:
•Die porn-tydskrifte in my bedkassie. (Ek vermoed my pa leen hulle partykeer vir die selfhelp-ding. Een van hulle was nou die dag nie presies waar ek hom gelos het nie.)
•My rekenaar, waarop ek meestal games jol en internet porn surf.
En dis my kamer.
Soos jy kan sien, is daar geen foto’s van die familie nie, want hierdie is nie ’n fliek nie. En almal in hierdie huis is nie gelukkig nie.
Ek sal jou maar van hulle moet vertel.
Eendag was daar ’n СКАЧАТЬ