Debora gaan huis toe. Helene de Kock
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Debora gaan huis toe - Helene de Kock страница 7

Название: Debora gaan huis toe

Автор: Helene de Kock

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780798176149

isbn:

СКАЧАТЬ om vir vanaand se ete by oom Erik-hulle klaar te maak. So ’n tuiskoms word ouder­gewoonte heel eerste saam met ouma Debora en oom Erik-hulle in die Victoriaanse huis gevier. En met tant Rebekka ook by kan dit net lekker wees. Sy vang haar onderlip vas want sy onthou oom Heinrich, tant Rebekka se oorlede man, goed al was sy maar dertien toe hy oorlede is. Laggende oom Heinrich wat maar net nie sy halfgebroke liggaam heeltemal uit die oorlog kon kry nie. So sê ouma Debora altyd. Hy het net daardie een winter griep gekry wat hom weggevat het soos wat vloedwater ’n droë tak vat. Die Joodse tant Rebekka met haar donker oë is sedertdien alleen.

      Debora bekyk haarself in die lang spieël teen die muur. Besluit om deftiger aan te trek. Dit is per slot van rekening ’n familieviering met dié dat sy nou tuis is. Sy kies ’n appelkoos­pienk rok met ’n fleurige romp, borsel haar dik hare tot dit swartblink om haar skouers hang. Sit ook perskepienk lip­stiffie aan en lilablou oogskadu. Sal sy nog parfuum aantik? Sy het haar ma se passie vir lekkerruikgoed. Laas toe hulle in wyle mevrou Shavinski se huis in Londen was, het sy en haar ma en Wena juis Harrods toe gegaan om parfuum te koop.

      Haar gedagtes draai loom om Londen. Sy ken die plek immers van babatyd af. Toe die bomme val, was sy saam met haar ma en mevrou Shavinski en later haar pa in die Morrison-­skuiling in die sitkamer van die skakelhuis in Lisson Grove. Sy onthou dit met ’n ontstellende klaarheid.

      Maar sy moet ophou om aan daardie huis as mevrou Sha­vinski s’n te dink. Die plek is aan háár nagelaat deur dié Joodse dame by wie haar ma tydens die oorlog gebly het. Vreemd. Sy wat Debora Schlagerfeldt is, besit ’n smal drieverdiepinghuis in Londen. Die gedagte laat ’n handvol herinneringe los. Vandag moet sy aan lekker dinge dink. Goed wat suiwer genot bied. Soos parfuum koop in Harrods. ’n Bietjie hedonisties, sou haar pa wel spot. Maar iets wat veral sy en haar ma uit hul hart geniet.

      Dis juis tydens een van hul Julievakansies in Engeland dat sy onherroeplik verlief geraak het op die parfumeur Dana se Tabu. Die stylvolle vrou agter die toonbank het haar met haar destydse poniestert op en af gekyk en so ewe laat val: “This, young lady, is an avant-garde perfume for the independent and unpredictable woman.”

      “Wel, ék hou daarvan,” het Debora op Afrikaans laat val, die vroulike, vars geur ingeadem en toe neus in die lug laat hoor: “A woman who doesn’t wear perfume has no future. Coco Chanel said that.”

      Dit was een van vele onvergeetlike vakansies wat hulle oorsee gevlieg het. Soos baie ander Britse somervakansies was hulle as gesin saam in mevrou Shavinski se huis. Dit was ’n ongewoon warm somer en hulle almal, tot haar ernstige pa, was vrolik. Hulle het ’n paar maal probeer om ’n wintervakansie daar deur te bring maar Wena en Ewert het so gekerm oor die nattigheid en die koue dat haar pa summier besluit het nie gou weer nie. Van toe af het hulle sommige Julie­maande soontoe gegaan.

      Verlede jaar was sy wel vir ’n korte week in Londen maar Wena en Ewert het verpligtinge gehad wat hul vakansie in Engeland in die wiele gery het. Sy skat dit sal moontlik van nou af beter gaan want sy kan immers sorg dat sy Julie­maande verlof kry.

      Die Londense huis word al jare deur die bure opgepas. Teen ’n fooi, natuurlik. Gawe meneer en me­vrou Dunworthy en hul enigste seun Freddy, wat aan Cambridge sielkunde studeer.

      Eintlik wens Debora dat sy ’n slaggie alleen soontoe kan gaan. Haar huis vertrek vir vertrek kan verken sodat sy haar stempel daarop kan afdruk. Sy onthou die ou Joodse dame wat dit aan haar nagelaat het, mevrou Shavinski, so goed. Sy weet sy was die kind wat die oumens nooit gehad het nie. Vandat sy heel klein was, ken sy die Shavinski-huis, soos wat hulle gesin die plek daar in Lisson Grove steeds noem. Tydens die Tweede Wêreldoorlog en daarna het sy dikwels saam met haar ouers daar gekom. Veral toe sy piepklein was, moes sy en haar ma noodgedwonge daar woon want haar pa was toe nog in Frankryk as Britse agent besig om die Franse Résistance te help. Hy praat nou nog nie maklik oor daardie tyd nie. Sy weet hy het tydens een van sy missies vermis geraak, was voortvlugtend en is in ’n skermutseling met die vyand gewond. Baie maande het verloop voordat hy per boot van­uit Le Havre na Portsmouth kon ontvlug om vir die eerste maal sy dogter te sien.

      Debora onthou ook die oorlog helder, want teen die tyd dat dit opgehou het, was sy al ’n opgeskote dogtertjie. Sy sien dit in los beelde, soos in swart-en-wit films met ’n klankbaan wat so werklik is dat sy soms ril daarvan. Ook ander prente wat haar verbeelding seker uit haar geheue laat loskom. Byna soos ’n voorprent wat net flitse van ’n storie wys. Sy onthou die gehuil van die sirenes, die gefluit van die bomme, die benoud kleine Morrison-skuiling in hul beknopte woonstel naby Guy’s Hospital nadat haar pa van die oorlogswond herstel het en sy werk as dokter kon voortsit. Dan was daar me­vrou Shavinski se Morrison-skuiling waarin hulle meermale tydens ’n kuier moes koes as die sirenes begin skree.

      Genadiglik is daardie tyd verby. Sy staar nikssiende in die spieël. Vir Wena en Ewert bestaan die oorlog nie, maar sy kan selfs nou die angs vaagweg voel klop. Die gevoel dat die asem te vlak in haar bors sit. Haar pa en ma se beskermende arms om haar in die Morrison. Dit bly vir haar wonderbaarlik dat ’n ystertafel met syklappe so effektief kon skuiling bied. Dis net, haar ouers mag nie weet hoe sy werklik daaroor voel nie. Dit sal hulle net nog meer beskermend teenoor haar maak.

      Sy poeier haar neus en tik nog ’n bietjie Tabu agter haar ore en in haar hare. Sy kyk na haar lyf, weet dat almal weer ’n eiertjie gaan lê omdat sy maer is. Veral neef Dieter kan so met haar te kere gaan dat sy haar vererg en dan eers tree Jakob besadig tussenbeide. So is dit nog altyd.

      “Los tog vir Debora,” sal hy glimlag. “Sy is mos rond waar sy rond moet wees.” Dan word sy nog ergerliker want haar borsmaat is wel iets wat opgemerk kan word, so beweer haar ma altyd vroom. So sal dit sekerlik vanaand ook gaan.

      Sy hoor haar ma in die kombuis werskaf en roep soontoe. “Ek gaan nou na Ouma toe. Sien julle later daar, hoor.”

      Sy glip by die voordeur uit, steek die stil stofstraat oor en maak die Victoriaanse huis se voordeur saggies oop. Sy klop nooit. Want sy hoef nie. Vandat hulle van die oorlog af teruggekom het toe sy amper ses was, is sy ook deel van hierdie huishouding.

      Dis stil binne. Aunt Elizabeth en oom Erik is seker nog by die winkel. Dieter en Jakob-hulle ook. Vandat Debora en Seuns so uitgebrei het, is elke beskikbare hand nodig en naweekgaste word ook soms ingespan. Sy wonder of Tristan nog saam met haar pa by die spreekkamer is.

      Debora loop deur die gang trappe toe. Sy sal gaan loer of haar niggie Catherine tuis is en daarna agtertoe na die gastevleuel gaan om te sien wat maak ouma Debora. Sy spring die trappe ligvoets twee-twee op maar toe sy op die trapportaal kom, steek sy vas. Reg voor die badkamerdeur staan Tristan Murray. Hy het net ’n handdoek ongeërg om sy heupe gedraai. Sy hare kleef nog nat aan sy voorkop vas. Gelukkig, dink Debora onsinnig, is dit kort gesny. Sal gou droog word.

      Hulle kyk mekaar swyend aan. Meet en weeg. Amper asof laas nag nooit was nie. Sy kan die silwergrys van sy oë selfs in die skemerlig van die portaal uitmaak. Die stipheid van sy blik maak haar kriewelrig.

      “Is jy uitgeslaap?” vra hy gesellig.

      Sy knik net.

      “Dit lyk so. Maar ek gaan vannag die bed seermaak, dié kan ek jou sê. Ek en jou pa was nogal bedrywig vanoggend.”

      “Ek glo so.” Haar blik vee versigtig oor sy borskas en sy bloos onbeheers, kyk vinnig weg. “Ek soek eintlik na Catherine. Is sy dalk hier?”

      Hy glimlag grinterig. “Ek skat sy en Aunt Elizabeth en die manne is nog by die winkel.”

      “O.” Haar blik steek weer op een bruingebrande skouer vas. Sy draai om, sê oor haar skouer: “Ek gaan my ouma soek.” Sy klink kompleet soos klein Santie van tant Trudie as sy beduie dat sy haar ma wil hê. En sy is innig dankbaar om die СКАЧАТЬ