7 Dae. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 7 Dae - Deon Meyer страница 3

Название: 7 Dae

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798156226

isbn:

СКАЧАТЬ die geroesemoes oopmaak en dit is te skielik en te veel en te groot en sy kop slaan vas en sy hart klop wild en hy vat aan die lang, mooi, blonde sangeres se uitgestrekte hand, heeltemal oorweldig, en al wat by sy mond uitkom, die woord idioties lank en uitgerek en helder in die stilte, is: “Fok.”

      En dan begin sy selfoon hier in sy baadjiesak lui.

      Hy staan. Verstar.

      Iewers in sy kop kom die impuls: Doen iets.

      Hy los skielik Lize Beekman se hand, die skaamte en vernedering wat deur hom brand, hy mompel: “Ekskuus.” Hy grawe vir sy selfoon, draai weg, druk die instrument teen sy oor.

      “Hallo.” Sy eie stem klink vir hom vreemd.

      “Bennie, ek het jou nodig,” sê brigadier Musad Manie, bevelvoerder van die Valke. “Soos in nóú.”

      * * *

      Hy ry, te vinnig, kwaad vir homself, kwaad vir Alexa, hoe kon sy dit aan hom doen? Kwaad vir die selfoon wat gelui het, hy kon definitief nog sy massiewe blaps beredder het, hy kon iets bygelas het, sy geoefende sin van “dis ’n sonderlinge voorreg”, dit sou die hele gemors ontlont het. Kwaad vir die brigadier wat hom op ’n Saterdagaand, sy af-naweek, laat inkom, kwaad omdat hy nie die beskuldigende refrein uit sy kop uit kan kry nie: Hy het ’n doos van homself gemaak. Daardie verskriklike oomblik, die woord uit, dit hang soos ’n dooie, swart voël tussen hom en Lize Beekman, alles gevries behalwe die irriterende gelui van sy selfoon en die wete wat soos lood in hom afsak: Hy het ’n massiewe, onvergeeflike gat van homself gemaak, teen al sy voornemens en planne en voorbereidings in.

      Dis eintlik Alexa se skuld. Sy wou weet wie hy graag wil ontmoet, al twee weke gelede. Hy het van die begin af vir haar gesê niemand nie, hy sal net daar rond wees, beskikbaar wanneer sy hom nodig het. Want hy het geweet hy kan dalk kop verloor. Maar toe trek sy die name uit hom uit, een vir een, en sy sê: “Ek wil dit graag vir jou doen,” en hy sê: “Nee, asseblief,” maar met al hoe minder oortuiging, want die vooruitsig het hom begin verlei. Tot hy ingestem het, om haar onthalwe, maar die vlinders was tóé al in sy maag, die vae vrees, nee, die eerste wete dat hy dit dalk nie goed gaan hanteer nie.

      Sy skuld. Net sy eie fokken skuld.

      * * *

      Hy weet daar is groot moeilikheid toe hy die drie senior offisiere van die DPMO – die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad-ondersoeke – én genl. John Afrika, Wes-Kaapse hoof van Speurdienste en Misdaadintelligensie, sien sit.

      Die forse brig. Musad Manie, Valke-bevelvoerder, sit in die middel met sy granietgesig. Weerskante is kol. Zola Nyathi, hoof van die Geweldsmisdaadgroep en Griessel se direkte baas, en kol. Werner du Preez, Groephoof van Crimes Against the State (CATS). Afrika is aan die ander kant van die tafel.

      Hulle groet, Manie vra hom om te kom sit. Griessel sien daar lê dossiere en dokumente voor elkeen van die senior offisiere.

      “Jammer ek het jou aand onderbreek, Bennie,” sê die brigadier. “Maar hier’s ’n ding.”

      “Lelike ding,” sê Afrika.

      Kol. Nyathi knik sy kop.

      Die brigadier huiwer met ingehoue asem, asof daar baie is om te sê. Dan bedink hy hom, stoot ’n vel papier oor die tafel. “Kom ons begin hier.”

      Griessel trek die vel nader, begin lees, bewus van die vier se oë op hom.

      [email protected]

      Sent: Saturday 26 February. 16:51

      To: [email protected]

      Re: Hanneke Sloet – julle was gewaarsku

      Dit is vandag presies 40 dae nadat Hanneke Sloet vermoor is. Dit is 40 dae van toesmeer. Julle weet hoekom sy vermoor is.

      Hierdie is my vyfde boodskap maar julle luister nie. Nou dwing julle my. Vandag sal ek ’n poliesman skiet. In die been. Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar aankla.

      As julle nie more in die koerant ’n berig het wat sê julle het die Sloet-saak heropen nie, sal die volgende skoot nie in die been wees nie.

      Geen naam onder nie. Griessel kyk op.

      “Soos jy kan sien, is dit vanoggend gestuur,” sê die brigadier. “En vanaand is konstabel Brandon April deur ’n sluipskutter in die been geskiet by die Claremont-stasie se parkeerterrein. Hier net voor sewe.”

      “Langafstand-skoot,” sê Afrika. “Hulle soek nog na die bliksem se lêplek.”

      “The knee is bad,” sê Nyathi. “Disintegrated.”

      “Jong man,” sê Afrika. “Sal nie weer normaal kan loop nie. Dié mal moer …” en hy beduie na die e-pos in Griessel se hande, “het al vier keer vir my geskryf. Sulke deurmekaar e-posse, die goed maak nie sin nie.” Hy tik op die dossier voor hom. “Jy sal sien.”

      Die brigadier leun vorentoe. “Ons wil aankondig dat jy die herondersoek na die Sloet-saak gaan lei, Bennie.”

      “Ek het persoonlik vir die brigadier gevra of ons dit vir jou kan gee,” sê Afrika.

      “Cloete werk op die oomblik aan die Sondagkoerante, hy sê daar’s ’n kans dat ons iets in die Weekend Argus en Rapport se Kaap-seksie kan inkry,” sê Manie. Cloete is die SAPD se skakeloffisier wat die media moet hanteer.

      “Ons gaan radio toe ook, maar ek weet nie of dit gaan help nie,” sê Afrika.

      “It’s a bit of a mess,” sê Nyathi, sy frons wat verdiep. “To say the least.”

      “As jy kans sien, Bennie. Ons staan agter jou. Ons almal.”

      Griessel plaas die vel papier op die tafel neer, trek sy nuwe, swart, byderwetse baadjie reg en vra: “Hanneke Sloet … dit was die prokureur?”

      3

      “Dis reg,” sê Manie en stoot die dossier oor na Griessel toe. “Middel Januarie. Groenpunt het die saak ondersoek …”

      Griessel vat die dik dokumente en probeer onthou wat hy van die Sloet-moord gehoor het. Daar was ’n klein mediastorm so ses weke terug, sy kollegas het die saak druk bespreek.

      “Vyf blokke van my kantoor af, in haar fancy woonstel,” sê Afrika. “Gesteek.” En dan voeg hy byna apologeties by: “Met ’n helse mes.”

      Die brigadier sug. “Hulle het niks gekry nie. Niks. Kyk na die ondersoekdagboek, jy sal sien, hulle het alles opgevolg.”

      Griessel maak die dossier oop by die SAP5-vorm in Deel C, blaai vinnig deur, sien die omvattende, noukeurige aantekeninge.

      “Jy weet hoe dit is sedert die Steyn-saak,” sê Afrika. “Almal maak dubbel seker, niemand vat meer kanse nie. Die Sloet-ondersoek was volgens die boek. Die forensies was goed, die voetwerk was deeglik, hulle het met al wat leef en beef gepraat, daar’s nie ’n motief van ’n uur oud nie.”

      “Except that she was a lawyer,” sê Nyathi filosofies. “Big clients. Big money.”

      “Ook СКАЧАТЬ