Kobra. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kobra - Deon Meyer страница 5

Название: Kobra

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798165051

isbn:

СКАЧАТЬ not?”

      “’n Behoefte aan ’n lae profiel. En ek dink dit is ook omdat hulle nie hul gashere aanstoot wil gee nie. Hulle kom vir sake met plaaslike maatskappye, en die baie publieke vertoon van sekuriteit skep die indruk dat hulle dink Suid-Afrika is ’n gevaarlike plek.”

      “Nou hoekom gebruik hulle die service? Da’s omtrent niks crime teen tourists nie.”

      “Dis ’n algemene wanpersepsie onder buitelanders …”

      “Which you are happy to indulge. Kon jy uit die email address sien wa’ hy werk? Wat was die domain name?”

      “Dit was ’n Gmail-adres. En die naam was Paul underscore Morris vyftien of so iets.”

      “En die deposit se betaling? EFT?”

      “Ja. Van ’n Switserse bank, Adlers, as ek reg onthou. Ek sal gaan seker maak.”

      “Mevrou …” begin Griessel.

      “Asseblief. Ek is nie ’n mevrou nie. Noem my Jeanette.”

      “Die twee lyfwagte daar binne …”

      “B.J. Fikter en Barry Minnaar.”

      “Ja. Hoe lank terug is hulle weg uit die SAPD?”

      “So sewe, agt jaar …”

      “Hoe lank werk hulle al vir jou?”

      “Vir dieselfde tydperk. Ek kan jou verseker die aanval het niks met hulle te …”

      “Nee, dis nie wat ek bedoel nie. Hoe … goed was hulle?”

      Sy snap wat hy wil weet. “Ek stel net die bestes aan. En vir die soort werk wat hulle doen, is daar jaarliks verfrissingsopleiding en toetsing, en die standaarde vir fiksheid, wapenhantering en selfverdediging is hoog. Ons doen selfs sesmaandelikse dwelmtoetse. Ek kan jou verseker Fikter en Minnaar was uitstekende operateurs.”

      “And yet …” sê Cupido skepties.

      Jeanette Louw verloor finaal beheer. Sy plant haar voete uitmekaar, leun vooroor, sit haar elmboë op haar knieë. “Ek sê nou vir jou, as jy nie ’n poliesman was nie, het ek jou vandag gebliksem.”

      * * *

      Die jong vrou, nie veel ouer as Tyrone Kleinbooi nie, kyk na die stapeltjie note, en dan na die rekenaarskerm. “You owe seven thousand rand,” sê sy.

      “Hoekom gooi jy Engels – ek dog dis ’n Afrikaanse universiteit dié,” sê Tyrone. “Hierdie is al wat ek nou kan betaal. Eenduisend-tweehonderd-en-vyftig.”

      Sy vererg haar so ’n bietjie. “Dit maak nie saak in watter taal mens dit sê nie, meneer, die rekening is agterstallig. Uitslae word net beskikbaar gestel wanneer dit ten volle vereffen is.”

      Dis frustrasie wat hom met haar laat karring. “Nou gooi jy wit Afrikaans, en ek kan sien jy’s ’n Cape Flats girl.”

      “Ek kom van die Pniel af, nie die Flats nie. En ek’t gesien jy’t nog geld in jou wallet. Weet jou pa jy maak só?”

      “Jirre,” sê Tyrone Kleinbooi. “Watse naam staan da’ op jou computer, dollie?”

      “‘Nadia Kleinbooi’. En ek is nie jou ‘dollie’ nie.”

      “Lyk ék vir jou soos ’n Nadia?”

      “Hoe moet ek weet? Daar’s snaakse name in dié computer.”

      “Nadia is my suster, dollie. Ons het nie ma nie, en ons het nie pa nie. Hierdie is geld wat ek met my eie hande ge-earn het, versta’ jy? En wat oor is in my wallet, moet ek vir haar loop gee vir haar flat se rent. So moenie jy vir my da’ sit en judge nie. En have a heart, ons betaal soos ons kan, sy’t flippen hard gewerk, dis háár results, nie julle s’n nie – vir wat mag sy dit nie sien nie?”

      “I don’t make the rules.”

      “Ma’ jy kan hulle darem seker ’n bietjie bend. Vir ’n brother.”

      “En my werk verloor? Nie vandag nie.”

      Hy sug, en wys na die skerm voor haar. “Kan jy dit sien da’?”

      “Die uitslae?”

      “Ja.”

      “Ek kan.”

      “Het sy gepass?”

      Haar gesig verklap niks.

      “Ag, please, sister,” sê hy.

      Sy kyk eers rond, dan sê sy sag en vinnig: “Sy’t goed gepass,” en sy vat die geld en begin tel.

      “Dankie, sister,” sê hy, en draai om.

      “Jy kan nie net loep nie, jy moet eers jou receipt vat.”

      “Sien jy, ek het geweet jy kan Flats gooi.”

      4

      Hulle voel die druk, die dringendheid van tyd wat wegglip.

      “Cyril was a friend to me,” sê Marcus Frank, die Duitse eienaar. “A valued employee.”

      Bennie Griessel weet die risiko is groot dat Cupido iets gaan vra soos “So why did you make him wear a slave uniform?” en daarom sê hy: “You have our condolences, mister Frank. Now, one of the …”

      “Our reputation is in tatters,” sê Frank. “The media is waiting at the gate.”

      “I understand. But one of the guests is missing, and we have to move as fast as possible. Can you tell us what mister January was doing at the guesthouse last night?”

      Frank maak ’n hulpelose handgebaar in die rigting van ’n steeds tranerige Christel de Haan.

      Die vrou sit haar bril op en sê. “He cleared the dinner table, and lit the fire.”

      “What time?” vra Cupido.

      “At exactly nine o’clock.”

      “How do you know that?”

      “That was our agreement with them.”

      “The bodyguards?”

      “Yes. Breakfast at exactly eight o’clock, house cleaning at nine, lunch at one, dinner at eight p.m. Final clearing and hospitality at nine. They are very strict, they have a lot of rules.”

      “Like what?”

      “They screened all our people. Only six were cleared to work when they rented the guesthouse, two for breakfast, two for house cleaning in the morning, and two for dinner and evening hospitality. It made things very difficult …”

      “Why?”

СКАЧАТЬ