Название: Louisa du Toit Omnibus 7
Автор: Louisa du Toit
Издательство: Ingram
Жанр: Короткие любовные романы
Серия: Louisa du Toit-omnibus
isbn: 9780624057901
isbn:
“Ek het hom so lief, Irma …” Tillie se stem bewe. Die laaste kerslig flikker en werp onseker skaduwees oor die intense gelaatstrekke. “Maar ek sal wag, as dit nie vergeefs is nie.”
“Dan moet jy wag, Tillie. Die tyd sal verbygaan; en as jy eers baas is van jouself, kan jy ook werk laat maak van jou bene. Al voel jy nie nou daarna nie, later sal jy wel.”
“By hom maak dit nie saak nie. Ek weet my bene sal by hom nie saak maak nie,” bely Tillie tranerig.
“Ons moet slaap,” besluit Irma en staan op. Toe sy buk om haar te soen, klou Tillie se warm handjies haar stewig vas.
“Ek voel nou soveel beter. En ek belowe jou en Deon om my bes te doen. Ek sal maak asof ek hom haat.” Sy lag gedemp. “Dit sal net nie so maklik wees nie.” ’n Snik ontsnap weer uit haar keel en toe hulle wange in die donker aan mekaar raak, voel Irma die klam, warm trane teen haar gesig. Sy vee met haar vingers oor Tillie se oë: “Van nou af kyk ons die lewe in die oë, nè?” troos sy.
Die huis is doodstil toe Irma die gang in glip.
Voel-voel met haar hand teen die muur, sluip sy die gang af na haar kamer. Dis ’n verlossing toe sy haar deur agter haar toedruk. Sy sak op haar bed neer.
Ek het hom klaar verloor, dink sy oor en oor, ek het klaar gekies toe ek Tillie onder ’n valse indruk gebring het. Dat Deon ook verlief is. En Tillie het daarna gegryp sonder om eers oorweging te skenk aan ’n ander moontlike uitleg van die woorde.
Op daardie oomblik het sy in haar hart vir Deon afgegee ter wille van Tillie. Dit moet tog uitwerk, redeneer sy. Dis in Deon se aard om aangenaam en hulpvaardig te wees; mettertyd sal hy ’n dieper gevoel vir Tillie ontwikkel. Dit sal onmoontlik vir hom wees om ongenaakbaar te bly onder haar warme toewyding. Selfs Matilda sal moet swig daarvoor. Sy self word oud, sy sal nie altyd vir Tillie kan versorg nie. Nee, dit sal uitwerk.
Alleenlik, sy, Irma, sal nie daar wees om dit te aanskou nie. Onvermydelik weet sy nou dat sy nie meer lank hier sal kan bly nie. Waarheen dan? Terug stad toe? Haar gevoel vir Johan is dood. Sy het aan ’n illusie bly kleef terwyl sy onbewus was van die waarheid: dat Johan ’n ontroue hart het en altyd sal hê. As sy teruggaan, sal dit net met ’n halwe hart wees.
En tog kan sy hier nie bly nie; hier, elke dag saam met Deon, sal die klug nie lank volgehou kan word nie. Die tyd sal die saak moet uitwys. Binne ’n maand moet sy weet of sy hier moet bly en of sy haar goed moet oppak. Miskien nog gouer. As dit langer as dit word, sal meneer Langley haar nie terugvat nie. Nou is daar nog ’n kans. Maar hoeseer die man ook haar werksvermoë op prys stel, hy sal haar later nie vertrou as sy so heen en weer spring nie.
Hoe die uitwys van die saak moet gebeur, dit weet sy nie.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.