Skynglans van geluk. Christine le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skynglans van geluk - Christine le Roux страница 5

Название: Skynglans van geluk

Автор: Christine le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780798157858

isbn:

СКАЧАТЬ verseker.

      Sy het ’n gesig getrek. Hulle het op die strand gesit en sy het haar hare in ’n handdoek toegedraai gehad. Haar neus was wit van die sonroom en haar donkerbril vol sand.

      “Ek dink regtig nie iemand sal so ’n spektakel in ’n rolprent wil gebruik nie!” het sy giggelend gesê.

      “Eendag gaan iemand jou ontdek,” het hy gewaarsku. “Wag en kyk! Jy is slank en pragtig gebou, jy het ’n mooi gesig, mooi grys oë, pragtige hare – wat meer wil hulle hê?”

      “Nee dankie, Charles. Ek het genoeg gesien om te weet dat dit nie my soort lewe is nie . . .”

      Kort daarna is hy dood.

      Die meisie klap haar vingers vir die hond en hulle hardloop die laaste ent tot waar haar motor geparkeer staan. Sy leun met een hand teen die motordeur en vee die sand van haar voete af voordat sy buk om haar sandale aan te trek.

      “En jy moet die sand van jou afskud, Noag,” sê sy vir die hond. “Ek is nie lus om die helfte van die strand huis toe te karwei nie!”

      Die hond skud hom gehoorsaam af en hulle klim in en ry weg. Die son het gesak en die strand lyk nou grys en verlate.

      Sy draai die motor weg van die strand en begin tussen luukse huise deurry totdat sy teen ’n heuwel by ’n groot tuin indraai. Rankplante bedek die versteekte huise en oral is die geur van blomme.

      “Kom, Noag, ons is by die huis.”

      Sy sluit die motorhuisdeur en stap sommer agterom na die agterdeur.

      Soos altyd is dit vir haar lekker om by die huis te kom. Sy maak die yskas oop en begin kos uithaal. Die hond lê op die vloer terwyl sy aandete maak.

      “Een van die dae gaan ons huis toe,” vertel sy vir Noag. “Dink jy jy sal wil saamgaan?”

      Die hond slaan met sy stert op die vloer en sy lag en dra haar kos deur na die sitkamer waar sy die televisie aanskakel en opgekrul op die rusbank gaan sit. Sy het net klaar geëet toe die telefoon lui.

      “Hallo!” groet sy en kou die laaste mond vol klaar.

      “Elize, dis Henri hier. Kom jy môre na ons toe?”

      Sy vee oor haar mond. “Ja dankie, ek sal kom. Is dit ’n spesiale geleentheid?”

      “Nee, nee. Lucy het net gewonder waarom ons jou so lanklaas gesien het. Ons sal sommer vleisbraai.”

      “Dit klink lekker. En ek bring my swempak saam.”

      “Waar was jy vanmiddag?” vra hy. “Ek het al ’n hele paar keer gebel.”

      “Langs die see gaan stap.”

      “Alleen?”

      “Nee, saam met Noag.”

      Hy lag. “Dis nie wat ek bedoel het nie. Hoe vorder jou werk?”

      “Ek is amper klaar. En ek dink dis tyd dat ek nou weer huis toe gaan.”

      “Wag eers,” sê hy.

      Sy kan hoor hy klink moeg. “Waarom klink jy so moeg?” vra sy simpatiek.

      “Jong, ek sit nou al dae met ’n draaiboek en die gogga het my gebyt. Ek móét die rolprent maak; dis my soort ding.”

      “Dit klink interessant. Waaroor gaan dit of is dit ’n geheim?”

      “Nee, dis nie ’n geheim nie. Dis maar ’n eenvoudige verhaal van die verhouding tussen twee mense – twee vereensaamde en soms verbitterde mense. ’n Mens kan iets wonderliks daarvan maak met die regte akteurs.”

      “Hmm,” sê sy. “Ek kan hoor jy is weer op ’n ander planeet. Is dit waarom Lucy wil hê ek moet kom? Raak jou voete al weer nie aan die aarde nie?”

      Hy lag skuldig. “Jy ken my ook glad te goed. Ja, Lucy het gesê ek moet bietjie wegbreek.”

      “Nou ja, ek sal kom en ons kan reisies swem tot jy skoon vergeet het van die nuwe rolprent en al die planne in jou kop. Het jy al akteurs?”

      “Nee en ja. Ek weet wie ek vir die manlike hoofrol wil hê en ek het al met hom daaroor gepraat, maar ek weet nie of hy sal inwillig nie. En met die vroulike hoofrol sit ek vas. Nie een van die aktrises wat ek getoets het, is reg nie.”

      Sy kan die moedeloosheid in sy stem hoor en sy val hom vinnig in rede. “Nou kyk, luister na jou vrou en vergeet eers daarvan. Ek weet hoe jy verander as ’n nuwe idee aan die ryp word is. Sien julle môre.”

      Sy sit die gehoorstuk neer en gaan sit weer op die bank. “Ons gaan môre na die Drysons, Noag,” sê sy vir die hond. “Jy kan die hele dag deurbring deur hulle honde te verwilder, soos jy altyd doen. En Henri sal dit nie eers agterkom nie, want daar broei groot dinge in sy kop.”

      Hoofstuk twee

      Hoofstuk twee

      Los Angeles, VSA.

      Liefste Nanette

      Sussie, jy gaan jou doodlag wanneer jy hierdie brief lees. Ek sit eintlik en lag terwyl ek dit skryf, en ek wens ons was nie so ver van mekaar verwyder nie sodat ons nou saam daaroor kon lag! Ek weet eintlik ook nie waar om met die storie te begin nie . . . Jy weet dat ek vir Henri Dryson goed ken, nie waar nie?

      Ja, natuurlik weet jy. Jy is mos een van sy bewonderaars. “Die beste regisseur in die wêreld,” is hoe jy hom eenkeer beskryf het. Ek het dit vir hom vertel en hy het gelag. Tog, ek dink ons stem saam dat sy rolprente altyd kunstig is en altyd pryse wen. Nou ja, verlede Sondag het hy en Lucy, sy vrou, my oorgenooi om by hulle te kom kuier. Ons het mekaar ’n geruime tyd nie gesien nie en dit was lekker om weer saam te kuier.

      Dit was net ons drie en hulle kinders, en ek was skielik bly dat ek een van die dae terugkom Suid-Afrika toe. ’n Mens verlang na sulke gesellige familiebyeenkomste. Henri was stillerig, sy bril op die punt van sy neus soos gewoonlik, en hy het uitgevra oor my doen en late. Soos ek jou vertel het, is ek byna klaar met die draaiboek wat my nou al so lank besig hou. Party dae weet ek ook nie hoe ek hier beland het nie. Wat maak ’n Afrikaanse skryfster in Hollywood?

      In elk geval, ek het vir Henri vertel dat ek beplan om een van die dae huis toe te gaan. Hy het nie veel gesê nie. Ons het geswem en sommer buite in die tuin geëet. Na ete het Lucy verskoning gevra en ons alleen gelaat, en dis toe dat Henri met sy plan vorendag kom. Jy sal dit regtig nie glo nie: hy wil hê ék moet in sy nuwe rolprent speel! Nie die draaiboek skryf nie, nee, hy wil hê ek moet die vroulike hoofrol vertolk! Ek het agteroor geval en gekraai van die lag.

      Ek is ’n skryfster, nie ’n rolprentster nie! Hy het glad nie saamgelag nie. Hy was in der waarheid doodernstig. Dit blyk dat hy ’n wonderlike draaiboek het. Weet jy wie gaan die manlike hoofrol speel? Robert Ryan!

      Nou kyk, sus, jy sal begryp dat ek sprakeloos was toe ek begin agterkom het Henri is doodernstig. Ek het wal gegooi, baklei, gelag, maar hy wou net niks weet nie. Om een of ander onverklaarbare rede glo hy vas dat ek die regte persoon vir СКАЧАТЬ