Ettie Bierman Keur 8. Ettie Bierman
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ettie Bierman Keur 8 - Ettie Bierman страница 22

Название: Ettie Bierman Keur 8

Автор: Ettie Bierman

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624056768

isbn:

СКАЧАТЬ

      Dié woord het Albie by die kleuterskool geleer. Hy weet nie dat hy kant kies nie, net dat hy nie een wil wees nie.

      “Goed, klim op!” gebied Dieter.

      “Nee, hy kan nie, hy gaan val!” keer Rothea.

      “Het iemand al ooit vir jou gesê, Dorothea Johanna Beukes, dat jy veels te veel praat?” vra Dieter.

      “Dit gaan nie nou oor my nie, maar oor Albie. Hy is nog nie eens drie nie, Dieter. Hy is ’n baba. Hy weet nie van regop sit en vashou nie. Tel hom af!”

      “Albie, maat ...” Dieter se stem is gewigtig. “Weet jy wat ’n sameswering is?”

      “Ja,” beaam Albie.

      “Jy leer gou, vriendjie. Dan sal jy weet as ek sê nou moet ons manne saamstaan, anders gaan die vroumense se gekerm en getorring ons onderkry. Glo jy aan ’n vennootskap?”

      “Tenno skaap,” knik Albie plegtig, sy aandag vas op sy oom gevestig.

      “Gaaf. Ek sien jy het ook ondervinding van histeriese meisiekinders en weet waarvan ek praat. Kan jy vashou?”

      Albie kan. Hy wys Dieter hoe hy albei hande in die ponie se maanhare kan vasdraai, sonder om Piet-perd seer te maak.

      Op die ponie se rug is ’n miniatuur-babasaal, ’n kwart so groot soos ’n volwasse ruiter s’n. Dieter verstel die stiebeuels tot hy seker is Albie se voete het ’n behoorlike greep om die ponie se buik. Ook Albie se een hand is in die perd se maanhare en die ander een aan die saalknop. Dan lei hy die ponie aan die teuels uit die stal, op in die smal gang en tot buite op die grasperk.

      Albie is sprakeloos. Hy geniet elke oomblik van die nuwe avontuur, meer gesteld daarop om die ponie se nek te streel as om sy oom en Mamma met sy vertoning van dapperheid te beïndruk.

      Dieter stap met Albie en Piet-perd ’n draai oor die grasperk, om die stalle en die motorhuise. Hy kom voor Rothea tot stilstand.

      “Sê ekskuus,” terg hy.

      Rothea besef sy het onnodig soos ’n viswyf te kere gegaan. Dieter is verbasend goed met sy hantering van kleuters. Hy sal ’n goeie pa wees, dink sy met hartseer en ’n pynlike leemte in haar binneste. Hy sal trou en seker kinders van sy eie hê, maar dan is sy lankal terug op Upington, terug in haar eensame woonstel. Hierdie tydjie op Schloss Hoffnung sal net ’n herinnering wees, brandhout vir die lang winter wat troosteloos voor haar uitstrek.

      “Ekskuus.”

      ’n Vreemde klank in haar stem laat Dieter ondersoekend na Rothea kyk. Hy knoop die ponie se teuels aan ’n tak en draai terug na haar.

      “Rothea?” vra hy en plaas sy wysvinger onder haar ken om haar gesig op te lig. “Wat is verkeerd?”

      Rothea draai haar kop vinnig weg, te trots dat hy haar hartseer en verlange in haar oë moet lees en sy eie afleidings maak.

      “Ja, goed. Dis 3-1.”

      “Dis nie wat ek gevra het nie.” Dieter trek haar nader. Met sy handpalm teen Rothea se wang dwing hy haar gesig weg van die skaapkrale en die stalle.

      ’n Vorige keer het Dieter gesê haar gesig is ’n spieëlbeeld van haar gedagtes. Rothea is bang hy kan sien watter verlangens in haar gemoed is. Toe hy sy arm om haar skouers sit, rem sy weg.

      “Waarheen wil jy gaan? Kom hier,” beveel Dieter.

      “Nee! Moenie! Ek moet Albie huis toe neem. Hy moet gaan ... gaan slaap. Hy slaap elke middag. Soos by die kleuterskool. Anders raak hy moeg en iesegrimmig en dan wil hy weer nie ... nie eet nie. Hy moet ’n bietjie rus van twee tot drie. Of drie tot vier ...”

      Dieter se arm is sterk om haar skouers toe hy haar terugtrek. “Ek het voorheen gesê jy praat veels te veel ...”

      Rothea se hart klop met sulke wilde hamerslae teen haar ribbes dat sy seker is Dieter moet dit hoor. Sy druk haar hand teen sy bors en stoot sy arm weg.

      “Ek is nie Ilse nie!”

      “Ek weet. Dink jy my sig is so swak dat ek nie een vroumens van ’n ander kan onderskei nie?”

      Rothea stoot harder teen sy bors en wikkel haar skouers onder sy arm los. Toe hy haar aan die elmboog wil neem, staan sy vinnig tru.

      Dieter probeer nie verder nie. Sy hande bly slap langs sy sye hang en sy mondhoeke lig in ’n spottende glimlag.

      “Is jy bang vir my? Hoekom soveel teëstand? Ek is nie besig om jou te verlei nie, Rothea Beukes. Wat het jy gedink? Dat ek jou wil soen? Al wat ek wou doen, is om uit te vind hoekom jy in trane wil uitbars. Wat is verkeerd? Reken jy nog Albie is te klein om op ’n ponie se rug te ry?”

      “Nee.”

      “Moes ons met middagete vir jou gewag het? Carl het gesê jy is nie honger nie. Of is dit jou kamer? Het Klara vergeet om vir jou handdoeke te gee?”

      “Ek het laat ontbyt geëet en ek het handdoeke, dankie.”

      “Nou wat skort dan? Wil jy my nie sê nie, dan sorg ek dat dit regkom?”

      Regkom? Hoe kan dit, as hy met Ilse gaan trou en sy moet weggaan Upington toe?

      “Dis net dat ... dat Albie moet gaan slaap. Dis al halfvier.”

      Dieter kyk op sy horlosie. “Dis nou twintig oor drie.”

      Rothea het ’n raaiskoot gewaag, gedink dis later. Dis asof sy ure lank hier by Dieter gestaan het en sy voel nog sy palm teen haar wang, sy arm om haar skouers ... Hoekom kon sy Carl nie verkies het nie? Carl hou van haar en vind haar aantreklik. Met Carl sou alles soveel makliker en minder pynlik gewees het. Dalk selfs moontlik.

      “Kom ons begin van voor af,” stel Dieter voor. “Ek sal nie aan jou raak nie. Kom staan hier by my en vertel my hoekom jou oë netnou soos dié van ’n vasgekeerde wildsbok gelyk het. Is dit Albie? As jy wil, kan jy ’n paar weke langer bly. Selfs maande. Susan sal jou woonstel en jou werk oppas.”

      “Ek wil nie weke lank bly nie.”

      “Ek weet ons het anders besluit, maar wil jy dan liewer ’n volgende vakansie by Albie kom kuier?”

      “Nee. Dankie, Dieter, maar wanneer ek weggaan, wil ek nooit terugkom nie.”

      Dieter wens hy kon weet wat agter die koppigheid en Rothea se weiering skuil. “Ek is jammer as jy ongelukkig by ons is. Sal Salamander help?”

      “Wat is Salamander? Salf of medisyne?” vra Rothea.

      Dieter kyk nog ’n oomblik na die hartvormige gesig met die ry sproete oor die neus. ’n Fyn, gevoelvolle gesig, skraal en vroulik-mooi. Maar met die tekens van onlangse trane ...

      “Kom kyk wat Salamander is, Rothea.”

      Dis ’n vosperd, mooier selfs as die ponie.

      “Kan jy ry?” vra Dieter.

      “Toe ek vyf was, het СКАЧАТЬ