Abel se lot. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Abel se lot - Chris Karsten страница 8

Название: Abel se lot

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798155908

isbn:

СКАЧАТЬ wanneer die kis vervoer of rukkerig in die gat laat sak word nie.

      Dokter Koster neem foto’s, die kis nou ’n addendum tot sy regsgeneeskundige verslag oor Dorkas Lotz, byvoeging tot Ella se moorddossier. Nuwe klagtes: dis ’n misdaad om sonder verlof of permit ’n lyk te verwyder, bedrog te pleeg met die inhoud van ’n doodskis.

      “Wil julle die kis en inhoud as bewysstukke bewaar?” vra dokter Koster.

      Silas kyk na Ella. “Is dit regtig nodig, adjudant?”

      Hy hoef haar nie te vra nie, en sy waardeer dit. Dis soos sy die kolonel ken. Nie oor wat hy sê nie, maar oor wat hy soms nié sê nie. Hy impliseer sy bly die ondersoekbeampte, al is sy met siekteverlof.

      “Die foto’s is voldoende, saam met die verslag oor die kis,” sê Ella.

      “Wat van Dorkas?” vra dokter Koster. “Wil julle háár as bewysstuk in die argief gaan bewaar?”

      Ella skud haar kop. “Ek sal ’n lasbrief kry, of iets … ’n permit, ’n wettige dokument om haar in haar graf te laat herbegrawe.”

      “Begrawe,” sê dokter Koster. “Nie hérbegrawe nie. Sy’s nooit in die eerste plek daar begrawe nie. Net haar kis is ingespit.”

      “Is jou outopsie op haar afgehandel, dokter?”

      “’n Outopsie was onnodig; haar mediese verslae en dokumente was in die hospitaal se argiewe. Die doodsertifikaat is in 2005 uitgereik. Sy’t aan natuurlike oorsake gesterf. Sy het ’n ernstige beroerteaanval gehad en is ’n paar maande later oorlede. Apopleksie weens bloeding op die brein. Kort voor haar vyf en sewentigste verjaardag.”

      “En toe laat haar seun haar balsem,” sê Silas.

      “Om haar vir ewig te bewaar,” sê Ella.

      “Die balsemer het uitstekende werk gedoen, moet ek byvoeg,” sê dokter Koster.

      “Meneer Poppe Junior,” knik Ella. “Hulle dink sy’s steeds in die kis. Hulle weet nie Abel het haar uitgehaal tydens die nagwaak nie.”

      Dokter Koster beduie vir sy assistent om die kis uit die outopsie-kamer te verwyder. “Gaan stort dit daar by die rommel sodat die munisipaliteit se lorrie dit kan wegry.” En aan Silas en Ella: “Wil julle haar sien? Ella?”

      Sy knik net. Nog jonk op die jop, begin nou eers, stadig, gewoond raak aan dooie liggame. Wonder of dit óóit makliker word. En nou een wat al jare gebalsem lê. ’n Mummie. Sy teug ’n slag na lug, tree nader toe dokter Koster ’n yskasdeur oopmaak, ’n staallaai uittrek.

      “Ek’t haar gesien daar op haar bed in Abel Lotz se huis,” sê Silas. “Hy’t baie moeite met haar gedoen, spesiale lugversorging en bevogtiger vir haar kamer, selfs op ’n marmerblad uitgelê.”

      “Ja, hy’t goed vir sy ma gesorg. Sy sou lank bewaar gebly het.” Dokter Koster lig die laken van Dorkas Lotz se gesig weg.

      Ella staar na die ou vrou, na die twee plooie diep tussen haar oë ingekerf teen haar voorkop op, die spiere gefossileer van dekades se fronsgewoonte, en later weens rigor mortis en balsemmiddels. Stugge, streng gesig, die ma wat ’n monster verwek het. Onder die laken steek die borsdeel van ’n outydse nagjurk uit, eens wit, nou sepia, die gestyselde bef van geborduurde kant styf om haar verrimpelde perkamentkeel.

      “Sal ek Poppe & Son laat weet om haar te kom haal vir die begrafnis? Ella?”

      Sy kyk op na dokter Koster, haar vingers strelend oor haar maag. Ook hý aanvaar dat dit haar saak bly.

      Sy knik. “Ek sal die dokumentasie reël. Bel die ondernemers.”

      “Sy’s eintlik nog op siekverlof,” sê Silas. “Nie amptelik terug as ondersoekbeampte nie.”

      “Dan kan sy die dokumentasie nie-amptelik reël.” Dokter Koster se bril het afgeskuif terwyl hy kop omlaag Dorkas se gelaat bestudeer het. Nou flits sy oë oor die raam van die bril. “Of gaan jy Ella se saak halfpad aan iemand anders oorgee, Silas? Gaan jy nou ons hele ondersoek bedonner?”

      Óns ondersoek. Ella kyk nie na die kolonel nie, wag vir sy reaksie. Lang pad wat hy en die forensiese patoloog al saamloop, en soms stamperig – wat verwag kan word van twee ou korrelkoppe. En sy is deel van daardie pad. By verstek eintlik, in haar pa se skoene.

      “Solank sy nie op kantoor kom voor die berader haar afgeteken het nie. Streekkommissaris Pitso …”

      “Dêm boontjieteller,” brom dokter Koster. Hy bedek Dorkas weer met die laken, stamp haar in die yskas terug.

      “Dis mý saak,” sê Ella. “En ek sal nie ophou tot ek hom het nie. Ek sal met Poppe & Son reël, ek sal by die graf wees as getuie vir haar begrafnis – nie-amptelik. Ek sal self gaan kyk dat sy laat sak en die graf toegegooi word.”

      “Dan’s ons eers klaar hier,” sê Silas. “Kan ons ’n slag huis toe gaan. Dis al stikdonker.”

      “En ek’s honger,” sê dokter Koster.

      Hy kry koers na sy kantoor, steek vas, roep: “Ella!”

      Sy draai om. Silas sug.

      Dokter Koster wink met ’n krom vinger. “Kom.”

      “Gaan hoor tog,” sê Silas. “Ek wag in die kar.”

      Sy stap terug, kry die patoloog by die groot kluis in sy kantoor. Hy hou ’n masker na haar toe uit.

      “Dit was oor Dorkas se gesig toe Silas-hulle haar in daardie huis gekry het. Moet die een of ander simboliek hê. Ek dog jy sal dit vir jou ondersoek wil hê, as bewysstuk, miskien ’n leidraad.”

      “Ek’t die polisiefoto’s van haar en die masker gesien.”

      “Outentiek, as ek moet skat. Dalk moet jy dit laat ondersoek, die oorsprong vasstel. Kan jou ’n nuwe insig gee in die psige van Abel Lotz.”

      “Hy is lief vir maskers, het ’n maskergalery gehad. Het selfs een van sy maskers op ’n slagoffer se gesig agtergelaat nadat hy die gesigvel afgestroop het.”

      “Gepla met gesigte, klink dit my.”

      Sy het nie ’n keuse gehad nie. Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, is sy op verpligte siekteverlof geplaas.

      Die wond aan haar maag het herstel, maar nog nie die letsel nie, ook nie die wond aan haar gees nie. Dié is Fred Lange se diagnose: die wond aan haar gees. Ella vermoed hy het dit iewers gehoor, of raakgelees. Doktor Landsberg noem dit geestelike trauma.

      Staande orders, en daarvan is geen verslapping nie. Elke lid wat in ’n gewelddadige situasie was, móét berading vir trauma ondergaan, dit weet sy. Uit en gedaan. Basta. In die polisie is stresvlakke hoog, en daar is groot kommer. Op elke begrafnis van ’n lid sien sy hoe Die Generaal treurende naasbestaandes omhels en vertroos; op elke begrafnis weergalm sy oorlogskrete teen misdadigheid. Die Generaal word afgeneem en sy foto’s en uitsprake verskyn in koerante en op TV. Die Generaal kry goeie mediablootstelling. Sy – en sy vermoed elke polisielid in die ganse land – het die foto’s van Die Generaal se uitspattige СКАЧАТЬ