Man van lig en skadu. Schalkie van Wyk
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Man van lig en skadu - Schalkie van Wyk страница 5

Название: Man van lig en skadu

Автор: Schalkie van Wyk

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624050414

isbn:

СКАЧАТЬ antwoord sy en vervolg skuldig: “Ek is jammer ek het jou aand saam met Nicolette bederf, Hougaard.”

      “Jy het nie. Jan-Hendrik het my vertel sy ontroue vrou het meer as twintig jaar gelede saam met sy beste vriend en vennoot weggeloop en die hulpelose klein Nicolette in sy sorg gelaat. Hy het manalleen daarin geslaag om van Nicolette ’n bedorwe, egoïstiese meisie te maak, maar hy is te trots op sy vaderskap om dit te besef.”

      “Nicolette is … e … is net Nicolette,” sê Petri en byt spytig op haar onderlip. “Ek wens net Ian het nie saam met haar geknoei nie. Ek het van hom gehou voordat hy ontken het dat hy my motorsleutels het.”

      “In daardie geval … Ék het geknoei, nie Ian nie. Ek loop al ’n paar uur lank met jou motorsleutels in my broeksak rond. Hou jy nou minder van jou boomvriend, Petri?” vra hy en bring sy motor tot stilstand.

      2

      Sy behoort briesend kwaad en verontwaardig te wees oor Hougaard se bedrog, dink Petri, maar sy is nie. Of dalk behoort sy Hougaard van allerlei duister motiewe te verdink, histeries te begin gil en haastig uit sy motor te spring. Maar sy wil nie, besef sy.

      Sy staar swygend na sy profiel in die sagte, geel lig van die straatlamp. Sy hou van haar boomvriend, voel vreemd aangetrokke tot hierdie man met wie sy kon gesels asof hulle die enigste twee mense in die wêreld is.

      Hy draai sy kop stadig na haar en vra met hoorbare verwondering in sy stem: “Het my bedrog jou tot stilte geskok, Petri? Of is jy so bang vir my dat jy dit nie durf waag om jou mond oop te maak nie?”

      “Nee. Ek is nie kwaad of bang nie, net nuuskierig. Hoekom het jy my motorsleutels gesteel?” vra sy en wens sy kan sy gelaatstrekke duideliker sien.

      “Ek het nie. Nicolette het vroeër vanaand jou sleutels vir my gegee.”

      Teleurstelling skeur ’n winkelhaak in haar herinneringe aan haar gesiglose boomvriend.

      “Hoekom sou sy so iets gedoen het? Jy het gesê Jan-Hendrik het jou spesiaal uitgenooi na sy partytjie sodat hy Nicolette aan jou kon voorstel. As jy ’n lid van Nicolette se bewonderaarsklub is, sal sy jou beslis nie met my wil deel nie. Om watter rede knoei jy saam met Nicolette, Hougaard?” vra sy agterdogtig.

      “Ek knoei saam met niemand nie. Ek het nie geweet dis jou sleutels nie, want Nicolette het my net gevra om die sleutels vir Ian Olivier te gee. Ek het aanvaar dis sý sleutels.”

      “As jou storie waar is, hoekom het jy my sleutels nie vir Ian gegee nie?” vra sy wantrouig.

      “Moontlik het Nicolette nie besef jou sleutelhouer het ’n naamplaatjie met jou selfoonnommer nie. Ek het met jou bossie sleutels gespeel terwyl ek gewag het om weer met Nicolette te dans en het toevallig na die sleutelhouer gekyk. Soms is ek ook nuuskierig, want ek wou weet wie is Petri Aucamp. Een van die gaste het jou aan my uitgewys en al my nuuskierige vrae oor jou beantwoord.”

      “En?” vra sy ongeduldig toe hy swyg en gemaklik terugleun teen die rugleuning van sy sitplek, sy blik op die stil straat.

      Hy kyk na haar en vra met ’n tikkie ergernis in sy stemtoon: “Hoe goed ken jy Ian Olivier, Petri?”

      “Jy behoort te weet. Het jy nie ons gesprek onder die wilgeboom afgeluister nie?” vra sy geraak.

      “Ek het nie juis ’n keuse gehad nie. Die man stuur ruikers aan jou, wil jou uitneem vir ete en gooi jou toe onder komplimente. Jy voel gevlei, wil graag voor sy sjarme swig, maar jy is bang vir jou eie emosies. Is my afleidings korrek?” vra hy saaklik.

      “Nee!” ontken sy met onnodige drif en maak só van haarself ’n leuenaar. Sy voel hoe sy bloos en sê met gedwonge waardigheid: “Ons het ’n prettige gesprek onder die wilgeboom gehad, Hougaard, maar dit beteken nie ek gaan my gevoelens vir Ian of enige ander man met jou bespreek nie.”

      “Jy hoef nie, want my afleidings was korrek,” antwoord hy met sekerheid. “En jou optrede teenoor Ian was ook korrek: Sorg dat jou tweelingtantes hom behoorlik onder kruisverhoor neem voordat jy instem om saam met hom uit te gaan. Nee, ek het ’n nog beter voorstel: Nooi eers Ian se hele familie uit om met jou tantes kennis te maak, voordat jy ’n verhouding met die vent aanknoop.”

      “Hoekom wantrou jy hom? Is jy jaloers op Ian omdat hy die aantreklikste man op die partytjie was?” vra sy onthuts.

      “Hoekom sal ek wees? Ian is net nog ’n man, maar ek is jou enigste boomvriend,” antwoord hy onbesorg.

      Hy kyk op sy polshorlosie en sug verlig. “Ek dink ons het Ian lank genoeg tyd gegee om met Nicolette rusie te maak oor jou motorsleutels en hom uit die voete te maak. Ons kan nou terugry sodat jy met jou eie motor huis toe kan ry.”

      “Jy het nie my vraag beantwoord nie, Hougaard. Hoekom wantrou jy Ian?” hou sy vol terwyl hy die motor in beweging bring.

      “Ek kan aan baie redes dink, maar een is genoeg: Hoekom het hy met Nicolette gekonkel dat sy jou motorsleutels vir hom moet gee?” vra hy bruusk.

      Hougaard klink soos ’n befoeterde pa, besef sy met ’n gevoel van teleurstelling. Dit was romanties om ’n boomvriend te hê, want daar was ’n vreemde bekoring in die diep timbre van sy welluidende stem, en sy humorsin en begrip het van hom ’n gesiglose vertroueling gemaak. Toe sy hom die eerste maal in die lig van die straatlamp sien, het sy van sy sterk gelaatstrekke gehou en aanhou wonder oor die kleur van sy oë, maar nou …

      Hougaard is omtrent so romanties soos ’n boom, dink sy beledig en voel ’n blos van ergernis oor haar gesig sprei. Hy is net ’n inmengerige ouer man wat hom ontferm het oor haar omdat hy glo sy is ’n naïewe, onervare meisietjie wat deur Ian se sjarme oorrompel sal word.

      “Jou besorgdheid oor my beweeg my byna tot trane,” sê sy met snydende sarkasme, “maar as ek geweet het jy speel net kinderoppasser, sou ek nie met jou onder die boom gepraat het of in jou motor geklim het nie. Jou rol van sekuriteitswag was heeltemal oorbodig!”

      Hy trap die rempedaal weg en bring die motor met skreeuende bande tot stilstand, skakel die enjin af en vra ru: “Oorbodig? Ek, my liewe, vreeslose Petri, is fisiek soveel groter en sterker as jy dat ek jou met gemak kan oorrompel voordat jy sou kans kry om om hulp te roep. En wie gaan jou dié tyd van die nag te hulp snel in die stil strate van ’n slapende voorstad? Jy het regtig die naïewe vertroue van ’n kleuter. Ek is ’n wildvreemde man, maar jy het sonder teëspraak in my motor geklim. Watter waarborg het jy gehad dat ek jou veilig by jou huis sou besorg? Watter waarborg het jy op hierdie oomblik dat jy veilig is by my?”

      Hy klink so kwaad dat sy ’n oomblik wonder of sy moet bang wees vir hom, maar dan antwoord sy met rustige sekerheid: “Jy is my boomvriend en ek weet ek kan jou vertrou. As ek so naïef is, waarom het ek geweier dat Ian my met sý motor huis toe neem?”

      Hy kreun sag, stut sy elmboë op die stuurwiel en bedek sy gesig met sy hande.

      “Bid jy?” vra sy toe sy hom fluisterend hoor praat.

      Hy ruk sy kop op, en sy kan selfs in die dowwe lig van die straatlampe sy donker oë sien blits.

      “Nee, ek vloek!” bulder hy met onverwagte volume en gaan toornig voort: “In watter eeu is jy gebore, Petri? Verduiwels, ek ken sestienjariges wat meer lewenservaring as jy het. Goed, jy was wonderlik slim om nie in Ian se motor te klim nie, maar as jy geweier het om in mý motor te klim, sou ek jou motorsleutels СКАЧАТЬ