Spoor. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Spoor - Deon Meyer страница 12

Название: Spoor

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798157469

isbn:

СКАЧАТЬ weet nie of ons veel langer kan wag nie, mevrou. Dit is ’n window of opportunity, en dit gaan nie lank oop bly nie. Die president se besluit kan nou enige dag geneem word …”

      Janina Mentz skuif aan haar bril. Nie oortuig nie.

      Masilo se selfoon lui. Hy antwoord, luister en sê dan in die instrument: “Van waar?” Dan weer: “Ek is netnou daar.”

      Hy bêre die selfoon. “Dit was Quinn. Ek dink die meeluistering in Gauteng het vrugte afgewerp.”

      * * *

      Quinn, in ’n swart rolnektrui en kakie-chino’s geklee, se sagte stem gaan vertroetelend met die feite om: “Inkunzi Shabangu en sy mense is slim, soos dit lede van georganiseerde misdaad betaam. Hulle vervang elke week simkaarte. Dit neem Raj se mense drie tot vier dae om die nuwe nommers te isoleer, want ons kan net Shabangu se huis monitor, dit is ons enigste vaste punt. Dan bly daar net drie dae van meeluistering oor voor ons weer van voor af moet begin. Terloops, hulle gebruik nooit dieselfde simkaart twee keer nie, en ons vermoed elke nuwe nommer word op Sondagaande aan belangrike kontakte ge-SMS. Hierdie is vanoggend opgeneem. Die een stem is dié van Shabangu self. Die oproep kom uit Harare uit, dit is ook ’n tipiese Zim-aksent …”

      Quinn klik met die muis. Die klank kom uitstekend deur die indrukwekkende stelsel.

      “Hallo.”

      “Mhoroi, Inkunzi, how are you?”

      “I am very well, my friend, and how are you?”

      “Not so well, Inkunzi, times are tough over here.”

      “I know, my friend, I know, the newspapers are full of it.”

      “What can you do … ?”

      “So, my friend, ndeipi?”

      “The news is that you were right, Inkunzi. Chitepo is working on a new route, and it will go through South Africa.”

      Quinn stop die terugspeel van die opname vir ’n oomblik. “Bes moontlik Johnson Chitepo, hoof van Zim se Joint Operations Command, en Mugabe se regterhand. Maar luister hier …” en hy aktiveer weer die opname.

      “And you are sure?” sê die stem van Julius Shabangu oor die luidsprekers.

      “Almost sure. Ninety-nine per cent. But it looks like he is keeping Comrade Bob in the dark.”

      “Chitepo?”

      “Yebo.”

      “He’s stealing from Mugabe now?”

      “He is looking after himself.”

      “O.K. So when is it going to happen?”

      “Soon, I think. But we will try to find out more.”

      “And the route? How does it work?”

      “All I know is, he’s working with a South African. Someone in nature conservation. So it could be through Kruger, you know, the transfrontier park. They are connected now, Gonarezhou and Kruger. That is what we think, they will take it through there.”

      “O.K. My friend, this is very good. But we need the details.”

      “I know, Inkunzi. I will keep listening.”

      “Tatenda, my friend. Fambai zvakanaka.”

      “Fambai zvakanaka, Inkunzi.”

      Quinn halt weer die terugspeel van die opname. “Die laaste is bloot ‘gaan jou goed’ in Shona. Die gesprek is redelik tipies, hulle hou dit kort, net soos die volgende een. Dit is Shabangu self wat bel, die nommer wat hy geskakel het is ’n huis hier in die Kaap, in Rondebosch-Oos, wat ons natuurlik voortaan gaan monitor. Die huis behoort aan ’n mnr. Abdallah Hendricks, wat tot nou toe glad nie op ons radar was nie.” Hy klik op ’n nuwe elektroniese lêer.

      “Hendricks.”

      Inkunzi se stem, diep en gesaghebbend: “I have a message for Inkabi.”

      “Inka … ? Yes, Inkabi. What is the message?”

      “Tell him he was right. Our friend in Zimbabwe is back in the export business, but he has new partners, and he wants to export to South Africa. Tell him this is ninety-nine per cent sure, but that is all we know. We will try to get more.”

      “I will tell him.”

      “O.K., my friend. That’s all.”

      “Khuda hafiz.”

      “O.K.”

      Die elektroniese geluid van ’n oproep wat beëindig word. Quinn draai weg van die skerm, kyk na Mentz en Masilo. “‘Inkabi’ is die Zoeloe-woord vir ‘os’, soos in Osman. Dit is bes moontlik die kode waarop Shabangu en Osman ooreengekom het, met hul ontmoeting. Shabangu het dus ’n sin vir humor.”

      Net Masilo glimlag.

      “ ’n Mens kan ook aflei dat Hendricks ’n bietjie onkant betrap is. Hy het nie die kode dadelik herken nie. Ons dink dit is die eerste oproep van Shabangu na die nommer, die eerste keer dat hy die kode gebruik om aan Osman te rapporteer nadat hulle mekaar in Johannesburg ontmoet het,” sê Quinn.

      “Wat beteken ‘khuda hafiz’?” vra Mentz.

      “Dit is ’n Moslem-groetfrase. Iets soos ‘mag God jou beskerm’. Soos u kon hoor, het Shabangu ook nie geweet nie.”

      “Ons het geen idee wie Inkunzi Shabangu se kontak in Harare is nie?”

      “Nee, mevrou. Maar ons weet ’n hele paar ander dinge. Ons weet nou waarom Osman vir Shabangu gaan sien het.”

      “Deel jou insig,” sê Janina Mentz.

      “Dit is ’n nog ’n onvolledige prentjie …”

      “Dié weet ek, Quinn. En dit is vir my ’n baie deurmekaar prentjie.”

      “Take it from the top,” sê Masilo. “It’s very important that we all understand exactly what’s going on here.”

      Quinn knik, dink ’n oomblik voor hy oorkant hulle kom sit.

      “Nou goed,” sê hy. “Sien dit as ’n drama, met twee hoofspelers en twee byspelers. Hoofspeler nommer een is Johnson Chitepo. Hy is Zimbabwe se hoof van Joint Operations Command, hy was Mugabe se regterhand, hy was die man wat destyds die ooreenkoms beklink het om die diamantmyn-konsessies in die Kongo te bekom. Hy was ook die een wat die diamante in die sorgelose jare verkoop het, sodat hy en Comrade Bob geldjies kon wegsit. Baie, baie geld. Maar dit was toe. Nou lyk dinge aansienlik anders. Mugabe en Chitepo is besig om stadig maar seker hul mag in Zim te verloor. Hulle diamantafset is geknou deur sanksies en internasionale ooreenkomste, hulle bankrekenings is gevries, al daardie baie geld vir alle praktiese doeleindes verlore. Op die oomblik is Chitepo se brandendste begeerte om vinnig weer ’n neseier op te bou voor die einde kom – en die einde sál kom, dit is ’n kwessie van tyd. Hy sit met minstens ’n honderdmiljoen dollar se diamante, СКАЧАТЬ