Название: Rooiborslaksman
Автор: Marinda van Zyl
Издательство: Ingram
Жанр: Историческая литература
isbn: 9780624089551
isbn:
10
Augustus 1868
Klouend aan haar rok worstel Liesbet teen die wind wat stofduiwels opjaag. Dit het twee jaar laas op Gobabis gereën en die gras is lankal tot stof vertrap. Die leë emmer kap-kap teen haar been. Sy moes net uit die huis kom. Katrien skree soos net ’n kleintjie van drie jaar oud kan. Dit en Catharina en Andries se happery na mekaar kon sy nie langer verduur nie.
Timo se tuin is hopelik nie te erg verwaai nie. Sy het lanklaas kans gehad om fontein toe te gaan.
Van Timo is daar egter niks te sien nie. Dit lyk tog of hy watergelei het, maar die grond het klaar kors gevorm soos die wind dit uitdroog. Sy trek wortels uit en tel pampoentjies tussen die droë ranke op. Timo verwaarloos die tuin, want die akker doodgerypte tamatieplante staan nog net so. Ná drie jaar glo selfs hy nie meer meneer Weber gaan terugkom nie.
Die wind suis deur die riete wat die fontein nou erg oorgroei. Hoe laf was sy nie destyds om ’n matjieshuis te wou bou nie. En hoe onnodig bang was sy vir oom Frederik wat toe nooit sy mes teruggevra het nie.
Verbeel sy haar of hoor sy iets tussen die riete? Haar eerste instink is om weg te hardloop, want die watergate in die rivier is opgedroog en wilde diere sal nou hier kom drink. Nee, dis sagte stemme. Nuuskierigheid dwing haar met ’n wye draai tussen doringbosse deur om te sien wat agter die rietbos is.
Op die klipplaat waaruit die fontein borrel, lê Timo en ’n meisie. Albei is kaal.
Liesbet is halfpad bultop toe sy onthou van die emmer groente. Sy moet terug. Timo mag nooit weet sy was daar nie. Dit sal haar vernedering net erger maak.
By die huis frons Thiri toe sy die emmer aanvat. “Waar’s die aartappels?”
“Timo is nie daar nie en ek kan dit nie kaalhand uithaal nie.”
Thiri beduie met die kop in die rigting van Catharina se kamer. “Vandag kry ons weer skel, want die stout Katrien wil mos niks anders eet nie.”
Liesbet maak vir haar grootoë. Catharina het Thiri se ma met die kruk geslaan toe sy gesê het Katrien is g’n siek nie, net stout. Nou moet sy en Thiri alleen opsnork.
“Miskien is Katrien se keel rêrig seer,” dink Liesbet hardop. “Dis hoekom sy net fyngedrukte aartappel wil eet. Ek gaan gou die pampoentjies kook. As ek dit goed fyndruk en suiker oorstrooi, sal sy dit dalk eet.”
“Waar gaan jy suiker kry? Die blik is dolleeg,” herinner Thiri haar.
Geen wonder Catharina is pal kwaad vir Andries nie. Hulle is kort aan alles, want oom Frederik het vir Andries voorgespring. Koekoes sê hy het oom Duncan se voorraad oorgeneem toe hy Eendoorn verlaat het. Koekoes en Drieka dra kort-kort nuwe rokke, terwyl sy en Catharina moet lap en stop om die voos rokke aan hulle lywe te hou.
“Waar’s Andries?”
“Kaptein is kerk toe,” antwoord Thiri.
By die kerk probeer Andries die bosduiwe met ’n grasbesem uit die kloktoring verwilder. Die ruit is maande gelede al stukkend gegooi.
Op ’n ander dag sou sy potsierlike bewegings Liesbet laat lag het, maar nou snou sy net: “Los jou lawwigheid en lui die klok. Dis hoe hulle elke Sondag verwilder word.”
Andries ruk hom op en beduie woes met die grasbesem. “Dan kom die hele spul hierheen en ek wil juis alleen wees. Ek is so moeg van almal se klagtes, Liesbet.”
Die seer oor Timo borrel uit teenoor Andries. “Hoekom doen jy nie liewer iets aan die klagtes nie, eerder as om weg te kruip?”
“Ek probeer, maar oom Frederik dwarsboom my om elke hoek en draai. As ek ’n plan voorstel, kry hy dadelik sy mense om dit te doen, maar soos hý dit wil hê. My plan om handelaars vyf pond vir water en weiding vir hulle osse te laat betaal, maar dit kwyt te skeld indien hulle ’n dag oorstaan op Gobabis en aan ons verkoop, het hy opgemors. Hulle word nou sommer in die veld beboet in stede van voor die Raad gebring word om hulle saak te stel. Ek sweer hy beroof die handelaars en betaal dan die vyf pond vir die Raad uit sy sak. En ek kan niks bewys nie.”
Liesbet voel lus om hom aan die skouers beet te kry en uit sy selfbejammering te skud. “Jy moet ophou planne maak en ’n slag iets doen. Ons kan nie so sonder lewensmiddele, veral medisyne, klaarkom nie. Meneer Weber is al langer as drie jaar weg. Jy moes lankal vir ’n ander sendeling gevra het in plaas van jou tyd mors met soebatbriewe aan hom.”
“Het Catharina jou opgesteek om my te kom uitvreet?” Andries gooi die grasbesem eenkant en loop weg.
Liesbet staar eers sprakeloos na sy rug. Hy het sowaar nie ’n woord gehoor wat sy sê nie. Skree dan agter hom aan: “Ek is vir Catharina net so keelvol soos vir jou, daarom gaan ek die skooltjie vir my as huis vat.”
Soos ’n vermakerige kind kom hy terug. “Jy kan nie daar gaan bly nie. Oom Jan het gevra of Catharina nie die kinders sal leer nie, want die jongspan loop nou vir kwaadgeld rond. Almal praat nog van hoe slim sy op skool was.”
Dié nuus laat Liesbet effens afkoel. “Dis ’n goeie plan, maar sy’t my niks gesê nie.”
“Ek het haar nog nie gevra nie, want sy baklei met my sodra ek my voete in die huis sit.”
“Ai tog, Andries,” vat Liesbet weer vlam. “As jy begin optree soos ’n kaptein en vir Gobabis se mense wys jy dra hulle belange op die hart, sal almal agter jou staan en hulle nie deur oom Frederik aan die neus laat lei nie. Catharina se mond sal jy net stilkry as jy ordentlik vir haar en Katrien sorg. Gaan koop voorraad by die handelaar op Hoachanas. Miskien het hy medisyne wat vir Katrien sal help. En loop praat ’n slag mooi met jou vrou. Ek gaan nou die klok lui om die duiwe uit te kry. As hier agies aankom, kan hulle help om die kerk skoon te maak.”
Sy pluk verwoed aan die tou, maar niemand kom ondersoek instel nie en sy gaan sit alleen in die leë kerk en huil oor Timo se verraad, die verval om haar en die hoop wat aan die doodgaan is in hierdie plek van twis. Die gekoer van duiwe laat haar opvlieg. Hulle vermetelheid om terug te kom terwyl sy nog hier binne is, laat haar met mening aan die tou pluk, tot tant Berta opdaag met ’n string vroue en kinders agterna. “Wat gaan aan? Is dit weer oorlog?”
“Nee, tant Berta, ek soek hulp om die kerk skoon te maak. Kaptein Amraal het die kerk met liefde en bloedsweet vir Gobabis gebou, maar kyk hoe lyk dit nou.”
“Jy is reg, Liesbet,” beaam tant Berta, “Oom Jan kla elke Sondag oor die stof wanneer hy moet voorlees uit die Bybel. Hy sê juis die Here straf ons oor ons sy huis verwaarloos, dis hoekom die reën wegbly.”
’n Gedagte skiet Liesbet te binne. Hoekom vir Catharina vra as sy dit self kan doen? “As ons hier klaar is, kan ons die skooltjie takel. Ek gaan van nou af die kinders help wat wil leer lees en skryf en somme maak.”
“Halleluja!” juig tant Berta. “Oupa sou trots gewees het op jou.”
Maar die volgende dag daag geen kind by die skool op nie. Liesbet gaan sit in die kerk en hoop Ou Pappa sal vir haar raad gee, maar hy bly weg, net die duiwe koer ritmies in die toring.
Toe staan Andries langs haar. “Volgens oom Jan het Hoachanas se sendeling СКАЧАТЬ