Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede). André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux страница 5

Название: Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780798176958

isbn:

СКАЧАТЬ net gesê het ek raak al hoe mooier…” begin sy.

      Wat nou?

      “. . . het jy dus bedoel vroue in die algemeen, nie ek spesifiek nie?” Sy voel spesifiek onbeskerm, alleen in die grot, want ’n kompliment is gegee en toe geneem, voel sy.

      “Jy’s mos ook ’n vrou! Dis hoekom ek sê…” verdui­delik jy. “En het jy geweet bier maak ’n vrou ook mooier?” probeer jy die onderwerp verander.

      Seker wetenskaplik bewys, grom sy.

      Is net so, sê jy, hulle noem dit die bierbril-effek: ’n Vrou raak vir ’n man 25% mooier ná ’n bier of twee. En die mooiste is: ’n Man word vir ’n vrou ook mooier ná ’n glasie chardonnay of so – hoe lyk ek? (Hel, hoe baie moes Jerry Hall nie gedrink het nie!)

      Skotse wetenskaplikes het hierdie oeroue aanname korrek bewys, iets wat mans al jare gelede agtergekom het toe hulle nog deur die waas van ’n vuurgloed in ’n grot na ’n vrou in skrapse diervelle gekyk het. En maak nie saak of jy om mee te begin mooi of lelik is nie, jy word 25% mooier en klaar.

      Wat ’n gerusstellende gedagte. (25%? Hoeveel biere sal dit vat om ’n vrou 100% mooier te maak? wonder jy onwillekeurig. Nee, wag, netnou gee dit ’n gelollery af.)

      Jy vat nog ’n klein slukkie en kyk alte fraai na haar. Dis ’n mooi oomblik. Maar sy loop kombuis toe, pluk die yskasdeur oop, gryp ’n bakkie jogurt, ’n teelepeltjie, en tik-­tik-klikketie-klak kom sit sy in die verste hoek.

      Jy’t ewe gedink sy gaan nog bier haal…

      Is jy romanties?

      Natuurlik is jy romanties! Dis immers Februarie, die maand van die liefde, en jy’t onthou.

      Jy onthou intieme aande met warm hande en Julio Iglesias, aarbeie en roomys, sjokoladekoek op die sitkamermat, sjampanje op die strand met kerse in die sand wat jy self daar geplant het.

      En pizza in die bed.

      Julle het eenkeer by Churchhaven op die strandmeer gevaar. Die bootjie het sommer daar op die strand gelê, toe sê jy klim in, ek vat jou vir ’n spin. (As dit nou nie romanties is nie…) Julle het ál om en om gevaar, want daar was net een spaan, en die bootjie was nie juis seevaardig nie. Gelukkig was die water vlak, maar julle moes nogtans kniediep terug wal toe waad. Jy wou haar op die hande dra, maar julle was nog effens vreemd vir mekaar, toe word haar romp sopnat.

      “Kom ons sit hier op die sand om droog te word,” het jy voorgestel.

      Met ’n nat skirt op die sand? het sy gevra.

      “Moet jy nie jou romp liewer uittrek nie? Dan word dit gouer droog, hier’s tog nie ’n mens in sig nie.”

      Dis soos dit moet voel op ’n verlate eiland, het jy ge­dink, net julle twee. Dit was jul eerste date. (Wonder wat daardie ou gedink het toe hy agterkom sy boot met die een spaan is weg.)

      Sy’t in die kar gaan sit, nat skirt en al. “Nou’s my sandale ook geruïneer.”

      Toe gaan eet julle maar kreef op Paternoster.

      Die volgende keer (sy’t weer nie geweet waarheen jy haar neem nie) was dit ’n sjampanje-piekniek met Oros (dit was die einde van die maand) langs die Bergrivier in Du Toitskloof. Tussen muggies, jy kon dit nie voorsien het nie. Op die tamatiesous. Op die hot dogs. Dit was asof die tamatiesous louwarm gestol het.

      Moet sê, jy was half verbaas toe sy jou uitnodiging ’n tweede keer aanvaar. Sy moes iets romanties in jou gesien het waarvan jy nie toe bewus was nie.

      Jy’t toe al besef: Enigiets wat ’n man doen sodat ’n vrou nie hoef kos te maak nie, is romanties. Dan is ’n boot­reis aan die Weskus eintlik nie nodig nie (maar ’n eiland­vakansie kan help).

      Jy kondig net aan: “Ek neem jou uit vir ete.” Agter ’n potplant in die hoek, die ligte ge-dim. Dan is dit ’n verrassing.

      Want enigiets romanties moet ’n verrassingselement hê. ’n Gewoonte is gewoonlik nie romanties nie, verstaan?

      Gee net blomme wanneer sy dit die heel minste verwag. As sy gewoond raak daaraan, dink sy jy bedoel dit nie meer nie. Soen haar van agter in haar nek. Eers as sy om­draai, sien sy dis jy en is op die plek aangenaam verras, asof sy iemand anders verwag het.

      As sy weer vra waaraan jy dink (vroue gaan nie ophou met daardie vraag nie), sê jy dink aan ’n bootjie onder die water by Churchhaven, m.a.w. jy dink aan die heel eerste romantiese ding wat julle saam gedoen het en hoe ’n nat skirt aan ’n vrou se lyf kan kleef en deurskynend word.

      Die onverwagse nostalgie sal haar oë met herinneringe vul en joune laat blink.

      Sit iets pienks in ’n boksie, draai ’n strikkie om, sit ’n kaartjie by en jy’t nog ’n verrassing. Jy kan haar die maan en ’n paar sterre gee, maar as dit nie toegedraai is met ’n strikkie om nie, help dit niks. Vroue is mal oor strikkies en kaartjies wat hulle in boksies kan bêre. (Sy’t nou nog die albaster wat haar eerste kêrel in die kleuterskool vir haar gegee het.) En pienk laat haar dink aan spookasem en goeie tye. Dis ’n romantiese kleur soos milkshake.

      Nè?

      Jy onthou jy’t dit laas in 2002 ook gedoen, toe’t dit ge­werk. Dit was só romanties, nou doen jy dit weer: Jy verskyn in die badkamerdeur soos ’n verrassingselement – met net ’n strikkie om.

      ’n Pienke.

      Dodelike passiedoders (vir hom)

      Die oomblik is reg, die atmosfeer is reg, die weer is reg, die liefde lê gereed om te blom, dan gebeur iets wat die passie net daar dood.

      “Wag net gou… is die agterdeur gesluit? Is jy seker?” vra sy.

      Onmiddellik is jy van níks meer seker nie!

      Of sy vra iets totaal onvanpas, wat niks met die atmosfeer, die weer of die oomblik te doen het nie: “Dink jy nie dis tyd dat jy jou hare laat sny nie?” Onthou, enige op- of aanmerkings oor die plafon is ook taboe: “Daar sit daai muskiet sowaar weer!”

      En dan moet die skottelgoed ook nog gewas word, sug sy. Skottelgoed?! Of dit nou ’n skimp, afpersing of ’n ruiltransaksie is, dit neem die wind uit jou seile. Jou vlag hang halfstok.

      Asseblief, die oomblik is nóú! Konsentreer.

      Toe begin die baba huil. Jou tjank is net daar afgetrap. Met so baie passiedoders in omloop wonder jy waar die baba hoegenaamd vandaan gekom het. Seker daardie een Desembervakansie op Margate, nog voor die resessie.

      Oor ’n jaar of twee sal daardie einste klein snuiter op ’n Sondagmiddag aan ’n toe deur hamer en skree: “Wat doen julle? Maak oop die deur! Ek wil nie slaap nie.”

      Daar behoort ’n kennisgewing bokant die bed te wees: Geen kinders of troeteldiere. Want ewe skielik voel jy iets lek jou aan die oor. Jy dink ewe dis sy, toe’s dit die kat, sies, man! Daardie tongetjie is die ene rasper.

      Die heel ergste is as die kat net daar op die voetenent van die bed sit en vir jou kyk – beterweterig, beskuldi­gend, afkeurend en… wel… katterig. En die kat sê op Engels: Purrfect, СКАЧАТЬ