Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede). André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux страница 3

Название: Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780798176958

isbn:

СКАЧАТЬ is haar…?”

      “Klein?”

      “Haar enkeltjies. Dis so klein en dun.”

      “Wil jy vir my sê jy kyk na Minki se… énkels?” Jy’t vergeet om te sê ’n mens kry ook enkel-manne. Hulle is net een trappie hoër op die evolusieleer as voet-manne, wat aan tone suig.

      “Elke skorsie sy proporsie,” verduidelik jy. Jy’t so pas ’n nuwe slagspreuk geskep, besef jy. Wonderbra kan dit gebruik as hulle jou betaal.

      So skuins onner jou wange

      Twee lofgesange (dig jy voort).

      O, smagtend die verlange

      In al my hart se gange (sluit jy af).

      “So, hoekom peuter met perfeksie?” troef jy haar met alliterasie.

      Toe voel julle albei sommer lekker jollie.

      Wou jy nog iets sê?

      Jy wou nog iets sê, toe sê sy al: “Jy’t my nooit gesê nie!”

      Voor jy jou asem kon intrek…

      “Hóékom het jy my nooit gesê nie?”

      . . . val sy jou in die rede, maak nie saak oor wat nie.

      “Dis omdat vroue vinniger dink as mans.”

      Jy dink staaadig oor daardie een…

      “En omdat jy in die algemeen so min praat,” verdui­delik sy. “As jy een sin gesê het, dink ek jy’s klaar gepraat, dan’s dit weer my beurt.”

      O.

      “Miskien moet jy ’n vinger opsteek vir elke sin wat jy wil sê,” probeer sy help. “Een vinger vir een sin, twee vingers vir twee sinne, en so aan, verstaan jy? Dan weet ek mos of jy nog iets wil sê of nie. Buitendien: Partykeer bly jy te lank stil tussen sinne.”

      Die mense sal dink julle praat vingertaal met stiltes tussenin.

      As jy vir iemand ’n storie vertel wat sy ook ken, val sy jou in die rede deur jou sinne te voltooi. Jy vertel nie die storie met genoeg smaak nie en jy los belangrike detail uit (al het dit niks met die punt van die storie te doen nie).

      “Wie vertel die storie, ek of jy?” vra jy vasberade.

      “Oukei, gaan aan. Ek sal jou nie weer in die rede val nie.” ’n Nuwejaarsvoorneme wat verdwyn soos mis voor die Februarie-son. Want twee sinne verder sê sy jy moet bysê die verkeerskonstabel was vet. (Detail, onthou?) Wat niks te doen gehad het met die feit dat sy te vinnig gery het, of dat sy…

      “Dis belangrik dat hy vet was!”

      . . . oor die arme man se voet ge-reverse het nie. Sy’t ’n paar knope van sy uniform saamgevat.

      “Dis buitendien my storie… Dit sou nie so snaaks ge­wees het as hy nie vét was nie! Jy moes sy gesig gesien het toe ek eers met die agterwiel oor sy voet ry en toe sowaar met die voorwiel ook. Oor sy ánder voet! So kadoef-kadoef.”

      Jy steek een vinger op.

      “Wat nou?” vra sy.

      “Kon jy nie kyk waar jy ry nie?”

      “Kon hy nie kyk waar hy stáán nie?”

      * * *

      Jy kry ’n SMS: 2% melk.

      Dis maklik. Jy moet melk koop op pad huis toe.

      Jy tik terug: Sal nie… toe’s daar nóg ’n SMS: Dis die bottel met die BLOU label. En tjoklits.

      Sy’t jou sowaar in die rede geval per SMS!

      Byna dadelik lui jou foon.

      “Wat bedoel jy met Sal nie… as ek jou vra om melk te gaan koop?”

      Jy verduidelik jy wou nog sê: Sal nie ’n probleem wees nie, toe val sy jou in die rede en toe stuur jy die halwe SMS per ongeluk. (Hoekom het sy nie in die eerste plek gebel nie? Dan was dit nie nou nodig om…)

      Sy val jou ná ’n kort stilte saaklik in die rede met: “Ont­hou die tjoklits.”

      Jy onthou dit, maar by die huis steek jy vyf vingers in die lug en sê dis g’n wonder mans en vroue verstaan mekaar nie (een vinger), want mans kry nooit die kans om iets te sê sonder om in die rede geval te word nie (twee vingers) en kenners sê dis belangrik om reg te kommunikeer (drie vingers), elke ou moet kan sê hoe hy voel (vier vingers) en… (vyf vingers).

      Dis die meeste sinne wat jy in ’n lang tyd kort ná mekaar kon sê, toe val sy jou sowaar weer in die rede. Dié keer sonder om ’n woord te sê!

      Want toe jy omdraai, staan sy daar teen die kosyn gedrapeer met net die sjokolade in haar hand – en Chanel No. 5.

      Die lipstiek-faktor

      Resessies en gerugte van resessies. En wat doen vroue?

      Hulle koop lipstiffie.

      Dit word die lipstiek-faktor, -aanwyser of -indeks genoem. As jy dus wil weet in watter finansiële toestand die wêreld is, kyk net hoeveel lipstiffie vroue koop. Leonard Lauder, voorsitter van Estée Lauder, het die afleiding ge­maak toe dinge donker was ná 9/11 en hy gesien het hoe lipstiffie-verkope styg.

      Niks wat ’n vrou so maklik opbeur in slegte ekonomiese tye as ’n bietjie kleur op die lippe nie. Moet ’n vrou en haar lipstiffie dus nooit onderskat nie.

      “Sowaar!” sê sy en gaan koop nog lipstiffie. Daar’s g’n keer aan ’n vrou met rooi lippe nie.

      Die redenasie is: Lipstiffie – of lipglans – is ’n klein ver­grypie vergeleke met ’n nuwe handsak of skoene om jou gemoed te lig. Altyd ’n winskopie, dit voel nie eens of jy geld uitgee nie. Dis baie goedkoper as petrol: As jy dus by die huis moet sit omdat jy nie geld vir petrol het nie, doen dit met rooi lippe. Jy sal met plesier by die huis sit, jy en jou lipstiffie.

      Dis so lekker kompak en lig, jy kan dit oral met jou saamdra om jou lippe op te top, enige tyd, enige plek (baie vroue doen dit in die motor op pad werk toe). Dis ’n noodsaaklike bykomstigheid as jy byvoorbeeld toilet toe gaan, by die fliek of by die huis. Dit pas in enige (ou) handsak, groot of klein. En as jy al ’n paar bewoë lyntjies om jou mond het, laat lipstiffie jou jonger lyk, want jou lippe blink soos dou. Boonop bevogtig dit en voel lekker op die tong.

      Om te dink Cleopatra het haar lipstiffie laat maak van fyngekapte kewers en miere. Ga!

      Gelukkig smaak vandag se lipstiffies glad nie na kewers of miere nie, eerder na vye en vanielje. Elkeen het ewe sy eie unieke nommer met ’n klinkende naam soos Hot Mango, Lavish Burgundy, Animal Instinct, Raspberry Rush, Cool Watermelon, Juicy Nude Glow en Va Va Voom.

      Alles baie soenbaar, klink dit vir jou, ’n paar selfs eetbaar. (Dis net sleg as jou vet antie van Kuruman jou soen met haar rosyntjiemondjie – die kleur СКАЧАТЬ