Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede). André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux страница 4

Название: Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780798176958

isbn:

СКАЧАТЬ mans? Wat doen mans in slegte ekonomiese tye?

      Hulle worrie – en gaan koop dan allerhande elektro­niese goetertjies, gadgets, as die petrolprys ’n slag weer daal.

      Dan kry sy “net gou” haar lipstiek as julle uitgaan. Sy verwys altyd daarna as “my” lipstiek: “Wag, ek kry net gou mý lipstiek.” Sy’t ’n verhouding met haar lipstiffie, ’n baie beter verhouding as met jou, voel dit soms. (Trou­ens, partykeer dink jy sy sal sowaar sonder jou kan klaar­kom, net nie sonder haar lipstiffie nie.)

      Hoeveel keer ’n dag vra ’n vrou: “Het ek nog lipstiek aan?” Dis nie ’n vraag nie, dis ’n noodkreet.

      Lipstiffie is amper soos mooi onderklere. ’n Vrou sal haarself bederf met mooi onderklere al weet sy niemand in die wêreld gaan dit sien nie, dis immers onderklere, net die bandjies steek soms uit. Hoekom dink jy koop ’n vrou G-strings? Dis omdat sy haar rieme dun sny.

      Want met mooi onderklere – en lipstiffie – loop ’n vrou op wolke, trap sy hoër as die inflasiekoers, volg sy haar hart en haar beste bra met vasberadenheid.

      Dis seker die onderklere-faktor, dink jy.

      En jy’t nogal gedink dis spesiaal uitgekies vir jou eks­klusiewe aandag en waardering, maar sy’t die lig afgesit om elektrisiteit te bespaar. Nou lê jy daar in die donker en wonder of sy die badkamer se lig ook gaan afsit.

      “Moet ek nou alleen hier in die donker lê en worrie?” vra jy.

      “Ek’s nou da-h-aar,” koer sy. “Ek sit net gou my lipstiek aan.”

      ’n Man van agter

      Vir vroue lyk mans glo sexy van agter. Hulle kyk sodra ’n man sy rug draai, en erken dit selfs.

      “In stywe jeans, dit doen net iets aan ’n vrou,” beaam sy terwyl ’n tinteling deur haar gaan. Jy oorweeg dit om om te draai, maar dan wonder jy: Is dit toevallig dat ’n man se beursie gewoonlik in sy agtersak sit?

      “Veral met ’n voorskoot aan terwyl hy die skottelgoed was,” skimp sy.

      Dis waaroor dit gaan. Huiswerk.

      Onlangse navorsing in Brittanje het gewys 59% van mans word met ’n groot doofheid geslaan sodra hulle gevra word om in die huis te help, hulle hoor niks. En blyk­baar, wanneer ’n vrou trou, kry sy ’n ekstra 7 uur se huiswerk per week by – natuurlik veroorsaak deur die man (seker los klere op die vloer en so). Die man, daarenteen, het op sy beurt 1 uur per week minder huiswerk.

      Maar dis nie asof jy nie probeer nie…

      Dan sê sy: “Dis nie soos ’n mens ’n bed opmaak nie. ’n Mens trek nie net die duvet reg nie.” (As die duvet reggetrek is, is dit mos reggetrek en klaar, dis tog die gerief van duvets.)

      “Gee hier daardie besem,” beveel sy. “Jy vee al die stof in die lug in op!”

      Jy was eintlik besig om die stof netjies in die hoeke in te vee.

      En toe jy die kaggelrak afstof – jy stof versigtig tussen al die foto-raampies en potjies en goetertjies af om niks te versteur nie – sê sy jy moet eers alles afpak, dán afstof en weer terugpak. Dit klink vir jou na ’n omslagtige manier van werk, toe laat val jy per ongeluk ’n maer blompotjie met ’n tarentaalveer daarin en die veer fladder sowaar by die venster uit, nou’s dít ook ’n probleem.

      “Sien jy nou?” vra jy gekrenk. Sy sê dit was ’n blompotjie met sentiment, los liewer, sy sal self verder afstof én terugpak.

      Jy gaan sit maar êrens uit haar pad. Maar dis steurend om aanmekaar jou voete voor die TV te moet oplig terwyl sy heen en weer stofsuig (hier kom sy weer).

      Jy’t al geleer, as jy haar wil help – uit pure manlike pligsbesef – moet jy wag tot sy in die winkels is. Wanneer sy terugkom en sien die hele sitkamer is opgeruim en netjies, is die eerste ding wat sy vra: “Het iets gebreek?”

      Eenkeer het jy op jou knieë gegaan – party mans doen dit vir ’n vrou – om die kombuisvloer te was, toe keer sy: “Dis te veel seep, ons gaan gly! En vervat die lap, vervat die lap! Jy smeer net die vuiligheid in die vloer in.”

      Sy vergeet: Jy’s die wandelende blikoopmaker in hierdie huis, die oopdraaier van potjies en flessies, die bringer van iets (soos sjokolade) van die kafee af terwyl jy net gou die koerant wou gaan koop, die uitsitter van vullis elke week (van die kombuis tot die drom tot die straat), die indraaier van skroewe, die gaan-haler van take-aways (die in-die-tou-staner), die gaan-betaler van die TV-lisensie, die insteller van die DVD-speler, die regmaker van muur­proppe en die omruiler van gloeilampies, die verskuiwer van meubels (elke drie maande), die ophanger van portrette, die staner op stoele om goed by te kom wat te hoog is (“Staan nog, ek sien jou beursie!”), die wegjaer van muise, die gaan-kyker elke aand of al die deure gesluit is, die opstaner in die nag vir geluide waar niks is, en soms, die sintuiglike suiger van tone…

      Jy’s so geïnspireerd deur alles wat jy in die huis doen, jy’t dit self nie besef nie, jy gaan was sommer die skottelgoed ook. En oor jou skouer vra jy, jou hand skalks op jou beursie, regterboud:

      “Ek gaan ’n voorskoot aansit. Kom jy kyk?”

      Hoe vrouer hoe mooier

      “Het jy geweet jy raak al hoe mooier?” vra jy.

      Sy glimlag van links na regs en weer terug: “Rêrig? Jy sê partykeer sulke móói goed!”

      Ja, sê jy, dis wetenskaplik bewys.

      “Wetenskaplik? Hoe bedoel jy?”

      Die ding werk só: Wetenskaplikes het bevind mooi vroue het 16% meer kinders as, sê maar, minder mooi vroue, jy weet, lelike eendjies? En die meeste van daardie kinders is dogtertjies, en hulle het hul ma se mooi gene gekry, wat hulle weer oordra aan húl kinders, wat ook meer dogtertjies insluit, en so gaan dit aan en aan. Dis glo oorerflik, in ’n mooi vrou se DNS geprogrammeer.

      Wat beteken, redeneer die wetenskaplikes, dat vroue deur die eeue, van generasie tot generasie, al hoe mooier word.

      “Daar het jy dit!” sê jy triomfantlik. “Dis logies.” Vroue raak al hoe mooier en jy’s die laaste een om te kla. Maar êrens in jou agterkop klink dit – as die wetenskaplikes aan­gaan soos hulle aangaan – of mans een of ander tyd gaan uitsterf omdat mooi vroue meer mooi dogtertjies kry as lelike seuntjies, en wat help ’n mooi vrou jou dan? Die wetenskaplikes sê hoeka mans het deur die jare net so lelik gebly soos toe hulle nog in grotte gewoon het.

      Jy kan sien sy vind dit ’n verfrissende gedagte, sy luis­ter skielik skerper, maar jy maak of jy dit nie agterkom nie.

      Want mans het nog nooit nódig gehad om mooier te word nie, aangesien lelike mans net soveel kinders het as mooi mans, volgens die wetenskaplikes. Gelukkig vir die meeste mans in malls – en Mick Jagger – steur vroue hulle nie veel aan die uiterlike nie. Vir vroue is dit belangriker dat die man haar moet kan beskerm terwyl sy swanger is en borsvoed, tradisioneel tye wanneer sy genoeg kos nodig het en bang is vir roofdiere. Die druk op mans, deur die eeue heen, is dus eerder om sterk en beskermend te wees (wat beteken hy moet geld hê, nè?).

      “Ja, hy moet kan peanut butter en sjokolade aandra!” val СКАЧАТЬ