Hans steek die Rubicon oor. Rudie van Rensburg
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hans steek die Rubicon oor - Rudie van Rensburg страница 6

Название: Hans steek die Rubicon oor

Автор: Rudie van Rensburg

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780795801488

isbn:

СКАЧАТЬ steek. Hy wou maar net uitvind of Krimpvarkie ’n sin vir humor het. Sy oorlede broer se gesegde dat hy nie vis, vark of fokken hoender eet nie, het mense altyd laat skaterlag.

      “Enige ander allergieë?”

      Hy hou twee vingers in die lug. “Net twee. Voorskriftelikheid en reëls.”

      “Pa!” roep Carla uit.

      Die matrone kyk streng na hom. “Ek bedoel is jy allergies vir aspirien, antibiotika … dalk ander goed soos bysteke?”

      Hy skud sy kop. Hy kan sien sy hou nie van hom nie. Die gevoel is wederkerig.

      “Enige siektetoestande waarvan ons moet weet? Lekhart, rumatiek, maagprobleme, swak blaas …”

      “Gesond van lyf en lede.”

      “My pa is regtig nog baie gesond,” moet Ben ook sy sê inkry.

      Hans wil-wil hom vererg. Hy hét mos gesê daar skort niks met hom nie.

      “Hy’t bietjie hoë bloeddruk, maar gebruik medikasie daarvoor,” sê Carla.

      “Ek drink die pille net nou en dan,” mompel Hans. “My bloeddruk is meeste van die tyd piekfyn.”

      “Sal jy soggens by ons liggaamsoefeningklas wil inskakel?”

      “Ek hop nie op en af soos ’n kind nie. Verkies om te stap.”

      Hy merk die skielike spiertrekking in die matrone se wang.

      “Dis gevaarlik in die strate,” sê sy beslis en druk haar kennetjie uitdagend uit. “Ons laat inwoners nie toe om te gaan stap nie.”

      Hy kom orent uit sy stoel. “Dan gaan ek nie hier by julle regkom nie.”

      “Moenie Pa laf hou nie!” Carla trek hom aan sy mou terug. “Deur tien maal om die gebou te stap, sal Pa oorgenoeg oefening kry.”

      Hy gaan sit, maar net op die punt van die stoel. Die kinders moet sien hy is gereed om enige oomblik sy tas te vat en te trap.

      Die matrone trek ’n ander vorm nader. Sy begin lees die string kleingeestige reëls van die brosjure wat hy met soveel afsku bejeën het. Hy luister net met ’n halwe oor.

      “Jinne, Pa, daar’s tot ’n klein biblioteek hier,” sê Carla met ’n paaistem. “Matrone, my pa is vreeslik lief vir lees.”

      “Ek raak nie aan soetsappige liefdesverhale nie.”

      “Ons het ’n wye verskeidenheid boeke,” sê Krimpvarkie nors.

      Sy staan op uit haar stoel. “Reg, ek vra gou vir Esmeraldus om julle die kamer te gaan wys.”

      Toe hulle in die ontvangslokaal uitstap, staan Boerbok gereed. Hans kyk hoe hy behoorlik op aandag spring toe die matrone haar bevele gee. Dan marsjeer hy voor hulle uit, bokbaardjie wippend van die aksie.

      6

      Hulle voetstappe en die taswieletjies se gekierts-kierts op die vinielvloer eggo in die lang, stil gang. Hans voel soos ’n slagdier wat na sy einde gelei word.

      “Hoekom is dit so stil?” vra hy. “Bly hier nie mense in dié gang nie?”

      Boerbok gee ’n runniklaggie. “Hier bly oumensies, my oompie, maar hulle hou altyd so ’n uurtjie se stiltetyd voor aandete. Een van Matrone se reëls.”

      “Stiltetyd soos by ’n kleuterskool?”

      “Asseblief, Pa,” sê Carla waarskuwend. “Moet in hemels­naam nie weer iets begin nie.”

      Boerbok gaan staan voor ’n deur en sluit dit oop. Hy glimlag breed. “My oompie se kamertjie.”

      Hulle stap in.

      “Ja, jy’s reg om dit ’n kamertjie te noem,” sug Hans. “’n Mens sal hier versigtig moet omdraai om jouself nie te beseer nie.”

      “Ai, Pa, dis darem nie só erg nie,” sê Ben. “Pa se meubels pas gerieflik in en hier’s genoeg ruimte om rond te beweeg. Selfs nog plek vir ’n stoel ook.”

      Carla trek die gordyne oop. Die venster kyk uit op die vei­ligheidsmuur wat twee meter weg is.

      “Ek het minstens ’n mooi uitsig op die Berlynse Muur,” sê Hans met ’n wrang glimlag.

      Hy kyk rond in die kamer. “Waar’s my groot tas?”

      Boerbok maak die hangkas oop. “Ons het solank my oom­pie se kleertjies uitgepak wat in daardie tas was.”

      “Waar’s dit nou?”

      “In die tassekamer gebêre.”

      “Ek wil my tas by my hê.” Hy wil nie nog by ’n tassekamer moet inbreek as hy besluit om die pad te vat nie.

      “Hier’s nie plek vir tasse nie, Pa,” sê Carla vinnig, en in dieselfde asem: “Sê my, Esmeraldus, hoe lank is matrone Van Dussen al hier die hoof?”

      Hans laat hom nie flous nie. Dis ’n ou taktiek van Carla om sy aandag te probeer aflei as hy oor iets standpunt inneem waarvan sy verskil.

      “Nou amper vyf jaar,” sê Boerbok ingenome.

      “Was sy voorheen by ander ouetehuise betrokke?” vra Ben.

      “Nee, Matrone was in haar jong dae verpleegster by ’n hospitaal in Bloemfontein. Toe by Korrektiewe Dienste gaan werk, waar sy later bevorder is tot kolonel. Sy het vyf jaar gelede by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria afgetree en toe het ons beheerraad haar gewerf om hier hoof te word. In daardie stadium was hier maar baie veiligheidsgebreke. Matrone het dinge vinnig verander, die muur laat bou en ons nessie oral met diefwering beveilig en …”

      “En so Huis Kgosi Mampuru tot stand gebring,” sê Hans.

      “Pa!” roep die Goebbels-koor uit.

      “Ek wil my tas hê!”

      “Ek … ek sal dit … bring,” stamel Boerbok, duidelik verbouereerd.

      “Vergeet van die tas, Esmeraldus,” sê Carla beslis. “En baie dankie dat jy ons hierheen vergesel het. Ons wil gou ’n tydjie alleen met my pa gesels voor ons vertrek.”

      Boerbok skud formeel blad met Ben en Carla. “Veilige reise terug, mensies,” sê hy en maak hom uit die voete.

      Carla trek die deur agter hom toe en kom staan met haar hande op haar heupe voor Hans. Haar neusvleuels klap oop en toe.

      “Wat het in Pa gevaar? Ek het my nog nooit só vir Pa geskaam nie!”

      “Ek wil nie hier wees nie.”

      “Pa is nou soos ’n koppige kind,” sê Ben. “Verander Pa se ingesteldheid net. Dan gaan Pa sien hoe lekker die mense hier bly.”

      Hans СКАЧАТЬ