Название: Hans steek die Rubicon oor
Автор: Rudie van Rensburg
Издательство: Ingram
Жанр: Юмористические стихи
isbn: 9780795801488
isbn:
“Kalm bly, Carla.” Ben kyk na Hans. “Is ons op dieselfde golflengte, Pa?”
Hy knik. “Ek sal ouetehuis toe gaan … maar eers oor so ’n jaar of twee. Ek het gedink om in ’n woonstelletjie …”
“Dit kan Pa op Pa se maag skryf en met ’n lappie afvee,” blaf Carla. “Ek wil nie weer één woord oor ’n woonstel hoor nie. Uit en gedaan!”
“Dis nie prakties nie, Pa,” sê Ben meer bedaard. “Hoeveel járre moes ons Pa nie smeek om uit die huis te trek nie? Dit was net ’n seën dat die inbreker Pa nie iets aangedoen het en …”
“Hulle breek nie by woonstelle in nie,” kap hy terug.
Ben skud sy kop. “Dit gaan nie net daaroor nie. Pa kan nie meer alleen bly nie. Pa stap aan in die jare. Wat gebeur as Pa iets in die woonstel moet oorkom?”
“Oorkom? Jy meen dood neerval! Hoekom kan ek dit nie alleen doen nie? En wat is die voordele daaraan verbonde om dit tussen ander mense in die ouetehuis te gaan doen?”
Ben sug. “Ai, Pa, ons praat nie van doodgaan nie. Pa kan ernstig siek word of val en iets breek. In die ouetehuis is daar mense om Pa by te staan. Boonop het hulle ’n wonderlike versorgingseenheid.”
“Ons wil nie onredelik wees nie, maar Huis Madeliefie is ál opsie,” sê Carla, haar stem skielik sagter. “Dis net vir Pappie se eie beswil.”
Hans tuur peinsend voor hom uit. Dit help nie om teen die donderweer te wil poep nie. Hy sal vir eers saamspeel, besluit hy.
“Reg, ek sal gaan. Wys my nou hoe werk daai foon.”
5
Toe hulle voor Huis Madeliefie se veiligheidshek stilhou, kry Hans dieselfde beklemming as destyds toe sy ouers hom vir die eerste keer by die skoolkoshuis afgelaai het.
Die stukkende lugversorger van die Avis-kar wat Ben gehuur het, help ook nie. Die bedompige kajuit laat hom uitermatig warm kry. Sy handpalms is klam en sweet loop in dun stroompies teen sy gesig af. Hulle sê dis die warmste Maartmaand nóg in die Kaap.
Hy weet nie of hy in sy volwasse lewe al ooit só bedremmeld gevoel het nie. Sy laaste, desperate poging om hierdie hel vry te spring, het ook nie gewerk nie. Die kinders het sy betoog dat hy hom eers geestelik vir die ouetehuis wil voorberei deur nog net vanaand in ’n hotel te oornag minagtend verwerp. Trouens, Carla was op die rand van ’n tamaai uitbarsting.
Die hekwag, uitgevat in ’n groen uniform en wit handskoene, kom kiertsregop en met mening nader. Sy vrae is omslagtig en oordrewe suspisieus, klink omtrent of hulle sekerheidsklaring by die Kremlin moet kry. Doel van die besoek? Gaan al die insittendes in die kar die perseel weer verlaat? Geskatte tydsduur van besoek? Volle name van die nuwe intrekker? Foonnommers van naasbestaandes? Adresse?
“Ben, vra of hy nie ons vingerafdrukke ook wil neem nie,” sê Hans vanuit die agterste sitplek.
Carla kyk kwaai om. “Gedra vir Pa! Moet in hemelsnaam nie nóg skandes maak nie.”
Hans snork toe hulle uiteindelik inry. “Mens sou sweer die Krugermiljoene word hier bewaar.”
“Dis juis hierdie veiligheidsingesteldheid van hulle wat ons in Desember die meeste beïndruk het,” sê Ben. “By van die ander ouetehuise is daar geen beheer nie. Mense kom en gaan soos hulle wil.”
“Wat’s daarmee verkeerd?” Hans staar na die onooglike turkoois mure van die gebou, dieselfde skakering as die bussie wat hom twee weke gelede by sy huis opgelaai het.
Die kinders ignoreer sy vraag.
Ben parkeer op die stilhouplek vir besoekers. Hulle klim uit, haal sy tas uit die kattebak en stap verby drie tuinkabouters wat in gelid in ’n roosbedding staan.
Daar’s diefwering voor al die vensters, merk Hans. En by die ingang is ook ’n veiligheidshek.
“Suid-Afrika se eie Alcatraz,” sug hy.
“Staak tog Pa se sarkasme,” sê Ben en druk die interkomknoppie by die hek.
Die hek klik oop en hulle stap in op ’n turkoois volvloermat in ’n groot ontvangslokaal. Moet die spul se korporatiewe kleur wees, dink Hans. ’n Gebrek aan goeie smaak vertel als.
Die verkleinwoordjie-kêrel wat die bussie bestuur het, wag hulle in.
“Welkom by Madies, mensies!” sê hy hartlik. Toe sy blik op Hans val, verdwyn die gasvryheid vir ’n oomblik uit sy oë.
Noudat Hans die man van naderby beskou, herinner die wippende bokbaardjie hom aan ’n boerbok. Die vent lyk eintlik nés ’n boerbok … een met ’n diklensbril op.
“Ek’s bly my oompie is uiteindelik hier,” sê Boerbok.
“Ongelukkig kan ek nie dieselfde sê nie.”
Carla stamp Hans met die elmboog in die sy en gee hom ’n vuil kyk.
“Moet tog nie my pa se grappies letterlik opneem nie.” Sy lag verleë. “Hy’s eintlik baie opgewonde om deel te word van julle wonderlike tehuis.”
Boerbok knik ingenome. “Matrone Van Dussen wag vir julle in haar kantoor. Volg my, asseblief.”
Op die verste punt van die ontvangslokaal is ’n deur waar hy eers gedienstig klop voor hy dit versigtig oopmaak.
’n Verpotte klein vroutjie in ’n grys broekpak kom orent agter ’n breë lessenaar. ’n Krimpvarkie, is Hans se eerste gewaarwording. Spits gesiggie met pennerige hare wat lyk of dit dreig om haar klein voorkoppie heeltemal toe te groei. Hy skat haar in die sestig, ondanks haar krom postuurtjie.
Sy kyk na Boerbok. “Dankie dat jy ons besoekers ingebring het, Esmeraldus. Jy kan nou maar gaan.”
Hans onderdruk ’n proeslag toe Boerbok hom vinnig uit die voete maak. Esmeraldus!
Matrone Van Dussen steek nie haar hand na hom uit nie, knik net beleefd. “Bly om oom uitéindelik te ontmoet.”
“Noem my sommer Hans.” Die bitsigheid in haar stem ontgaan hom nie.
Sy beduie hulle met ’n handgebaar na die besoekerstoele oorkant die lessenaar.
“Kom ons handel eers vinnig die administrasie af.” Sy gaan sit, trek ’n vorm nader en neem ’n balpuntpen.
Hans verkyk hom aan haar hande. Hy dink nie hy het al ooit sulke klein kloutjies aan ’n volwassene gesien nie.
Sy sit oorgehaal met haar pen, haar grou ogies koud op hom. “Jou kinders het in Desember jou persoonlike inligting vir my gegee. Hierdie vorm handel oor algemene sake wat die bestuur help om die lewe van ons inwoners so aangenaam as moontlik te maak.”
Hy knik stug.
“Goed. Enigiets wat jy glad nie eet nie?”
“Alles wat begin met ’n v: vis …”
“Pa, СКАЧАТЬ