Hans steek die Rubicon oor. Rudie van Rensburg
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hans steek die Rubicon oor - Rudie van Rensburg страница 4

Название: Hans steek die Rubicon oor

Автор: Rudie van Rensburg

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780795801488

isbn:

СКАЧАТЬ goed is verslawend.”

      Die beampte glimlag, maak die blik toe en sit dit in die tas. Hy rits die tas toe, neem die koekie by Hans en steek dit in sy baadjiesak. “Ek sal dit later in my coffee break probeer, thanks.”

      Toe Hans by die skuifdeure uitstap na waar die passasiers deur vriende en familie ingewag word, besluit hy om sommer ook die meisie by die reisagentskap te bel. Op sy navraag oor woonstelle het sy genoem dat haar verloofde ’n eiendoms­agent is en dat hy Hans graag sal help. Dalk kan hy reël dat die knaap hom môre by ou Kitty kom optel en hom solank begin rondwys. Dan kan hy ten minste vinnig ’n besluit neem sodra sy pensioen en rente aan die einde van die maand inbetaal is.

      Hy wil nie té hoog gryp nie, maar hy sal darem wat wil gee vir ’n woonstelletjie met ’n seeuitsig. Volgens die meisie by die reisagentskap betaal jy deur jou ore aan huurgeld vir daardie soort eiendom. Maar dalk val daar tog ’n bekostigbare enetjie in sy skoot. Die hoop beskaam mos nie.

      Sy bene is nou op stryk, die skarniere geolie. Hy loop met ’n haastige tred, angstig om uit te vind of Kitty vir hom slaapplek het. Die tas se wieletjies vat net hier en daar grond.

      Sy blik skeer vlugtig oor die skare mense wat staan en wag. Die meeste het vriendelike en opgewekte uitdrukkings, oë soekend na hul geliefdes. Dan merk hy twee baie strak gesigte op … en steek vas.

      Carla en Ben?!

      Hy knip sy oë ’n paar keer om seker te maak hy sien reg.

      Maar dis onteenseglik die Goebbels-tweeling wat hom inwag.

      4

      Carla het as dogtertjie by verskeie supermarkte in die Kaap se noordelike voorstede bekendheid verwerf vir haar vloermoere. As sy haar eers op haar rug neergewerp het, het haar hoë sirenestemmetjie elke winkelganger letterlik tot stilstand geruk. ’n Seker voorteken dat ’n vloermoer aan die broei was, was wanneer haar neusvleuels soos die kieue van ’n vis op droë grond oop en toe klap. Nou doen haar neusvleuels dit weer.

      Wat Hans laat besluit om pro-aktief op te tree.

      “Gaaf van my liewe kinders om my op die lughawe in te wag!” groet hy gemoedelik. “Julle weet nie hóé ek dit waardeer nie.”

      “Staak Pa se stroperige praatjies,” sis Carla deur haar tande. “Ek en Ben moes ons lewens in Kanada en Nieu-Seeland net so los om hier te wees. Pa weet nie wátse ontwrigting dit ver­oorsaak het nie.”

      “Ek sê mos ek waardeer dit.”

      Ben gluur hom stuurs aan. “Hou op om dom te speel, Pa. Ons is hier omdat Pa soos ’n aartsbedrieër opgetree het. Eers ons kinders laat glo dat Pa gewillig ouetehuis toe gaan en tot die deposito klaar betaal, en toe nog groter skandes gemaak deur die ouetehuis te mislei. Die bestuur van Huis Madeliefie was omtrent in ’n toestand. Die arme mense het volle verantwoordelikheid vir Pa se verdwyning aanvaar. Hulle het nie alleen die polisie betrek nie, maar het naderhand tot soekgeselskappe georganiseer om Pa op te spoor.”

      “En dit terwyl ons kinders amper dood van bekommernis was!” Carla se stem styg gevaarlik.

      “Ek hét mos vir julle poskaarte uit Windhoek gestuur.”

      “Poskaarte!” Carla lag haar lelike lag. “In watter eeu leef Pa? Ek het myne gelukkig drie dae gelede gekry. As dit nie daarvoor was nie, het niemand van ons geweet waar Pa is nie. Die ander se poskaarte het nou nog nie by hulle uitgekom nie. Kon Pa nie maar van daar af gebel het nie?”

      “Daar was nie ’n telefoon waar ek gebly het nie,” jok hy.

      “Bog,” sê Ben. “Pa sal in elk geval nooit weer daai flou verskoning hê nie. Ek en Carla het vir Pa ’n selfoon gekoop en Pa gaan vandag leer hoe om daarmee te werk.”

      “Ek het g’n begeerte om te twiet of te twat nie.”

      “Pa het nie nodig om te twiet of te … te twát nie.” Carla se skril stem laat ’n paar omstanders gesteurd na hulle kyk. “Ons gaan Pa net leer hoe om die foon te beantwoord wanneer ons bel.”

      “Ja, dalk is dit ’n goeie ding. Ek gaan juis nie dadelik ’n telefoon by my nuwe woonstel hê nie.”

      “Verskoon my! Woonstel? Wáárvan praat Pa?” gaan Carla se sirene af.

      Ben sit sy hand op haar skouer. “Carla, nie so hard nie. Kom ons gaan sit hier iewers in ’n restaurant en gesels rustig met Pa. Dis juis tyd vir middagete en ek glo hy’s ook honger.”

      “Woonstel,” prewel sy en skud haar kop.

      Hulle stap in stilte na die Spur.

      By die deur steek Hans vas. “Dit was ’n lang vlug. Ek moet gou ’n draai loop.” Hy leun vooroor om sy tas by Ben te vat. “Ek wil my tas ook hê, daar’s ordentlike seep in. Ek was nie my hande met daai blou jel in ’n lughawe se badkamer nie.”

      “Ben, stap saam met Pa,” beveel Carla. “Ek sal solank vir ons ’n tafel kry.”

      Ben gee die tas aan haar oor. Dan stuur hy Hans met ’n hand op die rug weg. “Kom, Pa. Daar’s niks met daai jel verkeerd nie.”

      “Vertrou julle my nie?” vra Hans verontwaardig.

      “Wel, Pa kan ons seker nie verkwalik nie. Ná die vorige keer se disappearing trick maak ons maar net seker Pa vang nie weer iets onbesonne aan nie.”

      Hans snork en skud die hand van sy rug af.

      In die manstoilet gaan staan hy by die krip. Ben hou hom op ’n afstand dop. Hoeveel keer moes hy nie so staan en wag dat die kind sy ding klaar doen nie? In sy kleinseuntjiedae het Ben geweier om alleen na ’n openbare toilet te gaan, sy pa moes altyd bystaan.

      Nou staan Ben by.

      Terwyl Hans sy hande was, brom hy: “Hierdie goed ruik aaklig.” Hard genoeg dat Ben kan hoor, maar dié ignoreer hom.

      Hulle stap terug na die Spur. Carla wink hulle na ’n tafel in ’n afgesonderde hoek. “Hier kan ons ongesteurd gesels,” sê sy toe hulle gaan sit.

      Die kelner is vinnig by om hulle bestelling te neem. Hans besluit op ’n ekstragroot rump steak. As hulle wil aandring op ’n ete, kan hy dit net so wel die moeite werd maak. Wie weet wanneer kry hy weer ’n ordentlike bord kos?

      “Ek gaan sommer met die deur in die huis val, Pa,” sê Carla. “Ons gaan nou eers érnstig gesels. En dan, as ons klaar geëet het, wys ons Pa hoe die selfoon werk en dan vat ons Pa na Huis Madeliefie toe.”

      “Ek het ander planne.”

      “Nee, Pa het nie! Vergeet van enige planne … en dit sluit ’n woonstel in.”

      “Bietjie sagter, Carla,” maan Ben.

      Dis vir Hans duidelik dat die atmosfeer nie nou geskik is vir onderhandelinge nie. Hy sit agteroor in sy stoel. “Het julle al Suidwes-koekies geproe? Ek het ’n blik vol in my tas. Dalk kan ek vir julle elkeen enetjie …”

      “Hoekom sal ons nóú koekies wil eet, Pa?” vra Ben fronsend. “Ons kos is op pad.”

      “Hy СКАЧАТЬ