Hermann Giliomee: Historikus. Hermann Giliomee
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hermann Giliomee: Historikus - Hermann Giliomee страница 15

Название: Hermann Giliomee: Historikus

Автор: Hermann Giliomee

Издательство: Ingram

Жанр: Биографии и Мемуары

Серия:

isbn: 9780624066842

isbn:

СКАЧАТЬ Afrika gestig het, staan in skerp teenstelling hiermee. Opwaartse mobiliteit vir bruin of swart mense in die politieke en ekonomiese instellings was beperk en ondertrouery met wit mense feitlik ongehoord. Toynbee het gewaarsku dat daar in Suid-Afrika geen maklike toegang tot die dominante kaste vir “bekwame en aanpasbare Bantoes” was nie en het vervolg: “Die Grieks-Romeinse presedent wys dat die wortels van oorheersing selfs ná duisend jaar nog net so vlak is as wat hulle in die eerste geslag was.”25

      Demografie was belangrik, het Toynbee voortgegaan. Wanneer die dominante minderheid se mag op tegnologie en kultuur berus, soos wat in Suid-Afrika die geval was, sal die stryd langer uitgerek en moreel meer kompleks wees as in die geval van ’n duidelik omlynde militêre stryd, maar, het Toynbee beklemtoon, “die dénouement kan tragieser wees”.

      Toynbee het gewaarsku dat dit noodlottig vir die minderheid is om teen die gety uit te hou. Selfs wanneer ’n minderheid se geloof in sy eie kulturele meerderwaardigheid geregverdig is, “sal getalle uiteindelik die deurslag gee”. Hy het simpatie gehad met die dilemma van die minderhede: Vrywillige abdikasie ten gunste van ’n meerderheid wat deur die voormalige heersersgroep as sy mindere beskou word, is ’n baie moeilike alternatief vir trotse mense om te aanvaar, het Toynbee geskryf.26 As ’n profeet van wat dertig jaar later in Suid-Afrika sou gebeur toe die Afrikaners onoorwonne die mag afgestaan het, het Toynbee geen gelyke nie.

      Afrikaner-waarskuwings

      GD Scholtz, destydse redakteur van Die Transvaler, het tot dieselfde gevolgtrekking gekom in sy boek Het die Afrikaanse volk ’n toekoms? Ek het die boek in my vierde jaar gekoop en te oordeel na die onderstreepte sinne deeglik gelees. Indien die wit mense nie betyds wat Scholtz “volkome skeiding” noem afdwing nie, sal die swartes se getalsoorwig en die wete dat hulle suksesvol in opstand sou kon kom, deurslaggewend wees. Ongelukkig verduidelik die boek nie hoe “volkome skeiding” moet lyk nie.

      Reeds teen die einde van die 1950’s was dit duidelik dat groot spanning onder die Afrikaners bestaan tussen diegene wat aan wit mag wou vasklou en dié wat vroegtydig radikale aanpassings wou maak om die lot vry te spring wat Toynbee voorspel het. Onder die Stellenbosse studente van my tyd het ’n verdeling sigbaar begin raak tussen die ideoloë en die pragmatiste.

      Vir die ideoloë was apartheid ’n doel op sigself en was rasseskeiding die antwoord op feitlik enige vorm van maatskaplike verkeer. Teoloë, of tokke­lokke soos hulle in die wandel genoem is, was volop in hierdie kamp. Manie van der Spuy, ’n tydgenoot op Stellenbosch wat sielkunde gestudeer het, het onlangs tereg gesê daar was in ons tyd op Stellenbosch twee verlossingsevangelies: “die Christendom as persoonlike verlossing” en “apartheid as Afrikaners se verlossingsevangelie”. In albei gevalle moet die mens net glo en word hy nie getoets aan sy dade nie maar aan sy geloof. Diegene wat enigsins van die voorgeskrewe dogma afgewyk het, is maklik as ’n “ketter” gebrandmerk.

      Ek het my by die pragmatiste geskaar, wat uit sowel Nat-huise as Sap-huise gekom het. Ons het geglo dat daar geen skerp skeiding tussen veral wit en bruin moes wees nie en dat strakke apartheid gou moes oorgaan in ’n stelsel waar leiers van die verskillende gemeenskappe menings wissel en in projekte saamwerk. Universiteite was juis die plekke waar mense oor die kleurlyn kontak moes maak. Die wet op aparte universiteite wat in 1959 aanvaar is, het die moontlikheid vernietig dat die leiers van die toekoms mekaar kon leer ken en hul gedagtes in debatte slyp. In my koshuis was daar heelwat simpatie vir Bertie van der Merwe en ’n ander Simonsberger in die studenteraad wat in 1959 gedwing is om te bedank omdat hulle die wet teengestaan het.

      Stellenbosch het ’n tradisie van verdraagsaamheid teenoor andersdenkendes gehad. My pa was in sy studentedae ’n ondersteuner van prof. Johannes du Plessis, hoogleraar aan die Kweekskool, wat in die twintigerjare ’n leidende rol gespeel het om leiers uit die wit en swart kerke byeen te bring en segregasie te temper. Hy is om dogmatiese redes uit sy amp geskors. My pa het dikwels skertsend verwys na Du Plessis se opponente, wat die bynaam “oupajane” gehad het. (Een van die leiers het ’n boek met die titel Op die ou paaie geskryf.)

      In my tyd was al oorblyfsel van dié stryd ’n standbeeld wat Du Plessis se aanhangers vir hom opgerig het. Vanweë die standbeeld se kleur was dit algemeen as Pienk Piet bekend. Dit is dikwels laataand deur aangeklamde studente in allerlei kleure, veral pienk, geverf. Ons dosente het nie daaraan gedink om ons in te lig oor die wegbereidende rol van Du Plessis op die gebiede van teologie en rasseverhoudinge nie.

      ’n Ander belangrike andersdenkende was Bennie Keet, ook hoogleraar aan die Kweekskool. In my derde jaar het ek sy boek Suid-Afrika waarheen? ’n Bydrae tot die bespreking van die rasseprobleem (Stellenbosch: Universiteitsuitgewers, 1956) gekoop en gelees. Hy het onomwonde enige Bybelse regverdiging vir apartheid verwerp. Al groter skeiding het vir hom na “’n vlug vir die werklikheid” gelyk. Die uitdaging vir elke Christen was: Wat sê die Skrif?

      Die volgende jaar het ek Henry Fagan se boekie Ons verantwoordelikheid (1959) aangeskaf en gelees. Dit het my opvattings in ’n belangrike mate gevorm. Fagan was ’n oud-Matie en ’n voormalige redaksielid van Die Burger. As voorsitter van ’n kommissie wat in 1947 oor swart verstedeliking verslag gedoen het, het hy ’n veel groter begrip as feitlik enigiemand anders gehad van die politieke implikasies wat hierdie proses gehad het.

      Ek kon sien dat Fagan se argument baie met dié van Toynbee ooreengekom het: namate die ekonomie meer gesofistikeerd raak, sou die behoefte aan kommunikasie tussen die groepe al dringender word. Fagan het gewaarsku dat die wittes as dominante groep baie meer as swartes mense kon verloor weens ’n gebrek aan kontak. Die tuislande was slegs ’n beperkte oplossing, want hulle kon net ’n klein deel van die swart mense akkommodeer.

      In 1956 het ’n kommissie onder voorsitterskap van prof. FR Tomlinson voorgestel dat die staat £104 miljoen (vandag sowat R45 miljard as inflasie in ag geneem word) oor tien jaar aan die ontwikkeling van die tuislande bestee. As minister van naturellesake het dr. Verwoerd van die vernaamste aanbevelings verwerp en vir ’n veel kleiner bedrag begroot. Hy het ook ’n voorstel gekelder dat private kapitaal toegelaat word vir die ontwikkeling van die tuislande. Dit het die vraag laat ontstaan wat later by my gespook het: Was die regering werklik ernstig oor sy beleid van lewensvatbare tuislande?

      Verwoerd se slim planne

      En toe word Verwoerd in 1958 eerste minister. Binne die eerste jaar of twee het hy apartheid omvorm van ’n onverbloemde wit baasskap tot ’n “statebond”, wat uiteindelik sou bestaan uit ’n wit staat of twee en ’n aantal vooruitstrewende swart state. NP-aanhangers het met toenemende oortuiging hieraan begin glo.

      Frederik van Zyl Slabbert, wat in 1960 op Stellenbosch aangekom het om teologie te studeer, het later vertel van “die opwinding, die tinteling” wanneer akademici en studente die ideologie bespreek het. “Die beleid,” het Slabbert vervolg, “het ’n samehang en sistematiese kwaliteit gehad wat nie sommer net as rassisme afgemaak kon word nie. Dit het logiese sin gemaak en sommige baie stekelrige kwessies hanteer.”27 Die tuislande was destyds nog net ’n abstraksie en soos baie tydgenote het ek die beleid aanvanklik beskou as een wat onder ’n dinamiese leier nuwe moontlikhede kon oopmaak.

      Verwoerd se beleid oor die bruin mense was ’n groot teleurstelling. In 1960 het hy Cillié se voorstel in Die Burger dat bruin verteenwoordigers in die parlement die bruin gemeenskap moes verteenwoordig, skerp afgewys. Cillié het ook instemmende geluide gemaak oor die besluite van kerkleiers op die Cottesloe-kerkeberaad dat sekere aspekte van apartheid nie aan die eise van die Christelike boodskap voldoen nie. Verwoerd het egter krities gereageer en die sinodes van die verskillende Gereformeerde Kerke gevra om hul stem te laat hoor. Piet Cillié het later aan my gesê: “Toe Verwoerd die sweep klap, kon ’n mens net die manelpunte sien waai soos die predikante om die hoek weghardloop.”

      My simpatie was by Cillié, maar die meeste studente het Verwoerd as ’n politieke reus beskou СКАЧАТЬ