Hasukkah shel David. Marzanne
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hasukkah shel David - Marzanne страница 6

Название: Hasukkah shel David

Автор: Marzanne

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796319975

isbn:

СКАЧАТЬ sy mense geloofwaardigheid in die oë van die ander nasies verloor het. Dat hulle besig was om geloof in hulself te verloor. Sonder om doekies om te draai het hy verklaar dat hy bereid was om ’n miljoen soldate op te offer in ’n oorlog om Sinai terug te wen.”

      “Ongelukkig het dit nie veel indruk op die IDF gemaak nie,” sê Gur. “Soos die IDF-grootkoppe dit gesien het, was sy weermag nog nie gereed vir oorlog nie. Wat ons egter nie in gedagte gehou het nie, was dat die situasie met die hulp van die Sowjetunie aan die verander was. Daar was sprake van ’n uitgebreide bewapenings- en opleidingsprogram.”

      “Geen Israeli was gedurende die Sesdaagse Oorlog beter bekend by die Suid-Afrikaanse publiek as Moshe Dayan nie,” merk Henok op.

      Daar gaan ’n paar gedempte, siniese geluide uit die groepie op.

      Dan skud sy kop meewarig.

      “Dayan het ’n geweldige invloed op Golda Meir se denkwyse gehad. Charismaties soos hy was, het hy haar aanvanklik laat glo daar was geen gevaar van ’n dreigende oorlog nie. Omdat hy die simbool van Israel se verstommende oorwinning in ’67 was, het hy die ikoon van die land se idee van onversteurbare veiligheid geword.”

      “Ek het altyd verstaan Golda Meir was ’n bepalende faktor daarvoor dat Israel nie gereed was vir die aanval nie.”

      “Ag,” sê Motti, “dis wat mense gesê het oor hulle nie geweet het wat hulle anders oor die ramp kon sê nie. Henok, die feit is dat net omtrent elke veronderstelling van die Israeliese leërleiding oor wat Sadat van plan was om te doen, verkeerd bewys is. Almal was nog dronk van die ’67-oorwinning en kon nie veel verder dink as dat die Arabiese magte tot niks in staat is nie.”

      Chaim merk geamuseerd hoe gewoond Israeli’s daaraan geraak het om hul saak aan buitestanders te moet stel, want hulle praat eintlik almal met Henok.

      “Daar is hewig op lugondersteuning en volkome op die tenks gereken,” sê Pinhas. “En nie die lugmag of tenkkorps was op ’n gereedheidsgrondslag vir oorlog nie. Golda was ’n goeie premier – onbeweeglik en absoluut toegewy. Maar wat oorlog betref, was haar opinies die goeie instinkte van ’n vrou wat niks van militêre strategie af geweet het nie. Sy het wel geweet wanneer ’n naakte waarheid haar in die gesig gestaar het.”

      Gur knik. “Die voorbereiding was ellendig. Al was ek toe net 19 jaar oud, het selfs ek dit besef. Anders as in die Sesdaagse Oorlog toe die reserviste drie weke gehad het om hul vaardigheid op te skerp, hul toerusting reg te kry en hulself ’n bietjie sielkundig voor te berei, het hierdie ouens omtrent grasgroen ingegaan.” Hy lag effens. “Om nie eens van ons te praat nie!”

      “Ken!” kom dit byna soos ’n koor. “‘Onvoorbereid’ was die woord. Ysig koud. Ken!”

      “En dit op Yom Kippur wanneer elke reservis gewoonlik in of naby ’n sinagoge is!”

      “Wat ’n vreemde gesig was dit nie om oor die hele land mans met kippot en talliyot te sien ry of hitch in ’n poging om so gou moontlik by ’n versamelpunt uit te kom nie. Baie soldate met gesinne was haastig op pad om vroue en kinders by familie te besorg voordat hulle koers gekry het na hul eenhede toe,” onthou Motti.

      “Ken,” sê rabbi Avigdor nadenkend. “Ek dink in die hart van ons almal – dié wat opgeroep is en dié wat agtergebly het – het die aangrypende melodie van die Unetanneh Tokef-gebed nog weerklink nadat ons dit dié oggend saam opgesê het. Op Rosh Hashanah word ons name ingeskryf en met die Yom Kippur-vas word dit verseël – wie sal lewe en wie sal sterwe, wie het nog ’n lewensjaar voor en wie nie, wie deur water en wie deur die vuur van die lewe ontneem sal word, wie deur die swaard …”

      Dis ’n rukkie stil terwyl almal hul eie ervaring van die dag onthou wat opnuut deur die rabbi se woorde oopgevlek is.

      Toe praat Chaim: “Ek was in die sinagoge in Ramat Eshkol. Die name is uitgelees van dié wat opgeroep is. Reg voor my het ek ’n jong man met ’n tallit aan sien opstaan toe sy naam geroep word. Sy pa, wat langs hom gesit het, het sy arms om hom geslaan en geweier om hom te laat gaan. Die rabbi het na hom toe gekom en sag vir die vader gesê: ‘Sy plek is nie vandag hier nie.’ Die man het sy seun laat gaan en die rabbi het sy hand op die jong man se kop gelê en hom geseën. Direk daarna het ek my eie naam gehoor.”

      “Jou vrou was swanger,” onthou Avigdor.

      Chaim knik. “Ken, met Re’uven. Ek het nog tyd gehad om Hadassah na haar ouers se huis ’n paar blokke daarvandaan te neem.”

      Pinhas maak sy keel skoon. “In shul Beit Hakerem, waar ek was, het ’n koster die kehillah tot stilte geroep en toe die name begin lees wat die koerier vir hom gebring het. Hy het net ’n oomblik gehuiwer voor hy die naam van sy eie seun gelees het. Dit onthou ek soos gister.”

      Dan se vingers tas ligweg na sy tzitzit toe hy sê: “By ons het die rabbi op die podium geklim nadat die name uitgelees is en gesê dis vir ons toelaatbaar om die vas te breek en ’n voertuig te bestuur.”

      Chaim kyk na Dan en glimlag. “Jy was mos dié hippie, Dan, dié blommekind in ons midde. Jy met jou hare wat tot op jou skouers gehang het en jeans met wye pype. Jy en jou kitaar wat jy in al die chaos en onmoontlikheid ook nog saamgeneem het!”

      Op 60 moet Dan nostalgies lag. “Ken, ken, ken! Those were the days! Ek het beslis nie gehoor hoe my naam in ’n shul uitgeroep word nie. Dit het gekom oor die huisfoon, wat ek uit rebelsheid nie op Yom Kippur afgeskakel het nie.” Hy sug lank en diep.

      Die ander lag. “En nou’s jy rabbi Dan!” sê twee manne gelyktydig.

      Hy grinnik weer verleë. “Ek onthou goed hoe ons daardie nag in die maanlig met die tenks die pad gevat het. Die geluid van die enjins het soos musiek deur my geklop. Ek was 18 en uit my opleiding het ek met die gedagte gekom dat oorlog soort van romanties is. Daar op die steilte na die Golan het ek ’n metamorfose ondergaan as gevolg van alles wat ek langs die pad gesien het – brandende tenks en verbrande lyke. Die hippie wat in make love, not war geglo het, het as soldaat aan die ander kant uitgekom. En hy het net een idee voor oë gehad – om te oorleef.”

      “Ek was darem al 24 en ’n offisier,” onthou Yossi, “maar al wat ek regtig van oorlog geweet het, was wat ek van my pa en ouer broer gehoor het. My idees was ook redelik romanties. Toe ons die plato oorsteek op pad na die Golan, het ons reusevlamme in die verte gesien en aangeneem dis ’n veldbrand wat deur artillerievuur veroorsaak is. Die pad het ons tenks in die rigting van die vlamme gevat. Toe ons nader kom, het ons gesien die brand was op die pad self – dit was ’n ry ammunisielorries wat in vlamme gestaan het. Hulle het ooste toe gewys en ek het besef dat hulle ons s’n is wat op pad was front toe. Toe ons naby genoeg aan die brandende lorries kom sodat ons sigbaar geword het, is ons onmiddellik van alle kante af beskiet. Die Siriese tenks wat die lorries in ’n hinderlaag gelei het, was nog daar. Dis vreemd hoe alles wat jy in die weermag geleer het, op so ’n oomblik meteens inskop.”

      “Ken,” beaam Pinhas. “Ek was ook net 18 en doodsbevrees dat ek nie sou weet wat om te doen nie. Maar die oomblik toe die koeëls teen die tenk begin vasslaan, het ek alles onthou.”

      “Ek was natuurlik ook al offisier en vir my was die grootste skok dat ons Egipte en selfs Sirië so volkome onderskat het. Die Arabiere was besig om baie dinge te doen wat die Israeli’s nooit verwag het nie,” sê Motti. “Omdat ek die Sesdaagse Oorlog meegemaak het, het ek gedink ek het my emosies onder beheer. Maar ek onthou … ’n Siriese tenk het op die een of ander manier tussen ons s’n ontplooi. Nu, in die donker was ons nie seker of dit een van ons eie tenks of die vyand s’n was nie. Ek het bevel gegee dat die projektor СКАЧАТЬ