Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg. Lilian Paramor
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor страница 6

СКАЧАТЬ

      •Voed jou baba na behoefte. Honger is een van die belangrikste oorsake van ontevredenheid in die vroeë dae en ’n baba se eetlus wissel deur die dag; moet dus nie volgens ’n rooster probeer werk nie.

      •Wieg jou baba. Ritmiese beweging is meestal baie vertroostend vir klein baba­tjies: dit herinner hulle aan die tyd in die baarmoeder toe hulle onophoudelik gesus is.

      •Beskerm jou baba teen te veel vreemdelinge. As elke besoeker jou baba na harte­lus kan hanteer, bly sit jy op die ou end met ’n angstige baba. Dring vriendelik maar ferm aan op jul albei se reg tot vrede en geluk. Straal selfvertroue uit om Baba op sy gemak te stel in vreemde geselskap.

      •Praat van die begin af met jou baba en sing vir hom. Babas is baie lief vir die klank van hul ouers se stemme en hulle neem graag deel aan julle gesprekke – dit sê vir hulle dat jy hulle erken en dat hulle welkom en gelief is, en wat meer kan enige baba vra? Dit maak nie saak of dit babataal is of nie, hou net aan praat!

      •Stoot jou baba se stootwaentjie of bedjie onder ’n digte boom. Dit is ’n kitsbewertjie en babas vind die spel van lig en skaduwee so boeiend dat dit hulle rustig aan die slaap sal sus of bloot vir ’n hele rukkie sal besig hou.

      •Laat tweelinge saam in ’n babawiegie of -bedjie slaap. Hulle is nie net tevrede wanneer hulle die bekende nabyheid van hul eerste maatjie ervaar nie; dit troos hulle ook dikwels wanneer hulle ongelukkig voel of aan die slaap raak.

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer oor die volgende:

      •Onrustige slaap

      •Skrik vir harde geluide

      •Skeelheid

      •Stimulasie van gesigsintuie

      •Raak krap van vel met naels

      •Waarom borsbabas so min stoelgange het

      •Hoe om borsmelk uit te melk

      •Speen van baba om terug te gaan werk toe

      •Regressie en aggressie van ouer broers of susters

      •Speel neusie-neusie. Hulle is gaande oor dié soort interaksie waar jou gesig al hoe nader en nader kom, en uitloop op ’n ligte aanraking en vryf van neuse! Maak jou reg vir ekstatiese laggies.

      •Trek snaakse gesigte. Al waardeer niemand anders jou toneelspel nie, sal jou baba kraai van die lag as jy jou gesig op ’n plooi trek.

      •Bad saam met jou baba. Rek Baba se badtyd uit of speel met hom terwyl julle saam bad – dit is ’n prettige en leersame ervaring as jou kleinding verras ontdek hoe die waterdruppels spat.

      Maand Drie en Vier

      MYLPALE

      Baba is nou ’n waarlik gesellige wesentjie, die ene glimlaggies en koergeluidjies. Sy bewegings is baie meer soepel en jy sal sy persoonlikheid daagliks voor jou oë sien ontluik. Wanneer jy Baba om haar middel vat en optel, sal jy sien dat sy haar bene van plesier uitskop. Borsvoeding sal baie vlotter verloop, en hoewel jy nog steeds byna alles vir jou baba moet doen, sien jy meestal die silwer randjie eerder as die donker wolk. Die aanhoudende gekwyl laat baie ma’s dink dat Baba binne­kort gaan begin tande kry, maar dit is onwaarskynlik aangesien die meeste babas eers op ses maande begin. Baba gryp na voorwerpe in haar omgewing en verken alles met haar mond, en dit is wat die oorvloedige speekselafskeiding stimuleer. Let op hoe fassinerend hy sy voete vind.

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer oor die volgende:

      •Hitte-uitslag

      •Wanneer babas omrol

      •Die gebruik van fopspene

      •Hardlywigheid

      •Hoe om ’n roetine te vestig

      •Moet ’n groot baba babapap kry?

      •Volgehoue pyn in die omge­wing van die perineum

      •Afwesigheid van seksdrang.

      •Hang helderkleurige, sfeervormige gesigvorms met strepe vir die mond en oë bo Baba se bedjie; hy sal baie goed hierop reageer.

      •Hang musiekbewertjies geleidelik al hoe verder van Baba se oë af namate hy groei.

      •Skud ratels en ander voorwerpe heen en weer sodat sy dit met haar oë kan volg.

      Maand Vyf

      MYLPALE

      Op hierdie ouderdom verskaf Baba hope plesier en hy babbel aanhou­dend en glimlag maklik. Sy aan­steek­like laggie sal jou dae opvrolik. Baba het waarskynlik teen dié tyd die kuns bemeester om heen en weer te rol, en hy hou daarvan om hom op sy arms reg­op te druk wanneer hy op sy maag lê. Moedig dit aan. Sy glimlag ook graag vir haarself in die spieël. Die groot halfjaarmylpaal is net om die draai!

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer hieroor:

      •Kennismaking met vaste kosse

      •Herkenning en hantering van tande kry

      •Hoe om siektes uit te ken

      •Wanneer om dokter toe te gaan

      •Hantering van koors

      •Waarom slaaptyd in die dag beter is as in die nag

      •Wanneer jy voel dat jul verhouding onder druk geplaas word

      •As jy wonder wanneer jy weer gaan begin menstrueer.

      •Swaai baba heen en weer in ’n lakenhangmat.

      •Laat lê baba op ’n groot swangerskapsbal en rol haar vorentoe, agtertoe en sywaarts.

      •Gooi verskillende soorte gekleurde papier en plastiek in tousakkies en hang dit bo-oor haar speelplek, bedjie of stootwaentjie vir visuele en taktiele stimulasie.

      Maand Ses

      MYLPALE

      Al is jou baba in dié stadium ’n bondeltjie vreugde, kan hy moontlik ook baie ge­frustreerd raak met die lewe. Hy kan aan dinge dink wat hy graag sou wou doen en dinge sien wat hy graag wil hê, maar buite sy bereik is! Dit is ’n veeleisende stadium vir die ouers, wat Baba sy doelwitte moet help bereik, maar sonder om outomaties alles vir hom te doen: babas moet hierdie energie van hulle gebruik СКАЧАТЬ