Название: Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg
Автор: Lilian Paramor
Издательство: Ingram
Жанр: Секс и семейная психология
isbn: 9780798159043
isbn:
BABASPELETJIES
ALGEMENE KWELLINGS
Lees elders meer oor die volgende:
•Skeidingsangs
•Wanneer Baba sal begin deurslaap
•Tipiese babakos op ses maande)
•Wanneer Baba sal regop sit
•Byt aan die bors
•Reaksies op opvolgmelkformule)
•Oormatige moegheid by Ma
•Nageboortelike depressie.
•Laat bons Baba rond op ’n swangerskapsbal terwyl jy hom stewig om die middel vashou.
•Verskillende soorte ratels verskaf steeds luisterplesier. Vul ligte, maar veilige houers soos klein plastiekbakkies met ’n verskeidenheid voorwerpe soos pitte, boontjies of albasters. Laat Baba hulle skud en hom verwonder aan die verskillende klanke.
Maand Sewe en Agt
MYLPALE
Jou baba kan moontlik skielik begin skaam raak vir vreemdelinge of mense wat sy nie dikwels sien nie. Dit is omdat babas in dié stadium daarvan bewus raak dat hulle afsonderlik van ander mense bestaan. Baba sal met voorwerpe op ’n tafel slaan, kos uit jou bord gryp en dit geniet om die middelpunt van die aandag te wees. Teen Maand Agt kan sy voorwerpe tussen haar wysvinger en duim vashou en vir Ma aanbied, maar dit nog nie laat los nie. Die meeste ouers verwag in dié stadium van hul babas om op ’n veel meer volwasse wyse te slaap en te eet. Dit kan vir jou ’n tydperk van verwarring en ongelukkigheid word as daar nie aan jou verwagtinge voldoen word nie. Veral ma’s sien hul baba se onvermoë om deur te slaap as ’n teken dat hulle iets verkeerd doen.
BABASPELETJIES
•Maak proesgeluide teen haar magie. Die kielierige sensasie, saam met die snaakse geluide, sal haar laat skaterlag!
•Speel vliegtuigie met jou baba. Hou Baba stewig vas en vlieg met haar deur die kamer of tuin, terwyl jy haar af en toe in die rondte tol en op en af beweeg. Hou op sodra sy belangstelling verloor, maar dit is ’n speletjie waarmee Pa se sterk arms ’n hele ruk lank sal kan volhou – tot groot plesier van Baba, wat sommer gou sal aandui dat sy dit weer wil doen.
ALGEMENE KWELLINGS
Lees elders meer oor die volgende:
•Wanneer Baba sal begin kruip
•Die gebruik van ’n loopring
•Geskikte kos vir hierdie ouderdom
•Toename in verkoues en toe neuse
•Hoe om Baba se immuunstelsel te versterk
•Frustrasie en huilery by Baba
•Word Baba genoegsaam gestimuleer as hy tuis versorg word?
•Weerstand teen motorstoeltjie.
•Plaas voorwerpe net buite Baba se bereik. Dit sal jou groeiende baba vermaak en uitdaag terwyl hy probeer om die begeerde voorwerp te bereik. Moenie hierdie speletjie laat voortduur totdat hy gefrustreerd raak nie; help hom om sy doel te bereik wanneer sy inspanning ’n hoogtepunt bereik. Hy sal straal van genoegdoening, en dit sal hom die moed gee om volgende keer nog harder te probeer, terwyl sy aandag gevange gehou word.
Maand Nege en Tien
MYLPALE
Op tien maande kan jou klein hartedief skielik baie klouerig begin raak. Beskou dit as ’n kompliment! Jy het hom gehelp om ’n aansienlike vlak van onafhanklikheid te bereik en hy moet hom nou tot jou wend om homself gerus te stel. Hierdie stadium sal gou oorwaai as jy hom nie in ’n rigting probeer dwing nie. Baba is waarskynlik baie beweeglik, wat jou aan die draf hou en jou help om jou daaglikse oefening te kry! Hy kan enige oomblik begin kruip en begin hom teen die meubels regop trek. Hy sit al stewig en kan omdraai sonder om om te val. Sy verstaan klaarblyklik heelwat van wat jy sê en sal ook vir jou voorwerpe aangee wat sy vasgehou het. Teen ’n volle tien maande sal die meeste babas ’n arm of voet uitsteek wanneer jy hulle wil aantrek. Lees gereeld vir haar stories, sê rympies op en wys vir haar prente in boeke.
BABASPELETJIES
ALGEMENE KWELLINGS
Lees elders meer oor die volgende:
•Hoeveel formulemelk normaal is
•Nagvoedings
•Babas wat nie van klonte in kos hou nie
•Versorging van ’n baba se tande
•Eerste besoek aan die tandarts
•Verknogtheid aan bottels en fopspene
•Hernude skeidingsangs
•Hoe lank kan Baba konsentreer en homself vermaak?
•Streel met ’n veer oor sy arms, bene en magie. Die veerligte aanraking sal Baba hoendervleis gee van plesier. As hy nie van hierdie sensasie hou nie, is dit moontlik ’n teken dat hy fermer liggaamsmassering sal geniet.
•Verskillende soorte ratels verskaf nog steeds luisterplesier en sal hand-oog-koördinasie help ontwikkel. Vul ligte, maar veilige houers soos klein plastiekbakkies met ’n verskeidenheid voorwerpe soos pitte, boontjies of albasters. Laat Baba hulle skud en hom verwonder aan die verskillende klanke.
Maand Elf en Twaalf
MYLPALE
Jy kan seker skaars glo dat Baba se eerste jaar byna agter die rug is! As jy terugdink, sal jy besef dat die kuns om te ontspan die sleutel tot suksesvolle ouerskap is en dat jy die een is wat jou baba se belange op die hart dra. As jy geleer het om jou instink te vertrou, het jy jou baba die beste moontlike voorsprong in die lewe gegee – ongeag of jy altyd gedoen het wat as korrek beskou word. Jy sal jou kan verluister aan die manier waarop jou baba se spraak ontwikkel: teen ’n jaar uiter hulle bewuste, doelgerigte klanke en sowat twee tot drie woorde het herhalende betekenis. Babas wriemel graag deur nou plekke, gooi voorwerpe op die vloer om ’n reaksie uit te lok, en kan enige tyd van nou af tot tussen vyftien en agttien maande begin loop.
BABASPELETJIES
ALGEMENE KWELLINGS
Lees elders oor die volgende:
•Wanneer gaan Baba begin loop?
•Hoe СКАЧАТЬ