Voetspore 2. Johan Badenhorst
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst страница 5

Название: Voetspore 2

Автор: Johan Badenhorst

Издательство: Ingram

Жанр: Кулинария

Серия:

isbn: 9780798163330

isbn:

СКАЧАТЬ Sorg maar dat dit nie saam met die blikkieskos in die kratte beland nie.

      •Verskeidenheid kase: Die kaas moet verkieslik in ’n yskas, en nie in die vrieskas nie, gehou word.

      •Olywe: Swart- of groenolywe in plastieksakkies of blikkies.

      •Patee: Patee in blikkies, tensy daar in die yskas plek is vir die sagte smere wat mens in plastiekomhulsels kry.

      •En dan natuurlik biltong en droëwors. Dis nou as die kinders dit nie opeet voor jy by die kamp aankom nie. En sorg maar dat jy ’n ekstra paar biere inpak. Biltong maak mens nogal dors.

      Spekrolletjies

      Draai spekvleisrepe om ’n verskeidenheid happies en peusel daaraan voor ete.

      Voorbereidingstyd 20 minute • Gaarmaaktyd 10 minute

      spekvleisrepe

      vars gemaalde swartpeper

      Vulsels

      Russiese, Weense of Frankfurtse worsies, in skyfies van 1 cm dik gesny

      hoenderlewers, skoongemaak en liggies gebraai

      pruime (gedroog of vars)

      perskes (gedroog of vars), in stukkies gesny

      appelkose (gedroog of vars), in stukkies gesny

      pynappel, geskil en in stukkies gesny

      Draai die spekvleisrepe om enige van die vulselbestanddele, steek dit met snoepstokkies vas en braai die rolletjies stadig op ’n fyn rooster sodat dit nie deurval in die kole nie. Sprinkel ’n bietjie vars gemaalde swartpeper oor.

      Hoendervlerkies

      Hoe langer die vlerkies gemarineer word, hoe beter.

      Voorbereidingstyd 15 minute • Marineertyd 30 minute

       Gaarmaaktyd 15 minute • Genoeg vir 6 mense

      12–15 hoendervlerkies

      meel

      olie om in te braai

      Marinade

      30 ml (2 e) olyfolie

      10 ml (2 t) fyngekapte knoffel

      15 ml (1 e) worcestersous

      15 ml (1 e) tamatiesous

      5 ml (1 t) suiker

      sout na smaak

      10 ml (2 t) Engelse mosterdpoeier

      15 ml (1 e) gekonsentreerde suurlemoensap

      Sny die “naels” van die vlerkies af en maak ’n paar dwarssnitte met ’n skerp mes in die vleiskant daarvan.

      Marinade: Meng die olyfolie, knoffel, worcestersous, tamatiesous, suiker, sout, mosterd en suurlemoensap. Gooi alles in ’n plastieksak of -houer, sit die vlerkies daarin en draai dit van tyd tot tyd om sodat die hoender alkant met die marinade bedek word.

      Haal die vlerkies uit die marinade, rol in meel en braai in olie totdat dit mooi bruin is.

      Hoenderborsies in bierbeslag

      Dis nou as jy nie so dors is om die bier self te drink nie!

      Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute

       Genoeg vir 6 mense

      500 g ontbeende hoenderborsies

      2 eiers

      5 ml (1 t) sout

      400 g meel

      200 ml (4/5 k) bier

      5 ml (1 t) bakpoeier

      750 ml (3 k) kookolie

      Sny die hoender in 1 cm-repies. Klits die eiers, sout, 250 ml (1 k) van die meel, bier en bakpoeier saam. Verhit die kookolie. Gooi die oorblywende meel in ’n plastieksakkie, voeg die hoenderrepies by en skud goed tot alles bedek is. Doop die vleisstukkies dan in die bierbeslag en diepbraai dit in klein hoeveelhede in die verhitte kookolie tot goudbruin. Sit dadelik voor.

      Pangebraaide oesters

      Ek het nog altyd gedink om oesters op enige ander manier af te sluk as met suurlemoensap, swartpeper en Tobasco, is heiligskennis. Maar by Flamingo Lodge aan die Angolese kus het ons anders geleer.

      Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 10 minute

      Smelt eenvoudig botter in ’n pan en voeg gekapte knoffel daarby. Moet net nie dat dit brand nie, want dan word alles bitter. Braai die oesters in die knoffelbotter.

      ’n Angola-oester moet mens sny voor jy dit afsluk – dis eenvoudig te groot vir een happie. Hoeveel oesters eet jy? Pieter Pieterse het altyd gesê mens eet minstens ses, want gewoonlik werk net vier uit die ses ...

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RmfRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkYdpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTQ6MDY6MDMgMTE6 NTQ6MjYAAAAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAYZQAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKA
СКАЧАТЬ