Название: Soos honde van die hemel
Автор: Marzanne Leroux-Van der Boon
Издательство: Ingram
Жанр: Контркультура
isbn: 9780624058830
isbn:
Sy soek in sy gesig na die oorsprong van die klank in sy stem, maar sy oë ontwyk hare.
“Dit klop,” sê sy. “Volgens die ou planne was dit twee vertrekke. Die vorige eienaar het die middelste muur laat uitbreek.”
“Daar waar jou kombuis is, was wat ons die dining room genoem het.” Hy frons. “Maar dit was tog heelwat groter, want my grootouers se slaapvertrek was daaruit afgeskort …”
“Saulus, die kinnes hoor vi djou …!”
“Dis reg.” Sy wag tot hy weer na haar kyk voor sy verder praat. “Die vertrek is in twee verdeel. Ek gebruik die agterste deel vir ’n studeerkamer. Kom kyk.”
Hulle stap in die gangetjie af en sy skakel die lig vir hom aan. Daar is ’n intieme rommelrigheid van skrifte, teksboeke, potlode en penne, geraamde familiefoto’s en plante.
“Ja, hier het hulle geslaap, maar hier was ’n venster op die agtertuintjie. Die huis het hier opgehou.”
“Jy’s reg. Die agterste twee slaapvertrekke is ook deur die ontwikkelaars aangebou. Hulle het die gang laat deurbreek. Mens kan hier binne doen wat jy wil, solank die fasade onaangeraak bly.” Sy stoot die deure van die twee vertrekke vir hom oop, maar sy skakel nie die ligte aan nie. Deur die vensters val die maanlig oor die beddens.
Hulle draai terug in die gang. “Wat het van die kombuisie geword?” vra hy.
“Hier.” Sy maak die raampiesdeur op ’n patio oop.
“Dis reg,” sê hy langsaam.
“Mammie wil oek noeit niks glo van boetie Willy nie.”
“Boetie Willy is djou groet broe, Djaney, sy doenings en latings het niks met djou te make nie. Djy moet respekte vi hom oepenba.’
“Mar, Mammie …!”
“Nikse ge-mar-mammie nie.”
“Lossit dan.”
Hy sit langs Oumie op die rusbankie en ryg die blink draadjies versigtig uit die kussing se fraiings sonder dat sy dit sien en lê hulle langs mekaar op sy knieë neer.
Hy draai na haar toe. “Dankie dat jy my laat sien het. Sommerso ’n wildvreemde deur jou huis geneem het.”
Sy merk sweetdruppeltjies op sy bolip en moet haarself daarvan weerhou om aan sy arm te raak. “Kom, daar is nog ’n bietjie koffie.”
“Dankie.”
Toe hulle weer met hul koppies sit, vra sy: “Vertel my hoe dit gekom het dat jy hier by jou grootouers gebly het.”
“Dis laat,” sê hy onoortuigend, “en jy was nog jou boom aan ’t versier.”
“Maak nie saak nie. Môre is nog ’n dag.”
“Ek het nie permanent hier gewoon nie, maar wel heel dikwels wanneer my ouers in die buiteland was. My pa was in die diplomatieke diens. By die konsulaat hier. Hulle was maar vier personeellede in daardie tyd. Hy was hier tussen 1931 en 1944. Toe het hy die diens verlaat en vir Shell gaan werk wat hom dikwels oorsee gestuur het. My ma het altyd saamgegaan en dan het ek hier gebly. Dikwels maande lank. Ná die Nasionale Party aan bewind gekom het en met die Apartheid-storie begin het, het hy nie kans gesien vir die lewe hier met ’n Kleurlingvrou en ’n basterkind nie. Ons is Nederland toe.”
“Dit kan mens verstaan.”
“My grootouers was eintlik nader aan my as my ouers.”
“Dan moet die huis vir jou groot betekenis hê.”
“Ja …”
“Dit was so ’n hartseer storie toe die cottages hier in Dieprivier onteien is toe die gebied blank verklaar is. Daar was ook witmense wat daaroor bitter was, hoor! Het jou grootouers toe nog hier gebly?”
“Ek het daardie tyd byna geen kontak meer met hulle gehad nie, maar ek glo nie, want hulle sou te oud gewees het. Dis een van die redes hoekom ek teruggekom het – om dié dinge te probeer uitvind.”
“Ja, as mens ouer word, wil jy tog weer van jou wortels weet.” Sy roer ’n rukkie ingedagte in haar koffie. “Toe ons hier gekoop het in ’86, wou ek verskriklik graag meer van die huis se agtergrond uitvind, maar dit was bykans onmoontlik. Maar jy kan seker meer van jou familie te wete kom?”
Hy aarsel. “Ek het nog nie probeer uitvind wat van die oorblyfsels van die familie geword het nie. Dis … nog te gou. Ons het byna veertig jaar lank nie met mekaar kontak gehad nie.”
Sy knik asof sy verstaan. “Soms moet mens jouself eers vind.”
“Ek dink so. Vandat ek ’n week gelede aangekom het, het ek alles wat ek kon, gedoen om informasie oor die huis te kry. Maar niks. Daar is boeke vol oor Distrik Ses en die Wynberg Chelsea-cottages, maar stilte oor Dieprivier.”
“Dis eintlik onbegryplik. Ek was by die argief en die stadsbeplanner en die akteskantoor, maar verskriklik veel kon ek nie opdiep nie.”
“Maar dan tog skynbaar meer as ek?” vra hy gretig.
“Ek het wel uitgevind dat die cottages deur ene Melt Myburgh gebou is. Op die oorspronklike spesifikasievorm, of wat jy dit ook al wil noem, is die datum 1901. Daar kan jy nog die ry blokkies aangedui ‘cottages’ en die heel kleiner blokkies aangedui ‘closets’ sien.”
“Het jy ’n fotokopie daarvan?”
Sy knik. “Wil jy dit sien?”
“Graag!”
“Ek gaan dit in die studeerkamer soek.”
Sy kom spoedig terug en sprei die twee groot gekopieerde blaaie voor hom oop. Op hulle knieë bekyk hulle dit saam.
Hulle lees ook deur die lang spesifikasievorm getiteld: “Specifications of work to be done and material to be used in the erection of cottages at Diep River for Melt Myburgh.”
“Stel jou voor,” sê hy ingedagte. “Kon jy niks uitvind oor die name van eienaars nie?”
“Nee. Al wat ek kon agterkom, is dat dit in die besit van een eienaar was tussen 1906 en 1970.” Sy lê ’n dokument voor hom op die mat neer. “Hier.” Sy wys met haar vinger.
“Dit kon niemand anders as my oupa gewees het nie. Kyk, my ma sou vanjaar vier en tagtig gewees het. Wat beteken dat sy van 1909 was. Sy het ook ’n broer gehad … wat twee jaar jonger as sy was. Dit bring ons by 1907. As kind het ek honderd maal gehoor dat die kinders almal in dié huis gebore is. Dus kan dit nie anders wees as dat hy dit in 1906 gekoop het nie.”
“Dit moet wees.” Sy kyk na sy ingenome gesig. “Jy kan vir jou ’n fotokopie hiervan maak as jy wil.”
“Gee jy nie om nie?”
“Waarom op aarde sou ek?”
“Graag dan.”
“Kyk СКАЧАТЬ