Die Sewe Feeste. Johan Malan
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Sewe Feeste - Johan Malan страница 9

Название: Die Sewe Feeste

Автор: Johan Malan

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796316011

isbn:

СКАЧАТЬ style="font-size:15px;">      Daniël 9:24–27 bied ’n duidelike profesie aan oor die tyd van die Messias se kruisiging, wat die vervulling van die Paasfees was. Daniël het tydens die Babiloniese ballingskap van Israel oor die herstel van Jerusalem geprofeteer, en aangedui dat daar van die vergunning af om Jerusalem te herbou, ’n aftelling van 69 jaarweke sou volg tot by die kruisiging van die Messias: “… van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ’n Gesalfde, ’n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle …” (Dan 9:25). Die herbouing van Jerusalem het 7 jaarweke lank geduur; daarna het nog 62 jaarweke gevolg totdat die Gesalfde (Christus) deur Israel en die Romeinse heersers “uitgeroei” is (Dan 9:26).

      Dieselfde profetiese kalender sal ook gebruik word vir die aftelling van die komende 70ste jaarweek van Daniël (die verdrukking). Hierdie sewe jaar-tydperk sal die vervulling wees van die sewe verskriklike dae tussen die Fees van die Basuine en die Groot Versoendag. Dit sal dus moontlik wees om die verloop van hierdie donker jaarweek presies te kan volg, vanaf die begin daarvan wanneer Israel ’n verbond met die valse messias sal sluit (Dan 9:27). In die middel van die week, na 42 maande of 1 260 dae, sal hy die tempel ontheilig deur ’n beeld van homself in die Allerheiligste te laat oprig en homself tot God te verklaar. Na nog 42 maande sal die ware Messias sy voete op die Olyfberg sit en ’n einde maak aan die skrikbewind van die valse messias.

      Die Here het dus vir Israel twee spesifieke datums gegee: een oor die eerste koms van Christus en ’n ander een oor die tyd van sy wederkoms. Die eerste een is byna twee millennia gelede al vervul. Die tweede een sal ook op sy bepaalde tyd vervul word, maar die aftelling van sewe jaar sal eers kan begin nadat die valse messias geopenbaar is en ’n verbond met Israel en die nasies gesluit het. Die Bybel openbaar nie aan ons wanneer die tyd van benoudheid vir Jakob sal begin nie, maar die gevorderde stadium van Israel se herstel is ’n aanduiding dat dit nie baie ver in die toekoms kan wees nie.

      ’n Ander datum waaroor baie mense probeer spekuleer, is dié van die wegraping wanneer die hemelse Bruidegom sy bruid in die geheim sal kom haal en na haar woning in die hemel wegneem. Hierdie gebeurtenis vorm nie deel van die 70ste jaarweek van Daniël nie en kan dus nie aan ’n datum gekoppel word nie. Hoewel die tekens van die tye aandui dat die wegraping baie naby mag wees, is die spesifieke datum daarvan nogtans nie in die Bybel aan ons geopenbaar nie. Die Here wil hê dat ons so met sy Seun sal wandel dat ons elke dag vir sy wederkoms gereed sal wees.

      Wanneer ons op ’n reis deur die sewe feeste vertrek, sal ons altyd die regte historiese verwysingspunt by die eerste koms van Christus hê waar ons nuwe lewe begin het, asook ’n Bybelse toekomsverwagting wat gebaseer is op profetiese beloftes oor sy wederkoms wanneer ons verheerlik sal word en mede-erfgename van ’n hemelse koninkryk sal wees.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R5SRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABDpQAAAEBAAMAAAABCxUAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALjvwAAAnEAAuO/AAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNS4xIFdpbmRvd3MAMjAxMjox MDowNCAxODozMjoyMgAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZgoAMA BAAAAAEAAAnrAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAHMwAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQO Dg4OFBEMDAwMDBERDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGcD ASIAAhEBAxEB/90ABAAH/8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEB AQAAAAAAAAABAAIDBAUGBwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYU kaGxQiMkFVLBYjM0coLRQwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5Sk hbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQAC EQMhMRIEQVFhcSITBTKBkRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RF VTZ0ZeLys4TD03Xj80aUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3
СКАЧАТЬ