Die Sewe Feeste. Johan Malan
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Sewe Feeste - Johan Malan страница 8

Название: Die Sewe Feeste

Автор: Johan Malan

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796316011

isbn:

СКАЧАТЬ bestaan uit ’n beweegoffer wat in die lentemaand, op ’n dag ná die Sabbat, gebring moes word. Hierdie fees verwys na die opstanding van Christus, en was die begin van die Fees van die Weke.

      Pinkster is die laaste dag van die Fees van die Weke, en vind plaas op die 50ste dag na Eerstelinge. Hierdie fees het vooruit gewys na die uitstorting van die Heilige Gees, en is gevolg deur ’n periode van vier maande waarin die oes ingesamel is.

      Basuine is gevier op die eerste dag van die sewende maand en dit dui op die einde van die oesseisoen. Profeties wys dit op die insameling van God se oes van geredde mense in die hemelse skuur, aan die einde van die Messiaanse era.

      Die Groot Versoendag word op die 10de dag van die sewende maand gevier en wys vooruit na Israel se nasionale bekering en versoening met die Messias.

      Die Loofhuttefees word vanaf die 15de dag van die sewende maand vir ’n week lank gevier, en sluit die oesfees af. Dit is ’n vreugdefees wat ’n tipe is van die Messias se vrederyk op aarde wanneer Hy in die midde sal wees van die geredde oorblyfsel van Israel asook sy verheerlikte kerk.

      Deur Israel se feeste binne die verband van ’n landbouseisoen aan te bied, gebruik die Here natuurlike aktiwiteite om geestelike waarhede aan die volk te demonstreer. Die lentefeeste gee ’n aanduiding van die lewensveranderende en wêreldhervormende gevolge van die Messias se koms na die aarde, naamlik die verbreking van geestelike slawerny en die versekering van vryheid vir die volk van God. Die herfsfeeste fokus op die verheerliking van God se volk, oordele oor die ongelowiges, asook die vestiging van ’n regering van geregtigheid op aarde.

      JOODSE TYDREKENING

      Die Jode gebruik ’n maanjaar waarin elke maand ná die verskyning van die eerste skrefie van die nuwemaan begin. Aangesien die siklus van die maan net 29½ dae is, is die lengte van ’n maanjaar 354 dae, vergeleke met die 365¼ dae van ’n sonjaar of seisoensjaar. Hierdie verskil het vir Israel probleme geskep omdat sekere van hulle maande ten nouste met die seisoene van die jaar geassosieer is. Die maand Nisan, wanneer die eerste drie feeste gevier word, moet altyd met die lente saamval omdat hulle dan ’n gerf van die gars moet sny om as ’n beweegoffer vir die Fees van die Eerstelinge gebruik te word. Tisjri is die maand waarin die oes finaal ingesamel word, en in hierdie maand word die laaste drie feeste van die oesseisoen gevier.

      Israel het ’n uitgebreide stelsel van skrikkeljare ontwikkel om te verseker dat hulle maanjare gelyklopend met die seisoensjare bly. Binne elke siklus van 19 jaar is die volgende almal skrikkeljare: 3, 6, 8, 11, 14, 17, en 19. By al hierdie jare word daar ’n dertiende maand aan die einde van die godsdienstige kalender tussen Adar en Nisan bygevoeg, naamlik Ve-Adar (Tweede Adar). As gevolg van hierdie skrikkeljare wissel die datums van Joodse feeste aansienlik op die sonkalender, selfs tot ’n maand, maar hulle bly altyd min of meer ooreenstemmend met die siklus van seisoensjare.

      Israel het twee maankalenders – die een ’n godsdienstige kalender wat in die lentemaand Nisan begin, en die ander een ’n siviele kalender wat tydens Rosh Hashanah op 1 Tisjri begin. Die name van die maande is soos volg, met benaderde ekwivalente op die Gregoriaanse sonkalender:

Name van die maande Stem ooreen met Aantal dae per maand Maand in siviele kalender Maand in godsdienstige kalender
Tisjri Sep–Okt 30 1 7
Cheshvan Okt–Nov 29 of 30 2 8
Kislev Nov–Des 29 of 30 3 9
Tevet Des–Jan 29 4 10
Shevat Jan–Feb 30 5 11
Adar Feb–Mrt 29 of 30 6 12
Nisan Mrt–Apr 30 7 1
Iyar Apr–Mei 29 8 2
Sivan Mei–Jun 30 9 3
Tammuz Jun–Jul 29 10 4
Av Jul–Aug 30 11 5
Elul Aug–Sep 29 12 6

      Dae in Israel verloop tussen sononder en sononder die volgende dag. Die nagte word verdeel in vier nagwake: van sononder tot 9 nm, van 9 nm tot middernag, van middernag tot 3 vm, en van 3 vm tot sonsopkoms. Die dae word ook in vier wake verdeel: sonsopkoms tot 9 vm, 9 vm tot middag, middag tot 3 nm, en 3 nm tot sononder.

      Wanneer dae getel word, word ’n stelsel van inklusiewe berekening gebruik. Omdat ’n gedeelte van ’n dag as ’n volle dag beskou word, kan ’n week (byvoorbeeld van Woensdagmiddag af tot die volgende Woensdagmiddag) ook as agt dae beskryf word omdat altwee Woensdae as volle dae getel word. Die Loofhuttefees in Israel word vir ’n week lank, van die 15de tot die 22ste dag van hulle sewende maand gevier: “Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here. Op die eerste dag moet daar ’n heilige vierdag wees … Sewe dae lank moet julle aan die Here ’n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees” (Lev 23:34–36). Die laaste dag van hierdie week, naamlik die agtste dag, was die groot dag van die fees (vergelyk Joh 7:2, 37).

      In Levítikus 23 staan daar die volgende oor die fees van die 50ste dag: “Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, … sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel” (Lev 23:15–16). Hierdie 49 dae tussen ’n Sondag en ’n ander Sondag sewe weke later, word 50 dae genoem omdat die eerste en laaste Sondae beide as volle dae getel word. In die Nuwe Testament is hierdie twee feeste vervul tydens die opstanding van die Here Jesus op ’n Sondag en die uitstorting van die Heilige Gees sewe weke later, ook op ’n Sondag. “Pinkster” beteken “Vyftigste” – dit is die fees van die vyftigste dag.

      PROFETIESE JARE

      Afgesien van Israel se maankalender is daar ook ’n profetiese kalender in die Bybel waarin elke maand 30 dae lank is, met ander woorde ’n jaar van 360 dae. Uit Génesis 7:11, 24, en 8:4 is dit duidelik dat die sondvloed vyf maande van 30 dae elk geduur het, met ander woorde 150 dae. In Openbaring 11:2–3, 12:6 en 13:5 is ’n periode van 42 maande – die twee helftes van die verdrukking – presies 1 260 dae lank, wat beteken dat elke maand 30 dae lank is. Hierdie kalender is baie spesifiek, hoewel dit nie geskik is om maansiklusse СКАЧАТЬ