Die Sewe Feeste. Johan Malan
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Sewe Feeste - Johan Malan страница 7

Название: Die Sewe Feeste

Автор: Johan Malan

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796316011

isbn:

СКАЧАТЬ href="#ulink_fd4be9f5-b13a-5acd-bd7d-024c350db0f4">8 , beklemtoon die feit dat die besnydenis en die Sabbat net op Judaïsme betrekking het:

      Die Sabbat is diep in die hart van Judaïsme gevestig en is ’n sentrale deel van die Joodse lewe. Die Sabbat en die besnydenis is twee belangrike kenmerke van Judaïsme. Niemand kan in die rabbynse sin as ’n ware gelowige Jood beskou word sonder dat hy beide onderhou nie. Sabbat beteken rus. Dit is by uitstek en spesifiek ’n Joodse rusdag wat deur God by Sinai aan die kinders van Israel gegee is deur sy dienskneg Moses … Die Sabbat is eksklusief Israel se erfenis wat onder die wet gegee is aan mense wat onder die wet is. Die nakoming van die Sabbat soos oorspronklik deur God bepaal is, veronderstel die bestaan van ’n heilige tempel, ’n priesterlike orde wat deur God ingestel is, asook ’n offerdiens (vergelyk Núm 28:9–10). Soos wat omstandighede vandag is, kan ’n Jood nie die Sabbat onderhou in sy Bybelse verband nie, omdat die noodsaaklike toestande vir die nakom van sulke voorskrifte nie bestaan nie. Wat die Jode vandag probeer onderhou is die rabbynse weergawe van die Sabbat. Dit is egter ’n aansienlik veranderde Sabbat en dit is selfs nog meer onmoontlik om dit streng na te kom.

      In die vroeë kerk was daar ’n hewige stryd teen die Judaïseerders wat geglo het dat nie-Jode wat Christene word, eers Jode moes word wat aan al die vereistes van die wet voldoen. Die hoofgroep het egter geglo dat Christene nie onder ’n verpligting teenoor die wet gestaan het nie. Op ’n spesiale vergadering van die apostels in Jerusalem is daar besluit dat gelowiges uit die nie-Joodse volke nie onder die wet is nie (Hand 15:1–29). Riglyne is gegee vir behoorlike morele gedrag, maar sonder enige melding hoegenaamd van die Tora en die Sabbat.

Die Joodse Sabbat Die Christelike Sondag
Die Sabbat, of die sewende dag van die week, herdenk die afgehandelde fisiese skepping – Gen 2:1–3. Die eerste dag van die week is opstandingsdag en dui op afgehandelde verlossing – Matt 28:1–6.
Die Sabbat is ’n verbondsteken tussen God en sy volk Israel: “Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig” (Ex 31:13). Die eerste dag van die week dui op gemeenskap tussen die kerk en die Here Jesus: “En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek” (Hand 20:7).
Onderhouding van die Sabbat is deur die wet vereis en oortreders met die dood gestraf: “Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word” (Ex 31:14). Sondag is ’n dag van vrywillige en spontane aanbidding sonder enige wetlike verpligting – ’n dag van getuienis en arbeid vir die Here.
Die Sabbat is ’n noodsaaklike deel van die verbond van werke. Sondag verteenwoordig die verbond van genade.
Die Sabbat is die hoogtepunt van die week, en daarop word die mens beloon vir sy moeitevolle arbeid. Sondag beklemtoon wat God vir die mens gedoen het deur sy eniggebore Seun.

      In Jesus Christus het ons die rus van die Here ingegaan. Dit is die vervulde betekenis van die Ou-Testamentiese Sabbat, wat ook saam met die sewe feeste van die Here in Levítikus 23:3 genoem word.

      ISRAEL SE EINDTYDSE HERSTEL

      God se program van feeste het nie slegs die doel gedien om Israel op die koms van die Messias voor te berei nie, maar dit dui ook aan dat Israel as ’n volk eers aan die einde van die Nuwe-Testamentiese oesseisoen, op die Groot Versoendag, gered sal word. Die vervulling van die Paasfees moes hulle Groot Versoendag gewees het, maar die Here het geweet dat die groot meerderheid Israeliete die Lam van God sou verwerp en Hom aan die Romeine sou oorlewer om gekruisig te word. As gevolg daarvan sou daar ’n nuwe dispensasie begin waarin gelowiges uit alle nasies die getuies van Christus in die wêreld sou wees.

      Israel sal slegs as ’n volk gered word nadat ’n oes onder al die nie-Jode ingesamel is, en om hierdie rede sal die Groot Versoendag vir hulle die tweedelaaste fees wees. Paulus sê: “… die verharding [het] ten dele oor Israel gekom totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend” (Rom 11:25–26). Dit sal ná die kerkbedeling gebeur, wanneer die nie-Jode ruim geleentheid gehad het om tot die koninkryk van God toe te tree.

      Die laaste drie feeste word gevier in die sewende maand op die godsdienstige kalender van Israel. Hierdie maand val saam met die einde van die oesseisoen, wat deur die insameling van die naoes afgesluit word. Wanneer hierdie kritieke tydperk in Israel se geskiedenis aan die einde van die kerkbedeling aanbreek, sal hulle as ’n volk steeds ongered wees: “Die oes is verby, die somer is ten einde, en óns is nie verlos nie!” (Jer 8:20). Hoewel dit ’n baie laat uur in die oesseisoen sal wees, sal ’n spesiale geleentheid nogtans aan die Jode gebied word om gered te word: “Ook vir jou, o Juda, is daar ’n oes beskik as Ek die lot van my volk verander” (Hos 6:11).

      Nadat die kerk verheerlik en in die hemel opgeneem is, en die ongelowiges op aarde deur Christus geoordeel is, sal die hele oorblyfsel van Israel gered word en gedurende die regering van die Messias in hulle land gevestig word. Dit sal die vervulling wees van die laaste fees, die Loofhuttefees.

      3

      Vasgestelde tye van die feeste

      Die chronologiese orde waarin die sewe feeste ingestel is, is baie betekenisvol: “Dit is die feestye van die Here … wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd” (Lev 23:4). Die aangewese tye van die feeste is gedoen binne die raamwerk van Israel se jaarlikse landbouseisoen. In hulle profetiese toepassing openbaar hulle die ontplooiing van God se plan van verlossing deur die eeue. Dit begin by die soendood van die Messias en eindig by sy wederkoms en die instelling van sy vrederyk.

      Die feeste word verdeel in twee groepe van vier en drie, wat onderskeidelik die begin en einde van die oesseisoen verteenwoordig. Sewe is die Bybelse getal van volmaaktheid, wat dikwels in Openbaring gebruik word – byvoorbeeld die sewe gemeentes, die sewe seëls, die sewe basuine, ensovoorts. Die spesifieke tye van die feeste, asook hulle betekenis en tipologiese boodskap, is soos volg:

      Die Paasfees word gevier op die 14de dag van die lentemaand (Nisan of Abib), en dit is die eerste maand op die godsdienstige kalender. Hierdie fees dui op die dood van Christus.

      Ongesuurde Brood volg direk op die dag van die Paasfees en word op die 15de dag van Nisan gevier. Dit is vervul in die begrafnis van die Messias. Deur die offer van sy sondelose lewe СКАЧАТЬ