Op die vrou af 2. André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Op die vrou af 2 - André le Roux страница 6

Название: Op die vrou af 2

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Публицистика: прочее

Серия:

isbn: 9780798154185

isbn:

СКАЧАТЬ so amper …”

      Sy klim af, stel aan die skaal. “Ek verstaan dit nie.”

      Toe trek sy al haar klere uit en klim weer op. Daar staan sy: kaal op die skaal.

      “Yes! Yes! Yes!” sê sy. “Ek het 5 kg verloor!”

      Dis heerlike lente.

      “Jy lyk fantasties!” sê jy. “Soos ’n advertensie.”

      Sy kyk jou eers om te sien of jy nie net haar been wil trek nie (jy wil) – voor sy jou omspring so lig soos ’n veer.

      *Dis ses weke later, liewe leser. En daardie 5 kg …?

      “Moenie dit skryf nie!” tjip sy in. “Los daardie rubriek nou net so en kom slaap.”

      September 2004

      Binnelandse Sake

      Sy kom uitasem by die huis aan, en kwaad.

      “Ek’s nou so kwaad. Om te dink ek’s getroud!”

      Jy sou so hoop, ja.

      “En ek ken nie eens die man nie!”

      Hoe nou? Sy ken jou al van vóór julle getroud is. Sy was persoonlik saam met jou op julle wittebrood en nou ken sy jou nie.

      “Kalmeer,” sê jy. “Wat het ek nou weer gedoen dat jy my nie ken nie? Of nie wil ken nie …”

      “Ek praat nie van jou nie,” verduidelik sy. “Ek’s getroud met ’n Keniaan!”

      Jy sluk ’n hoop wind.

      “En wat dan van my?!” vra jy. Êrens het jy iets vreesliks gemis. Het jy haar soveel afgeskeep die laaste tyd? Al waaraan jy kan dink om te sê is: “Weet jou ma hiervan? Wag tot ek haar vertel!”

      Dis Binnelandse Sake, sê sy. Als net omdat sy vir ’n nuwe ID-boekie aansoek gedoen het. Toe sê hulle vir haar sy’s mev. Awori of iets, nou wôrie sy baie. Hoe meer sy vir die man agter die toonbank sê sy’s klaar getroud en kan nie eens daardie arriewarrie-naam uitspreek nie, hoe meer wys hy haar haar nuwe ID. Hy vra ewe vir haar of sy nou eerder wil aansoek doen vir ’n Keniaanse ID. Sy sê gee terug my ou ID, maar dit help nie.

      Dit blyk sy’s een van ’n paar duisend vroue wat onwetend getroud is. Korrupte amptenare reik al jare vals huweliksertifikate uit – vir R500 – aan buitelanders wat ’n vaste verblyfpermit in Suid-Afrika wil hê. Dit was in die koerante.

      Sy bel die tolvrye nommer wat hulle gee om uit te vind of sy werklik (weer) getroud is. Sy kom nie deur nie en gaan kyk by www.home-affairs.gov.za onder verify your marital status online.

      Dit sê sy’s getroud.

      “Ek’t mos gesê ek sal so hoop, ja.”

      “Maar die datum is heeltemal verkeerd! Ek het daardie man by Binnelandse Sake gesê!”

      Jak, sug jy. “Om te dink ons het aangetroude familie in Kenia. Miskien moet ons gaan kuier, hulle sê Kenia is so ’n mooi land, al is die paaie sleg.”

      Sy ignoreer dit.

      “Hoekom gebeur sulke goed altyd met my?” Jy sê jy dink dis omdat sy op daardie snaakse dieet van sop was. (En hoekom gebeur sulke goed nooit met my nie? vra jy.)

      Sy ignoreer dit.

      “Nou moet ek in toue gaan staan en vorms invul en beëdigde verklarings aflê en twee of drie getuies saamneem om te sê ek is wie ek sê ek is!”

      Toe sy bedaar het, wonder sy hoeveel het die ou van Kenia vir haar betaal. R500 klink darem min, sê sy. (Vir jou is R500 nogals baie geld …)

      “Ek wonder hoe lyk die man,” mymer sy. “Keniane is mos baie atleties gebou, so trots, regop, sterk en styf, fier en ferm.”

      Hoe bedoel sy nóú? Jy wil liewer nie vra waar sy aan al daardie byvoeglike naamwoorde kom nie … jy gaan trek onkruid in die tuin uit.

      “Miskien is hy nog ryk ook!” roep sy agterna.

      Later sê jy so in die verbygaan jy wonder hoe’s die weer in Kenia.

      Dink só daaraan, sê jy: “Jy’s getroud met ’n man wat jou nooit pla of kla nie, hy sit nooit sy voete op die koffietafel as hy bier drink voor die TV nie, hy druk nooit die tandepastabuisie van bo af uit nie, sy klere lê nooit op die vloer nie en hy kom nooit laat by die huis aan nie. Die perfekte man!”

      Jy’s reg, sê sy. Een man in die huis is oorgenoeg. (Jy loop trek nog onkruid uit.)

      Sy bel ’n vriendin. Jy sal dit nooit glo nie, sê sy. Hulle giggel en jy hóór hoe die vriendin vir haar sê toemaar, Keniane is mos baie atleties gebou …

      Jy maak jou uit die voete.

      “Hoekom is jy nou so uitasem?” vra sy.

      “Ek het so ’n entjie gaan draf,” sê jy.

      Oktober 2004

      Home Alone

      Sy gaan die hele naweek weg om ’n bietjie vir haar ma te loop kuier. (Liewer só om as andersom, ’n hele naweek kan lank raak …)

      “Is jy seker jy wil nie saamgaan nie?” nooi sy weer. Jy sê jy sou baie graag wou, maar jy’t ongelukkig ander verpligtinge.

      Salig! Die hele naweek net vir jouself!

      Dan kom die instruksies: Onthou om die kat kos te gee, twee skeppies met ’n bietjie melk oor (áfgeroomde melk, sy hou nie van volroom nie), en moenie vergeet om saans die veiligheidshek te sluit nie, sorg dat die drommetjie in die kombuis nie oorloop voordat jy dit leegmaak nie en sit die groot vullisdrom se deksel terug as jy klaar is, en o, ja, maak seker die badkamervenster staan nie oop as die wind opkom nie. Moet ek ’n lysie maak?

      Sy dring ook daarop aan om vir jou drié borde kos, klaar voorberei, in die vrieskas te sit. Sy beduie deur die Glad Wrap wat’s op elke bord – met groente.

      “Dis totaal onnodig,” sê jy. “Ek kan mos na myself kyk, ek’s nie hulpeloos nie!”

      Presies, sê sy, en jy weet nie mooi presies wat sy met presies bedoel nie. Soen-soen koebaai.

      Sy bel om te sê sy’s veilig daar, is alles nog reg by die huis, onthou van die kat en die hek, groete van haar ma en lekker slaap (het jy al geëet?).

      Jy en die kat eet pizza voor die TV, drink bier en melk onderskeidelik en kyk ’n laataand-fliek.

      Jy kan nie aan die slaap raak nie. Jy weet nie of jy aan jou kant van die bed moet lê of in die middel nie en skielik het jy te veel duvet tot jou beskikking. Die een bord kos in die vrieskas eet jy teen vyfuur die oggend vir ontbyt en nog een vir aandete die volgende dag net ná die rugby (met pizza). Die derde bord kan jy altyd hou vir wanneer sy terug is, dan hoef sy nie weer soveel kos te maak nie. Daar’s ook nog pizza oor.

      SMS: СКАЧАТЬ