Anton Goosen. Hanlie Retief
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anton Goosen - Hanlie Retief страница 5

Название: Anton Goosen

Автор: Hanlie Retief

Издательство: Ingram

Жанр: Зарубежная деловая литература

Серия:

isbn: 9780624089742

isbn:

СКАЧАТЬ die huis het ek woordeloos op my bed gaan lê en die emosie verwerk, in die mate dat tiener-emosie verwerk kan word. Dit was nie goed vir my ego nie, eintlik glad nie goed nie. Ma het in die gang verbygestap, instinktief geweet en my een kyk gegee: “Daar is baie visse in die see.” En aangestap.

      “You’re as sweet as Tupelo honey”, kom die Van Morrison-song vanaf die band stand. Sanna se broer gly met sy geel rookvingers deur sy kuif.

      “So Sanna ry vandag ’n Alfa Spider?”

      “You’re an angel from the first degree” …“Ja, sure. Het jy dalk ’n boodskap vir haar ook?”

      “You’re as sweet as honey from the bee” …

      “H’m ja, ek het. Sê vir haar daardie aand, daardie aand met Floors het sy reg gekies …”

      2

      ’n Troue, ’n geboorte en ’n plaat

      Kris Kristofferson het eenkeer vir my gesê hy dink nie ek gaan van Bob Dylan as mens hou nie, want Dylan is ’n innocent. Nadat ek Dylan se biografie gelees en ’n programreeks van 13 episodes vir die radio oor hom gedoen het, verstaan ek wat Kristofferson bedoel het, want Dylan leef sy kuns in al sy wakker oomblikke. Wanneer hy met ’n hoodie in die buurt ronddwaal en gearresteer word vir leeglêery terwyl hy eintlik peins, is hy voltyds besig met sy kuns. Maar dit maak nie van hom ’n lekker partytjiekêrel soos Neil Young en Bruce Springsteen-hulle nie.

      Ek het Dylan in 1964, my eerste jaar op onderwyskollege in Heidelberg, ontdek toe ek gaan swot het om diensplig te ontduik en weg te kom van Kroonstad en Welkom. Dylan se musiek is soos Michelangelo, Van Gogh en Shakespeare – al daai groot name just killed it for everybody else, they rule supreme. Hoe vergeet jy byvoorbeeld die oomblik as jy die maer man met die groen trui se eerste bundel oopslaan?

      Ek was uiteindelik weg van die Calvinistiese chauvinistiese vingerswaai. Ewe skielik was daar ’n groot wêreld om te ontdek. Alles was soos jou eerste lees van Roald Dahl, die eerste sien van Asterix. Teen my kamermuur in die koshuis Uitsig het ek Nietzsche-spreuke met ’n viltpen neergekrabbel (ek is later daaroor uit die koshuis geskors, totdat my pa ’n mooipraatbrief vir die rektor geskryf het). Ek het Herman Charles Bosman se humor ontdek en heelwat jare later Leon Rousseau se biografie oor Eugène Marais, Die groot verlange. Én die wonderlike boek oor Michelangelo, Irving Stone se The Agony and the Ecstasy, John Steinbeck, Chris Barnard, André Brink, veral sy Orgie, Ingrid Jonker, Etienne Leroux, al het ek nie als van laasgenoemde verstaan nie. Etienne het blykbaar met sy hande bo sy kop in Koffiefontein rondgestap. Die mense het dit vreemd gevind. Ek het nie. Vir my persoonlik was die koshuisnaam nogal profeties. Uitsig.

      My broer, Ben, was ’n jaar voor my op kollege en so bietjie van ’n beskerming teen die donners wat een nag my kamer ingebars en al my hare afgesny het. Ben het standerd nege gedop en in die polisie standerd nege en matriek in een jaar gaan doen. Daar was nog ontgroening. Aan die einde van die jaar moes die eerstejaars almal oor ’n dwarslat lê met kussingslope oor die kop, dan het die oumenere verbygekom en op die uitroep van jou naam besluit hoeveel houe jy geslaan gaan word. Dit was niks anders as gewettigde aanranding nie. Ben Pheiffer, ’n musikant in ons kollege-band en ’n jaar ná my het onlangs gesê ek was die enigste senior wat hom soos ’n mens behandel het.

      Ek het spesiale onderwys vir gestremde kinders gestudeer. Psigopatologie het my gefassineer en ek het sommer op eie stoom vakansietye kursusse by die Oranje-hospitaal in Bloemfontein en Witrand-hospitaal in Potchefstroom bygewoon op voorwaarde dat ek agterna ’n referaat vir die klas lewer. Die abnormale het my gefassineer. My psigopatologie-dosent het my later gewaarsku om nie te diep in die psiges van die vakrigting te delf nie.

      Daar was baie droogmakery saam met my vriend Dirk Stassen, tipiese studentegoed soos om ’n parkbankie in ons koshuiskamer te gaan parkeer. Dirk het amper Kahill se fliekteater afgebrand toe hy sy sigaret op die sitplek vergeet het. Die fliekskerm was vol gate, want die studente het bottels soontoe gegooi as hulle nie tevrede was met Kahill se fliekkeuse vir die aand nie.

      En natuurlik was daar die vryery. My eerste meisie op kollege was Ria Wagner, een van ’n identiese tweeling, en hulle het partykeer omgeruil om my te flous. Ons het gereeld hul ma se ou Anglia, een van daai met die skuins agtervenster, geleen en dan trek ons daar weg met die advertensiebord van die tante se bestuurskool op die dak. Jare later het ek weer een van die tweeling gesien toe sy besig was om vibrerende easy chairs op ’n landbouskou te verkoop.

      My “rebelse” vriend Dirk het ’n tikonderwyser geword want dit het vir hom na die minste nasienwerk gelyk. Rebels in aanhalingstekens, want waar ek op die muur slagspreuke geskryf het, het hy op die wasbare wasbakteëls geskryf. Veilige protes. Op kollege het hy nooit ’n girlfriend gehad nie, want hy het gereken hoekom sal hy twee hamburgers koop en net een eet. Vandag is hy getroud en het in Nigel afgetree. Hy deel nou sy hamburgers.

      Ek en my muso-vriende het in Heidelberg in ons eerste ernstige rêrige band, die College Combo, begin speel, en selfs ’n plaat gemaak. Later het Dirk en ek en Johan “Killer” Coetzer ’n jazz-trio gehad.

      Ek was nogal angstig wanneer ek op die verhoog moes verskyn. Om my vrees te beheer het ek geleer om oor die mense se koppe te kyk tot heel agter waar jy nie eintlik meer oogkontak kan maak nie. Dan werk jy jou pad vorentoe en kry al hoe meer selfvertroue tot by die ou heel voor wat jou met gevoude arms aangluur, want sy girlfriend hou van jou. Ek het geleer jy kyk hom doelbewus in die oë en glimlag. En dan later gaan sy arms ook oop. Dis ook in dié dae dat my verhoogbygeloof begin het. Vandag nog stap ek nie van die regterkant af op die verhoog nie en as ek nie van die linkerkant kan opstap nie, loop ek agter om sodat ek wel van links af by die mikrofoon kan kom.

      Ek is eenkeer met die trein van Heidelberg af Oos-Londen toe net om ’n set van ’n kwartier by ’n verskeidenheidskonsert te doen. Dit was maar meestal Engelse covers, folkliedjies, want die folk-era het in 1965/66 in al sy glorie aangebreek.

      Ek en my sangmaat op kollege, Ida Els, het tydens ’n amptelike kollegebesoek kaalvoet en ghitaar op die rug vir die gestremde kindertjies by Hope Homes in Johannesburg gaan sing. Daar was agterna ’n klagte daaroor by die kollege, maar die kinders het aan die klanke gehang.

      Die Afrikaanse Studentebond het diep beswaard ondersoek kom doen oor hierdie hippie-ding wat onder die jeug en op kampusse begin posvat, hierdie duiwelse folkmusiek-tendens waarvan ek een van die sleutelelemente was. Dit was die tyd van “if i had a hammer” (kommuniste), “puff the magic dragon” (wtf). En ek wou maar net sielkunde swot en hoe weirder hoe beter en kumbaya sing met hippieblomme in my hare en kaalvoet deur die lewe wandel met ’n bottel melk in my hand. Dit was my ergste sonde, daar was nêrens dwelms, vreemde ideologie of alkohol betrokke nie.

      Met Ida het ek geleer jy maak nie jou sangmaat jou girlfriend nie, ’n foutjie wat ek net een keer daarna herhaal het. Exit Ida en enter Antjie, die slim dogter van Koos van Zyl, ’n pilaar in die Afrikanerdom en hoof van Hoërskool Randburg. Exit ook die sangpaar Anton en Ida, enter Anton en Michelle, later toe ek begin skoolhou. Hoe ironies, want Antjie se skoolhoofpa wou haar nie by ’n kunskollege laat studeer nie, want hy was bang sy raak met weird mense deurmekaar.

      Soos my ma en pa as teenstrydighede bymekaar uitgekom het, so was dit met my en Antjie. Die voorbeeldige dux-student en die kollege se langhaarhippie. Sy was mooi, ja, al my girlfriends was. Haar hare was in ’n beehive, sulke rooi hare, maar ek het later uitgevind sy kleur dit. Hierdie verhouding was toe die een wat aanbeweeg het tot trou. My ouers was natuurlik baie ingenome met my vangs uit hierdie prim en proper familie, maar Antjie se ouers was nie so keen op haar verhouding met die takhaar СКАЧАТЬ