Prooi. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Prooi - Deon Meyer страница 9

Название: Prooi

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798177764

isbn:

СКАЧАТЬ gesê hy “voel fokkol” vir hul argumente dat hierdie net anderkant die Noord-Kaapse grens en dus eintlik hul jurisdiksie is. Detective sergeant Aubrey Verwey is uitgeroep, en daarom is dit detective sergeant Aubrey Verwey se saak. En soos wat hy dit vir die twee Valke vertel, sit hy groot klem op die woord “detective”.

      En toe bind Verwey ’n sakdoek voor sy neus vas, maar dit help niks. En hy trek sy plastiekhandskoene aan, span die geel misdaadband en hy sê vir almal hulle bly nou agter daai band. En hy neem foto’s met sy Samsung-selfoon, want die polisiefotograaf op Beaufort-Wes se hele kamerasak is vyf maande gelede gesteel. Uit die polisiekantoor uit. En dis nog nie vervang nie, so die selfoon was al wat hy kon doen. En toe gaan voel hy in die sakke van die slagoffer se baadjie, en hy kry die selfoon, heeltemal flenters, daai foon moes gebreek het toe Johnson Johnson die staalpaal langs die spoor tref, of dit het dalk ’n klip op die grond getref, so met die uitval uit die trein uit. “Beyond reasonable doubt. Heeltemal beyond reasonable doubt.”

      Dit was al wat in die sakke van Johnson Johnson was. Die selfoon. ’n LG G5.

      “So I tagged it and I bagged it,” sê Verwey.

      “En toe kry ek myself die bloed en harsings aan die ’lectric pylon, net da’, kyk, da’ kan julle dit nog sien. Die CSI-ou van George het eers die volgende dag hier aangesukkel gekom, toe sê ek hy moet daai analyse. Toe bel ek my SB, en hy rapporteer dit hoër op, en die police spokesperson in die Kaap gee dit vir die media, lat daar ’n John Doe langs die railway line ge- … ’n John Doe is wat jy ’n ou noem wat dood is, ma’ hy’s nog nie ge-ID nie …”

      “We live and learn,” sê Vaughn Cupido en slaan sy oë op na die ’lectric pylon.

      Griessel haal net diep asem.

      “En toe bel hierdie reporter my van Die Burger af en sy vra, ma’ is dit nie Johnson Johnson nie? Toe hoor ek die eerste keer van dié ou. Maar toe sê ek, no comment, want die victim was nog nie ge-ID nie. Eers toe ek die LG-foon se simkaart process, toe is dit beyond reasonable doubt lat dit Johnson Johnson is. Heeltemal beyond reasonable doubt.”

      * * *

      Hulle ry terug Beaufort-Wes toe. Cupido bestuur, Aubrey Verwey sit agter. Verwey praat baie, meestal oor die sake wat hy met vernuftige speurwerk opgelos het: tikhandelaars, huisbrake, veediewe en twee plaaslike huishoudelike moorde.

      Hulle het ’n vermoede hy het ’n agenda. Toe hulle Beaufort-Wes binnery, sê hy: “Okay, so hoe moet ek maak om ’n Hawk te word?”

      Vaughn Cupido maak ’n geluid soos ’n hond wat geskop word, sag genoeg dat net Bennie dit hoor.

      Griessel sê: “Hou net aan doen wat jy doen.”

      “Maar julle sal vir my ’n woord insit, nè?”

      “Ons gaan probeer.” Dit is die naaste aan die waarheid wat hy kan kom.

      Hulle laai hom by die polisiestasie in Birdstraat af. “Hang net ’n minuut aan, Vodacom se call list het gekom, ek kry dit gou,” sê Verwey en hardloop na die gebou.

      Cupido laat sy voorkop sak, stamp dit ’n paar keer teen die stuurwiel.

      Griessel grinnik.

      Verwey kom terug met die koevert. “Dis Johnson Johnson se cell phone records, dit het gekom ná ek al die docket vir julle gestuur het.”

      Hulle groet, en toe hulle ry, roep Verwey: “Sit daar ’n woord in!” Hy staan op die sypaadjie en waai tot hulle om die hoek verdwyn.

      Griessel kry hom ’n bietjie jammer. Om op dié plek vasgekeer te wees …

      Hulle gooi petrol in by ’n vulstasie. Griessel gaan koop vleispasteie en koeldrank, dan vat hulle in doodse stilte die N1 terug Kaap toe.

      Verby die Groot Karoo Nasionale Park se ingang. Net meer as ’n kilometer verder, by die stilhouplek met sy opgeskote bome en betontafeltjies en -stoele, trek Vaughn sonder waarskuwing af. Hy hou stil en klim uit, los die deur net só oop. Hy loop ’n entjie weg. Daar is geen ander motors of mense nie. Hy gaan staan, draai om.

      “Jissis, Benna,” sê hy. Dit is woede en wanhoop, alles ineen.

      9

      Hier kom dit nou, weet Griessel, en dis goed so.

      “Daai,” sê Vaughn Cupido en wys in die rigting van Beaufort-Wes. “Daai is die future van die SAPS.”

      Dis asof die volle impak van dié stelling vir hom te veel is, want sy lyf sidder. “Daai is die future van die Hawks, daai is die future van hierdie land. Daai ‘rocky science’. Daai ‘gebrysel’. I ask you. Ge-fokken-brysel.”

      Hy kom weer aangeloop na die Ford toe. “For fuck’s sake, Benna, hulle kan nie eens ordentlik práát nie; hoe wil hulle skryf? No wonder daai docket lyk soos die hond se gat. Hoe wil hulle ’n murder investigation doen? ‘Die crime scene was nie hie’ nie, dit was op die trein’, so al die blougatte kan kom kots net wa’ hulle wil. Nee, o jirre, Benna, hie’ kom anarchy, ons is in ons moere in.”

      Hy maak ’n gebaar met sy hande wat sê hy is moedeloos.

      “Het jy daai hairstyle gesien? Da’s meer tyd in daai hairstyle ingesit as in hierdie case. En dan wil hy vir my en vir jou kom vertel wat is ’n John Doe. Jissis …”

      Cupido kyk oor die wye vlaktes heen.

      “Wat het gebeur, Vaughn?” Want Griessel weet speurder-sersant Aubrey Verwey was net die sneller. Iets anders het sy kollega se humeur-geweer gelaai. En dit moes erg gewees het, want vir Vaughn Cupido om vierhonderd-vier-en-veertig kilometer lank van Bellville af Beaufort-Wes toe te broei, is feitlik ongeëwenaard.

      Cupido haal diep asem. Nog ’n magtelose swaai van die hande, dan kom staan hy hier in die deur: “Gisteraand, toe is ek daar by Desiree …” begin hy.

      Hy sug lank en diep.

      “En haar laaitie is daar. Donovan. En hy’t hierdie nuwe pellie, Brantley. Watse naam is Brantley, Benna? Brantley. I ask you. What were they thinking? No wonder the kid turned out to be this facetious little wise-ass. Anyway, Brantley is so vreeslik kontant met die bekkie, hy vra my: ‘Uncle, is uncle in die Hawks?’ En ek sê: ‘Yebo, yes, ek is ’n captain in die Hawks, pappie.’ En hy tune my: ‘My daddy sê julle is captured.’ En ek sê: ‘Wat meen jy, captured?’ En hy sê: ‘Nee, daai Indian crooks wat die President so gecapture het … My daddy sê die Hawks is ook gecapture, ammal is nou gecapture, daai Indians own vir julle, julle word ryk van envelopes under the table, en die mense word arm van al die capture.’ Jissis, Benna, jy weet hoe ek voel oor die Hawks. Dis my lewe. Dis my pride. Ma’ daai is niks. Nou staan en karring daai Brantley met my voor Donovan. Daai laaitie wie se trust ek nou al maande lank try wen, daai laaitie met wie ek try connect, want ek is serious oor Desiree, en ek weet the road to a real relationship runs through the kid … Nou gaan staan en gooi Brantley daai capture-ding rond, en ek sien Donovan kyk my só of hy gewéét het this guy wasn’t going to turn out well.”

      “Ai,” sê Griessel.

      “Nou sit ek daar en ek dink; ek kan sê, nee, ons is nie gecapture nie, ons Kaapse Hawks, ons Serious and Violent Crimes Unit, óns is nog skoon, al het die shit die fan gehit in die Durban in, and nobody knows what the hell is going on in Jo’burg, ma’ СКАЧАТЬ