Die dood van 'n goeie vrou. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die dood van 'n goeie vrou - Chris Karsten страница 4

Название: Die dood van 'n goeie vrou

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798174190

isbn:

СКАЧАТЬ adjudantoffisier Neser,” sê sy en steek haar hand uit. “Van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad.” Eintlik sommer moord-en-roof, maar generaal Pitso is tog so gesteld op politieke korrektheid, die ou gatlekker. “Wie’s jy?”

      Hy sit sy sel en rugsak op die tafel en vat haar hand, sy ander hand steeds in die broeksak.

      “Poolboy,” sê hy met ’n sagte greep van lang, skraal vingers soos dié van ’n pianis, of sakkeroller. “Dis ek wat gebel het.” Hy gee ’n kopknik skuifdeur toe. “Oor haar. Kan ek waai?”

      “Netnou. Sit eers.”

      Sy trek vir haar ’n stoel uit en haal haar notaboek uit haar sak.

      Hy gaan sit oorkant haar. Konstabel Sello moet die wenk gekry het, want dié stoot sy gemeste lyf met ’n steun uit die stoel op en sleep sy voete oor bokvel en leiklip om nou daar teen die braaiplek te gaan hang soos ’n oorvrete afvlerkkraai.

      Sy los die konstabel en kyk terug na die seun. “Wat’s jou naam?”

      “Adam,” sê hy. “Adam Jonker.”

      “Die haar, praat jy van mevrou Heyns? Hoe weet jy dis sy? Die liggaam is bedek, het jy gaan kyk, haar gesig gesien?”

      “Ek weet net.”

      “Het jy ingegaan?”

      Hy knik. “Hoe anders sou ek geweet het om 10111 te bel?”

      “Hoe laat was jy hier?”

      “Halfnege.”

      “En jy bel eers halftien?”

      “Besig by die swembad, het eers later die deur gesien. Op ’n skrefie oop.”

      “Hoekom was ’n oop deur vir jou snaaks, veral op ’n Saterdag, veral op so ’n heerlike somersoggend?”

      “Oor dit so stil was. Sy’t nie uitgekom nie. Sy kom gewoonlik uit. Kom sê hallo, bring koeldrank.” Hy aarsel, sê dan: “En sy’s alleen, sal mos nie die deur oop los as sy alleen is nie.”

      Het die aanvaller laas nag by die oop deur ingekom en uitgegaan? Was die alarm ook af? ’n Vrou alleen in ’n huis maak tog seker dat al die deure gesluit en die alarm geaktiveer is. Sy maak dubbel seker. Dis wat sý doen, so alleen daar in haar eie huisie.

      Ella kyk na die swembadspeelgoed. “Waar’s haar man en kinders?”

      “Hy’s Sun City toe, die seuns is op die plaas.” Hy haal sy pet af en vee met die T-hemp se mou oor sy gesig. Nou kan sy die groen van sy oë sien. “Ek maak die swembad skoon, dis al. Vir sakgeld.”

      Asof hy sy teenwoordigheid hier by die moordhuis probeer regverdig.

      “Lyk of die Kreepy werk,” sê sy.

      “Hy werk. Maar om dit mooi skoon te kry moet jy die rande met die hand borsel, en dit suig en backwash, alkaliniteit en pH toets. Anders word dit groen.” Hy bekyk haar. “Jy’t nie ’n swembad nie, nè? Oukei, dis al wat ek weet. My plig gedoen en gebel.”

      “Dankie daarvoor, as meer mense hulle plig doen –”

      Sello se polisieradio knetter en sy hoor Masilo by die hek se stem: “They just arrived. Forensics and CSM.”

      Jimmy-hulle en Crime Scene Management. Vir dok Koster verwag sy eers heelwat later. Hy vat sy tyd, gee Forensies en Misdaadtoneelbestuur kans, sê hy soek hulle nie onder sy voete as hy begin nie. En dit klink of Mara kolonel Sauls eers by die huis in die werk gesteek het.

      “Kan ek nóú waai?” sê Adam. “Gaan kyk self.”

      “Net nog ’n paar vrae.” Sy wys na die potte. “Het jy daardie dooie voël gesien, was dit daar toe jy hier gekom het?”

      “Indiese spreeu. Het dit gesien toe ek na die deur kom kyk.”

      “Hoe weet jy meneer Heyns is by Sun City?”

      “Dis wat sy gesê het, toe sy bel om te hoor of ek vandag kom vir die swembad.”

      “Wanneer het sy gebel? Die presiese datum en tyd, dis baie belangrik.”

      “Gistermiddag net ná vyf.”

      Sy skryf in haar notaboek en toe sy opkyk, betrap sy sy oë op haar. Hy kyk vinnig af, terug na die sel op sy skoot, maar sy kan sweer daardie groen oë was op haar T-hemp, op haar bralose T-hemp.

      “Hoe’t jy by die erf ingekom, Adam?”

      Hy antwoord sonder om op te kyk. “Ek het ’n sleutel vir die klein hekkie. Ek het die klokkie gelui. En ingekom toe sy nie antwoord nie. Dis hoekom dit snaaks was. Die skuifdeur is oop, maar sy hoor nie die klokkie nie?”

      “Sy kon hier in die tuin gewees het. Julle ken mekaar goed, as sy vir jou ’n sleutel gee?”

      “Ek ken haar lank, ja. Sy’t my behandel.”

      “Behandel vir wat?”

      “Ek’s onsosiaal, ek meng nie.”

      Hou hy haar vir die gek? Maar sy gesig verklap niks, dis sonder emosie. Jimmy sal sy vingerafdrukke ook moet neem, ingeval hy binne aan iets gevat het. En hulle sal afdrukke van sy tekkies se sole wil maak.

      “Waar bly jy? Ek’t jou adres en foonnommers nodig.”

      “Maxwellstraat, paar blokke hiervandaan. Naby die UJ-kampus.”

      “Hoe oud is jy?”

      “Negentien.”

      “O, jy’s klaar met skool?”

      “By Wits se School of Arts.”

      “Ek soek ook jou pa se naam en nommers, sel én werk. En ons het jou tekkies nodig vir ’n paar dae. Om jou sole van ander merke te onderskei.”

      Hy kyk na haar en begin dan sy tekkies losmaak.

      “Ek sal weer met jou wil gesels,” sê sy. “Ek sal bel vir ’n afspraak. Hier’s solank my kaartjie, laat weet as iets jou byval.”

      Hy sit sy tekkies langs mekaar op die tafel, staan op en lig sy rugsak van die tafel af oor ’n benerige skouer. Weer daardie skramse glimp na haar bors. Of verbeel sy haar?

      “Kan jy kaalvoet ry? Moet konstabel Sello jou gou huis toe vat vir ander skoene?”

      “Dis oukei, ek sal self ry.” Hy lees haar naam hardop van die kaartjie af: “Ella.” En kyk na haar. “Kan ek jou Ella noem?”

      4

      Die gordyne is nou heeltemal weggetrek, die glasmuur van skuifdeure heeltemal oop, die grense tussen binne en buite het verdwyn. In die sakkerige Tyvek-pak, mus en lateks-handskoene wag sy by die braaiplek op Jimmy se teken. Die son bak nou byna loodreg van bo en selfs hier in die skaduwee van die stoep is die oorpak warm СКАЧАТЬ