Die dood van 'n goeie vrou. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die dood van 'n goeie vrou - Chris Karsten страница 12

Название: Die dood van 'n goeie vrou

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798174190

isbn:

СКАЧАТЬ help: “In ’n broekie en kamisool dalk?”

      “Ja, is dit wat sy aangehad het, sy was nie kaal nie?” Toon van verligting in sy stem.

      “Ook ’n lang kamerjas, liggrys satyn.”

      “Ja, ek ken dit. Vir wat moet hy dan toets?”

      “Dis standaardprosedure. In sekere situasies word altyd vir seksuele molestering getoets. Net om seker te maak. Ook vir moontlike vreemde DNS aan haar liggaam en klere. Gaan rus nou eers. Maar ek’s bevrees nie hier nie. As ek jou dringend soek, sal ek bel.”

      “Die Eloffs verwag my. Maar ek ry môreoggend vroeg plaas toe, my seuns het my nou nodig.”

      “Goed, ek sal jou nie onnodig daar pla nie. Sterkte daarmee, dan sien ek jou Dinsdag ná die uitkenning. Vir ’n verdere geselsie en die vingerafdrukke en speekselmonster.”

      “Waar?”

      “Ek sal jou Maandag bel. Twee ander sake vir Dinsdag. Een: Wie dink jy sal so iets aan jou vrou wou doen, en hoekom? Twee: Wil jy jou prokureur laat insit by ons gesprek?” Sy hou haar hand op. “Wag, moenie nou antwoord nie, vat jou tyd, gaan dink eers daaroor.”

      “Sy’t nie vyande nie,” sê hy weer. “Sy’s ’n goeie vrou, sy doen net goed vir ander.”

      Selfs Moeder Teresa het vyande gehad, en dit was juis omdat hulle afgunstig was op haar goedheid.

      “Die huis en erf bly eers afgesper. En hier’s my kaartjie. Kolonel Sauls is by dieselfde werksnommer. O ja, net nog iets.” Sy haal die sak met die PlayStation-boks uit. “Weet jy iets hiervan?”

      “Ja, Charlie moes dit gebring het, dis Tommy se Kersgeskenk.”

      “Wie’s Charlie en wie’s Tommy?”

      “Charlie is van die gaming-winkel en Tommy is ons oudste seun. Kan ek dit saamvat?”

      Sy hou die kwitansie en gee die sak vir hom. “Charlie doen aflewerings?”

      “Vir Clara, ja. Bly hier af in die straat.”

      Toe hy uit is, haal sy haar foon uit haar sak en lees Lou se SMS: Nog by die moordhuis? Vat ’n blaaskans en kom eet iets. Ek sal Chinees kry en jou skouers masseer.

      Sy antwoord nie. Steek hy iets weg? Moet sy hom vra oor die rooikop? Of sien sy spoke? ’n Kliënt met dringende besigheid. Dis logies, dit verstaan sy. Baie kliënte het dringende besigheid. Selfs op ’n Saterdag. Sy verstaan ook as hy sy vierbal uitstel vir ’n vername kliënt. Dis soos hy is – eers werk, dan plesier. En hy werk hard, regtig hard. Daarom gun sy hom sy afwykinkies. Sy swamme en sy gholf.

      En ongetwyfeld omhels baie sakemanne hulle kliënte. Dit verstaan sy óók. Veral sexy kliënte. Dié omhels hulle seker graag. Verkieslik sonder die wete van hulle vroue.

      Wel, gering en gekerk is sy nie, maar daar’s ’n dêm ongeskrewe akkoord tussen haar en Lou. En die fynskrif sê as hy ’n sexy rooikop omhels, is sy geregtig om die wie en hoekom te weet. Veral as ’n oornagsak ter sprake is. Op ’n aand toe sy niksvermoedend in die Pink Flower was, met sy seën en selfs aanmoediging.

      Is sy onredelik, mag sy nie weet wat aangaan nie?

      Net voor agt kom Jimmy in. “Ons is klaar vir die nag, ligte af, deure gesluit. Net die voordeur nog.”

      “Ek sal dit sluit en seël as ek uitgaan.”

      Haar sel lui, Stallie wat rapporteer dat hy niks te rapporteer het nie, en dat dit laat is, dat huisbewoners deure nors in sy gesig begin toeklap. “Hulle wil voor die TV gaan sit, wil nie aan moorde in hulle eie buurt herinner word nie.”

      “Goed, tjaila maar,” sê sy, en waai vir Jimmy wat wegstap.

      “Wanneer is jý klaar?” vra Stallie.

      “Sal nog ’n rukkie besig wees.”

      “Ja, tot middernag toe, en gisteraand het jy ook min geslaap.”

      “Sorg dat jy môreoggend in die gim is.”

      “Ry, gaan kuier vir Lou, hy mis jou.”

      7

      Met Kandas die Vierde en ’n spul tropiese vissies as geselskap lê hy op sy sofa voor die dooie TV, The Fungi Field Guide op sy bors, die Grateful Dead op die agtergrond: “I will get by, I will survive …” Almal angstig, almal wagtend op Ella se oproep, of minstens op ’n SMS. Lou reg om op te spring en na Fong te jaag vir soet-en-suur Chinees-vir-twee, en om agterna haar skouers te masseer. Maar van haar g’n piep nie.

      En dis nie ’n goeie ding nie, want nou is sy kop aan’t dwaal weg van swamme af na gisteraand se besoek, ietwat ontsenuend uit die bloute. ’n Mooi vrou skielik op jou drumpel – wie sal nie ’n wind sluk nie, veral as dit boonop jou mooi eksvrou is?

      Hy reken ’n toevallige en oningeligte waarnemer sou maklik oor Lente en Ella kon dink: You lucky bastard, met só ’n eks en só ’n lover! Maar: Oh, East is East and West is West, and never the twain shall meet.

      Dalk moet hy Ella maar weer ’n slag SMS. Verdiep sy haar eers in ’n saak, vergaan hoor en sien om haar … Nee, wag – los haar, moenie verder pla nie, sy was klaar moerig toe hy bel oor die steaks by Putzi. Die plan was om haar vanaand te bederf met ’n braai hier by sy huis. Sy’s nie ’n groot vleiseter nie, geniet net die gekuier om ’n vuur. Hy ook, maar hy hou veral van baie proteïen, of baie van proteïen. Dik fillet steaks, alkant net sekondes oor hittige sekelbos- of swarthaakkole gezap om die sappige marinadesmaak binne te verseël; sy bees moet nog ’n laaste bulk gee wanneer hy sy tande in hom inslaan. Filette saam met swamme, natuurlik. Enige tyd van die dag, enige eetbare soort – ’n ewigheid terug selfs die onaptytlikes, die magic mushrooms wat hy self gekweek en gedroog het en in sy rooibostee met heuning ingeroer het as moetie teen die demone van die nag wat hom uit die bos agtervolg en bly teister het.

      Van sy mushies, dank die Vader, is hy intussen gespeen. Hy kan homself weer vierkant in die oë kyk in die spieël wanneer hy sy baard skeer, sy gryswordende hare borsel, met die klein skêrtjie obsternate ranke uit sy neusvleuels en aan sy wenkbroue snoei, die gerimpelde voorkop en nek en die spore aan die hoeke van sy oë en mond betrag. ’n Beeld wat hy leer aanvaar het. Maar daar was dae – en weke en maande, selfs jare – toe hy en alter ego nie juis mekaar se knaters gelek het nie, dit erken hy openlik namate hy ouer en gemakliker in sy losserwordende vel voel. Hy het dit selfs so aan Ella bely, met ’n minder kras metafoor. Sy ken dus min of meer die verloop van sy lewe sover. Min of meer. Want die pad oor die eerste twee, drie dekades was nie altyd effe nie, plek-plek inderdaad rof en onbeskof; dele daarvan is steeds, selfs vir hom, vaag of totaal duister en doem soms net gedrogtelik in nagmerries op, maar minder knaend as voorheen.

      Hy en Ella se ontmoeting – al omtrent ’n jaar en ’n half gelede – kan nie juis beskryf word as fabelagtige liefde met opslag van die eerste oog nie, selfs nie van die tweede of die derde nie. Hulle het mekaar wel uitgekyk, hy waarderend, sy ietwat skepties, maar hy het haar nie daarvoor verkwalik nie – hy wás al in matriek toe sy skaars haar eerste treë gegee het. En boonop is hy geskei. Langer as twintig jaar al. Maar verloop van tyd versag nie die stankie dat ’n geskeide man nie heeltemal te vertrou is nie, tekortskiet as geskikte troumateriaal. Al het hy nie weer sulke planne gehad nie, daarvoor was die СКАЧАТЬ