Koors. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koors - Deon Meyer страница 23

Название: Koors

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798173865

isbn:

СКАЧАТЬ sê Trunkenpolz.

      “Die bussie wat gebreek het. Wat het gebeur?”

      “Die vergasser … Ons dink die petrol in die vulstasies se tenks is besig om te degradeer. Ons moes die vergasser skoonmaak. Heeltemal. Dit het ons ’n paar uur gevat om die blêddie fout te kry …”

      Domingo knik.

      “Kom,” sê Pa. “Julle kan vanaand sommer hier in die Orphanage slaap.”

      * * *

      Domingo kom klop aan ons deur nadat almal kamers toe is. Pa maak oop. Domingo kom in, geweer in die hand. “Ek vertrou hulle nie.”

      “Kom ons kry ons slaap,” sê Pa in sy dis-nou-genoeg-stem.

      “Niemand ruik na petrol nie. Jy kan nie ’n carburettor skoonmaak en nie na petrol ruik nie.”

      “Asseblief, Domingo, ons praat weer môre.”

      * * *

      Die KTM beroof ons net voor die middaguur van die sesde Mei, maar ek is nie by nie. Ek en Jacob Mahlangu moet met die vierwiel op berg toe om seker te maak die vee het vreetplek, en om ongediertes af te skrik. Ons is laat met die terugkom in die middag, want die sneeu lê nog diep bo in die reservaat, die grondpaadjies is modder, en baie glad.

      Wanneer ons eindelik weer in Amanzi is, hoor ons die volle verhaal:

      Dié oggend gee Pa en pastoor Nkosi vir Mecky Zulu, Trunkenpolz en die nuwe aankomelinge ’n stewige ontbyt en ’n deeglike toer van die dorp en al die sleutelpunte. Hulle kies kwansuis vir hulle huise, hulle kom doen die administrasie by die ou poskantoor, hulle kry hul rantsoene waar ons die meeste van ons kos hou, in die ou OK Value-supermark.

      Domingo sit voor die polisiestasie na alles en kyk, R4 in sy hande. Hy is die enigste inwoner van Amanzi wat gewapen is. Trunkenpolz en Mecky loop tot by hom. Trunkenpolz vra iets oor die geweer om Domingo se aandag af te trek. Zulu haal ’n pistool uit haar handsak en druk dit teen Domingo se kop en sê: “Gee hom die geweer.”

      Domingo sit net.

      Trunkenpolz druk sy hand in haar handsak en haal nog ’n pistool uit. Hy slaan vir Domingo in die gesig daarmee. “Gee my die geweer,” en hy ruk die R4 uit Domingo se greep. Domingo se neus en oogbank bloei. Hy sit net en kyk hoe Mecky Zulu ’n teken vir die twee ander mans by hul bussie gee. Die een haal ’n tweerigtingradio uit, en praat daarin.

      Tien minute later hou ’n vragmotor en agt motorfietse in die straat stil. Die motorfietse is almal helderoranje-en-swart. Op hul tenks staan die letters KTM. Die mans is almal gewapen. Hulle dra ons hele voorraad blikkies- en droë kos uit die supermark-stoor uit. Hulle steel al tweehonderd R4-gewere en ammunisie in die ou polisiestasie en pak dit in die vragmotor. Een van die mans wat in die nag aangekom het, klim in ons brandstof-tenkwa vol diesel en ry daarmee weg.

      Trunkenpolz hou nou die R4 teen Domingo se kop. Hy sê vir Mecky: “Ons moet hierdie een skiet.”

      Ons mense wat dit alles sien, sê later daar is geen vrees in Domingo se gesig nie. Hy sit net daar met haat en kwaad in sy oë, alles op Trunkenpolz gefokus, sy hande is vuiste, sy naels so diep in sy palms ingeslaan dat dit bloei.

      Die vrou kyk Domingo smalend op en af. “Nee, wat.”

      En dan ry hulle, die motorfietse brullend, in ’n triomfantelike konvooi daar weg.

      * * *

      Die Komitee vergader die aand in die Orphanage se eetkamer. Pa sê: “Ek was verkeerd. Ek moes na Domingo geluister het.”

      “Ons is almal … ons is te goedgelowig,” sê biskop Rankin.

      “Ons sal dit moet regstel,” sê Ravi Pillay. “En gou ook.”

      “Maar hoe? Ons het nie die kennis nie,” sê pastoor Nkosi.

      “Ons het,” sê Pa. Hy kyk na my waar ek in die hoek sit en luister. “Gaan roep vir Domingo, Nico.”

      Ek gaan soek hom. Hy is nie in die sitkamer nie. Ek klop aan sy kamerdeur. Hy maak oop. Die wonde is dun bloedlyne teen sy oog en neus af. “Pa vra of jy eetkamer toe kan kom.”

      Hy knik, asof hy weet waarom. Ons stap saam.

      In die eetkamer vra Beryl Fortuin: “Wat moet ons doen, Domingo?”

      Hy kyk na hulle. “Vra jy vir my?” vra Domingo.

      “Dis reg. Hoe maak ons dat dit nooit weer gebeur nie?”

      “Kom sit hier by ons,” sê Pa.

      “Ek staan.”

      “Hoe maak ons?”

      “Ons moet toegang beheer,” sê Domingo. “Ons moet gewapende mense dag en nag by ’n toegangshek laat wagstaan.”

      “Ons het nie ’n hek nie,” sê pastoor Nkosi.

      “Ons het die twee busse wat ons oor die pad kan trek, halfpad teen die eerste bult op,” sê Domingo. “Só dat niemand kan deurjaag nie. En ons sit nog ’n kar tussen hulle, wat geskuif moet word. Kos ons niks.”

      “Kom sit, asseblief, Domingo,” sê Pa weer.

      “Nee, dankie.”

      “Is dit al? Is dit genoeg?” vra Beryl.

      “Nee. Ons moet ’n army train,” sê Domingo.

      “Sad,” sê die biskop. “But true.”

      “Sal ’n baie klein army moet wees,” sê Beryl. “Daar’s nie mense nie.”

      “Kan maar eers klein wees,” sê Domingo. “Klein is beter as niks. Klein sou die KTM-spul gekeer het.”

      So staan die rowers eers as “die KTM-spul” bekend, en later net as “Die KTM”.

      “Sal jy so ’n verdedigingsmag begin? En afrig?” vra Pa.

      Domingo skud sy kop.

      “Hoekom nie?”

      “Verdediging is ’n symptom of a certain attitude. Ons soek ’n aanvalsmag,” sê hy. “Vir hulle sal ek train.”

      * * *

      Ek onthou: Daardie aand loop die gemoedere hoog in die Orphanage se eetkamer. Hulle stry oor noodmaatreëls, oor prioriteite, oor beleid en die algemene filosofie van verwelkoming van onbekende nuwelinge.

      En Nero Dlamini, wat eenkant sit met ’n boek in die hand en ’n slapende kind op sy skoot, verbreek die spanning. “My goodness, that woman was beautiful,” sug hy.

      “What woman?” vra pastoor Nkosi gesteurd.

      “That Zulu princess. If I have to be robbed, I’d want it to be by her.”

      26

      Die СКАЧАТЬ